Spens

18 02 2012

Hallo Maatjies

Weet julle wat my gunsteling viertrek is?  ❓  Die spens!  😆

Myse ouma se spens is vol sweeties en koekies en koeldrank en tjippies en alles.  :mrgreen:  Maar my ouma is baie kwaai met die spens.  😯  Heksies mag nie daar binne in gaan nie.  😡  Myse ouma sê heksies raak varkies in die spens.  😯

Ek het my ouma gevertel dat ek nie die varktoor ken nie, toe sê sy dit is nie ‘n toor nie.  ❓  Nou is ek deurmekaar.  😯  Hoe kan ek ‘n varkie word as dit nie ‘n toor is nie?  🙄  Ekke is mos die mooiste en slimste heksie wat julle ken.  😀

Ouma dink seker ook sy is Koningin By.  Tsk!