Obsessie met fassinasie

11 02 2012

Die afgelope dekade of wat het almal een of ander afwyking of siekte.  As die persoon nie ‘n konstante migraine het nie, ly hulle aan depressie.  Anders is hulle dalk kompulsief obsessief of ander roem hulle daarop dat hulle perfeksioniste is.  Ek? Ek is seker maar obsessief met fassinasie.   Dit is die naaste beskrywing waaraan kan dink.

Sien, dit werk so.  Ek tel elke nou en dan iets op wat my kielie.  Dit kan iets wees wat ek gelees het of op televisie gesien het.  Soms is dit sommer net ‘n lukrake hyperlink wat ek gevolg het of iets wat ek op die radio gehoor het.  Dit kan so simpel wees so iets wat iemand my gevra het of dalk net in ‘n gesprek genoem is.  Ek moet dan dadelik my goeie vriendin Google daaroor raadpleeg.

 Soms sien ek sommer met die eerse blik genoeg om my nuuskierigheid te bevredig.  Gewoonlik nie.  Dit lei na meer vrae en ek kan nie rus tot ek die antwoorde gekry het nie.  Dit fassineer my en word ondersoek tot ek elke stukkie beskikbare inligting daaromtrent verslind het.  Soms is daar nie ‘n antwoord nie en ek moet my eie antwoord formuleer.  Met die gevolg dat ek dae, weke lank daaroor herkou tot ek iets kry wat myself bevredig of ten minste amuseer.  Op die punt, is die obsessie daarmee oor, maar ek het natuurlik nog al die inligting iewers veilig in my kop gebêre.

Die gevolg is dat ek sonder om te sukkel ‘n tesis daaroor sal kan skryf.  Ek sal soms daaroor blog, soms sal ek uit verskeie hoeke oor dieselfde ding blog.  Snaaks hoe inmekaar geweef seker kwessies is wat van ‘n ander hoek geen verband het nie.

Dit is hoe ek myself uit die kwaad hou en sommer almal rondom my frusteer.

Elke diertjie het ‘n plesiertjie.  Wat is jou plesiertjie?





Rivier See

11 02 2012

Hallo maatjies

Ek was by ‘n ander volks-snaakse plek!  😯  Kleinmond – ek kry dit nie in die woordeblok nie, maar ek dink dit is ‘n riviersee.  :mrgreen:  Julle het nie geweet dat riviere seë word nie, maar ek het die met my eie ore gesien.  😀  Njannies, ekke is nie ‘n heksie wat jok nie.

Die plek is naby die Kaapplek, maar jy moet ver langs die see ry.  😯  Die pad het nie eers ‘n bitch nie.  👿  Merriegriet sê dat die see nie oral ‘n bitch moet hê nie, maar sy is ook maar lekker dom.  😈  Dit is die Perse wat die bitch gesteel het.  😡

Daar is n bitch by Kleinmond, maar jy moet oor die rivier klim daarvoor.  😉

Weet julle wat?  😯  Die rivier se water is lekker warm, maar die see is vol ysblokkies.  😐 Jy raak heeltemal vol ysvleis, maar jou neuse klap nie soos in die Kaapplek nie.  😀  Ek dink die rivier is kookwater om die see warm maak.  🙂  Merriegriet wil weer gaan en dan gaan die see lekker warm wees.

Tata Maatjies