Hoekom?

9 02 2012

Ek verstaan rassisme nie.

As ‘n wit man voor my in ‘n ry indruk en ek noem hom ‘n poephol, is hy ‘n poephol.  As hy ‘n saak van laster teen my maak, gaan almal sommer sien hy is ‘n poephol.  As ‘n swart voor my indruk en ek noem hom ‘n poephol, maak dit van my ‘n rassis.  Hy sal ‘n saak van laster en rassisme lê en vir ewig die arme slagoffer wees.  Ek, die rassis, is erger as ‘n moordenaar.  As ek weer voor ‘n swart man indruk, is ek nie net ‘n poephol nie.  Ek is ‘n rassis wat swart mense nie respekteer nie. 

As ‘n wit man ongenooid by my tafel kom sit en ek vra hom om te loop, staan ek op my regte.  Hy sal of loop of ek kan iemand kry om hom te laat loop.  Kom sit ‘n swart man ongenooid by my tafel en ek vra hom om te loop is ek ‘n rassis.  Hy sal kan gaan kla en ek sal moet loop of gevra word om te loop. 

As ek nie van my wit buurvrou hou nie en haar sommer net vir die lekker skop, het ek haar aangerand.  As ek dieselfde met my swart buurvrou doen, het ek haar aangerand omdat sy swart is.  Ek is dan ‘n rassis.  Het sy my aangerand omdat sy nie van my hou nie, het sy dit gedoen weens die verlede.  Sy kan miskien nog ‘n aanrander wees, maar nooit as te nimmer ‘n rassis nie. 

As ‘n blanke ‘n genesing vir Vigs kry, kry hy dalk ‘n Nobel Prys vir Medisyne.  As ‘n swarte die genesing vir Vigs kry, kry hy ‘n Nobel prys vir Medisyne en die Nobel prys vir Vrede, aangesien hy swart is.  As die blanke uitvinder daarop gaan roem dat hy die eerste blanke is om ‘n genesing vir vigs te kry, gaan hy ‘n rassis wees en sy Nobel prys gaan sommer ook afgevat word.  Die swarte gaan wel daarop roem dat hy die eerste swarte was en hy gaan vryheid van elke stad op aarde kry. 

Hoekom lyk dit vir my of swart en regverdig nie in dieselfde sin hoort nie?





Gegunde Vryheid

9 02 2012

Ons dink nie dikwels daaraan nie, maar daar is sekere vryhede wat die grondwet ons bied.  Ek dink nou byvoorbeeld aan vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie en vryheid van geloof.  Vryhede wat elke beskaafde (wel, ten minste demokratiese) land hulle burgers en gaste bied.  Beteken nie juis veel nie, tot dit die dag nie meer daar is nis. 

Die vryhede is nie onbeperk nie.  Die grootste beperking op enige vryheid is dat jy in die uitoefening van jou regte, ‘n ander nie van hulle regte mag ontneem nie.  Vryheid van spraak beteken jy kan sê net mooi wat jy wil, maar die oomblik as jy daarmee iemand in die gesig vroetel, is daar pêre.  Dit bring ‘n mate van verantwoordelikheid saam met die vryheid.  Vryheid sonder verantwoordelikheid is maar net nog ‘n probleem wat een of ander tyd onbestuurbaar gaan word.  Tog is die basiese vryhede brood nodig en nie onderhandelbaar nie.  Die blote feit dat ons nou so sukkel met die inligtingswet is ‘n skande. 

Ek lees tans “The Children of Men” van PD James.  Daarin waarborg die regering die mense 3 vryhede:  Freedom of Fear; Freedom of Want & Freedom of Boredom.  Die laaste een lyk vir my haas onmoontlik.  Al het jy elke denkbare gerief binne reikafstand, is dit geen waarborg dat jy nie verveeld gaan wees nie.  Die blote feit dat jy alles het, maak jou dalk verveeld.  As jy niks het nie, kan jy ook verveeld wees. 

Freedom of Want is dalk ‘n bietjie makliker.  Daar is seker maniere wat jy kan waarborg dat mense alles kry wat hulle nodig het.  Wat jy nodig het en wat jy wil hê is egter nie noodwendig dieselfde ding nie.  Tog kan ‘n mens met hulpbronne amper elke moonlike materiële begeerte vervul.  Nogtans is daar goed waarvoor jy op jou kop kan staan.  Geen regering kan byvoorbeeld vir ‘n vrou wat smag na haar eie kind, een gee nie. 

Die vryheid van vrees is vir my ‘n interessante een.  Een wat ek wonder of dit nie in elk geval by die huidige verwagte vryhede ingewerk moet word nie.  Irrasionele vrese kan daar nie veel aan gedoen word nie, maar is dit regtig te veel gevra dat mense vry van vrees te wees?  Dit vra basies goeie instandhouding en polisiëring, goed wat wel in die regering se mag is om te gee.  Of sal selfs dit net ‘n druppel in die emmer wees?

Aan die anderkant is ons nou nie juis onkapabel weens vrees nie. 

Watter vryhede dink jy moet aan landsburgers gebied word?

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrol in Children of Men (die fliek) gespeel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 2010.