My dag

4 02 2012

Tannie Soentjies het vir my huiswerk gegee en soos julle weet is ek ‘n baie konserterige heks.  :mrgreen:

Wanneer die son in die oggende uit sy bed klim, klim ek ook uit my bed.  🙂  Myse Ouma Heldina seg altyd dit is ‘n skande as die son jou uit die bed bak en netnou dink die mense ek is net so lui soos Merriegriet.  😈  Ekke maak my bedjie netjies op, was my ogie en borsel my tandjie.  😀  Dan is ek weer my mooi self.

My ouma sê ook dat ‘n ordentlike heksie elke dag haar huisie skoon maak.  😉  Ek stof alles mooi af en pak alles netjies terug op hulle plekke.  😳  Party kere gevergeet ek waar die die regte plekke is en dan druk ek dit sommer onder my kooi.  😯  Moet asseblief nie vir Ouma Heldina vertel nie.  😦  Wanneer my huisie spek-en-eiers is, dan moet ek eers my suiker en pap en ‘n tikseltjie melk eet.

Wanneer dit die dag reën, moet ek skool toe gaan.  😆  Ekke hou van skool.  Wanneer dit nie reën nie, moet ek toorklasse toe gaan, maar ek hou nie van die Juffrou heks nie.  😡  Sy is sooo kwaai.  Dan gaan werk ek in die tuin.  🙂  Ek gaan eet dan ‘n broodjie en rooi koeldrank by Ouma Heldina.  😀  As sy dink ek was soet, kry ek koekies of swieties ook.  💡  Julle moet almal vir Ouma Heldina gevertel dat ek soet is dat ek meer swieties kan kry.  👿  My ouma wil my ook altyd bad al is ek nie eers vuil nie.

Ek gaan dan weer huis toe om my groensels en vleisies te eet.  :mrgreen:  Yum-Yum!  Dit is sodat ek mooi en slim heksie kan bly.  Ekke eet alles op, al is dit sleg.  Dan wanneer die son wil gaan slaap, gaan borsel ek my tandjies en gaan klim in die bed.  🙂

Ek moet noeg huiswerk uitdeel.  Hmmmm – tannie Tossel en tannie Skuimborrel moet ons nou gevertel.