Klein en ongetryn

1 02 2012

Ek is nou die dag daarvan beskuldig dat niemand ooit weet waarvoor ek staan en waarvoor ek val nie.  Seker maar ‘n skimp dat ek ‘n draadsitter van die eerste water is.  Ek gaan vandag dit reguit sê dat ek teen Nazikampe is.  Die enigste diktatorskap wat ek goedkeur, is die diktatorskap waar EK die diktator is. 

Lang storie, maar ek bedoel eintlik ek hou nie van die DBV nie.  Hoe meer ek van hulle hoor, hoe sekerder raak ek dat die D staan vir diktatorskap.  Ek moet toegee dat hulle dikwels goeie werk doen.  Daar is beslis ‘n plek vir hulle in die samelewing.  Ek wil persoonlik egter niks met hulle te doen hê nie.  Ek mishandel nie diere nie en gaan hulle beslis nie uit my eie uit nader nie. 

Iewers het daar ‘n seepskissie ontstaan dat almal asseblief tog eerder ‘n dier by die DBV (of iets soortgelyks) moet aanneem.  Aanneem, die DBV gee glo nie diere weg nie en hulle verkoop hulle ook nie.  Jy moet glo R500 betaal vir die dier se regmaak, inspuitings, identifisering ens.  Die dier is gratis – mits die diktators tevrede daarmee is dat jy volgens hulle vir die dier kan sorg.  Dit is blykbaar makliker om ‘n huis te koop as om ‘n dier aan te neem.  Ek verneem dat daar tot blykbaar in jou salaris gekrap word. 

Ek trek daar die streep.  Dier aanneem is vir liefdadigheid, nie sodat die diktators seker kan maak my onderklere het nie dalk gatjies nie.  Enige lus vir liefdadigheid vlieg by die deur uit met die Nazikampe.  Sou ek buitendien eendag ‘n troeteldier wil aanskaf, soek ek nie ‘n ander se mishandelde diere nie.  Ek soek verkieslik iets wat klein genoeg is om na my hand te leer of nie.  Deel van ‘n troeteldier is tog om hulle babadae te geniet. 

Dit laat dus koerante, supermark advertensies, kennisse, telers en helaas natuurlik ook troeteldierwinkels.  Alles euwels erger as die duiwel volgens die seepkissie mense.  Ek keur nie “puppy/kitten mills” goed nie, maar ek dink darem nie dat iemand wat hulle diere af en toe toelaat om kleintjies te kry, satan se bloedfamilie is nie.  Daar is niks fout met een of twee keer se kleintjies nie, maar dan behoort daar ‘n dik streep getrek te word. 

Nou terwyl ek nie van diktators hou nie, hou ek nog minder van mishandelaars.  Wat die keuses nogal beperk.  Die basies idee is seker mos maar om te loer wat daar is en wanneer jou sokkies op en af rol, te gaan kyk wat beskikbaar is.  Jy kan dan aan die toestand van die teef / wyfie en die omgewing sien of die mense mooi na hulle diere kyk.  Hulle kyk jou dan sommer ook uit.  Jy maak jou keuse, betaal en staan dan ma vir die dier. 

Tog is daar niks wat sokkies anker soos pryse nie.  Nie dat ‘n mens omgee om ‘n goeie prys vir ‘n goeie dier te betaal nie.  Dit gee die verkoper boonop die versekering dat die dier se nuwe eienaar ernstig oor die aankope is.  Nou die dag doen ek so liggies navorsing oor telers.  Net so om ‘n gevoelente te kry.  Natuurlik gee niemand jou ‘n prys nie, dit sal mos banaal wees.  Na ‘n rukkie bel ek toe sommer een net om ‘n idee te kry.  R8000!!!  Anders gestel, ‘n salaris waarop mens al moet belasting betaal. 

Dit bring ‘n mens terug na supermarkte, koerante en kennisse.  Terwyl jy liggies wonder waar jy dalk ietsie kan afknyp – hipoteties gesproke.  Dit is darem ‘n brak met meer papiere as jy. . .

Hoe behoort mense deesdae te werk gaan as jy ‘n opregte ras soek (gun elkeen sy snobisme)?  Hoe maak jy seker jy krap nie ‘n intelery oop nie?  Hoe maak jy seker dat die dier nie net ‘n kommoditeit is nie?  Natuurlik sonder om jou hele salaris in die dier te druk.  Jy moet immers nog begroot vir klasse, kos, veeartse, speelgoed ens.

Breinvasbrand:  Wat was Lady se man se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat Branson en vriende nuwelinge (maagde) in die besigheid was.


Aksies

Information

15 responses

1 02 2012
Olga

EERSTE!!!
TRamp?
Mense sal jou uitbuit net waar hulle kan. Die dbv kan volgens People van lokasie tot lokasie gaan om diere gratis te spuit en behandel teen brandsiek en al wat n pes is. Weet iemand van n wit kind of mens wie se diere gratis by hul eie huis deur die dbv behandel was?

1 02 2012
Xena Phoenix

Ek wonder of hulld dan kyk of die arme diere dan ook kos het?

1 02 2012
Sonlig

Ek dink ook dis nogal verwaand van die DBV om te kom kyk watter tandepasta gebruik jy as jy ‘n dier wil aanneem. Die blote feit dat jy ‘n mishandelde/ weggegooide dier ‘n huis wil bied en boonop nog bereid is om daarvoor te betaal, sê al op sigself baie.

Ek stry nie dat daar ondersoek ingestel moet word as dieselfde persoon elke kort-kort daar is nie, maar “like hell” gaan ek hulle toelaat om in my huis of bankrekening rond te krap.

1 02 2012
Xena Phoenix

Presies. Die DBV dink ek het partykeer te min goed om hulle besig te hou. Hulle laat die SS soms na kleuterskoolkinders lyk.

1 02 2012
Wheelbarrow Jack

Warrie eerder oor die aantal diere wat hulle elke dag gratis gaan behandel. Dis nou behoorlik asof die r500 hulle dip en ander werk in die gemeenskappe moet betaal.

1 02 2012
Xena Phoenix

Hulle was hulle hande in onskuld en reken dat sterilisering in die privaat sektor ver oor die R1000 kos. Jy het buitendien nie eers ‘n keuse of jy die dier gesteriliseer wil hê nie.

1 02 2012
Gerda. J

die dbv vrae baie vrae tog gaan hulle nie uit na die huise van die aansoekers nie. so hkm wil hulle nek skiet? laat hulle dan maar bly sit met al die diere om te voer en behandel. ek verkies ook n jong dier wat ek die ouers van gesien het en wat ek na my hand kan leer. hulle gaan nie se die hond is n blaffer of n kinder byter nie.

1 02 2012
Xena Phoenix

Gerda, ek praat onder korreksie, maar ek dink amper hulle gaan wel na huise. Wil jou seker nog vertel watter kleur om jou mure te verf ook.

1 02 2012
Gerda. J

hulle het nie naby my buurvrou gekom nie. sabie se gattepaaie was dan seker een te veel vir hulle.

1 02 2012
Olga

vreksels, kan n mens nie n dier laat rnspuit en steriliseer by die dbv vir r500 nie?

Hoe gaan dit met die kleinste merrie?

1 02 2012
Xena Phoenix

Olga

Sy is gister ontslaan. Ek reken dus dit gaan goed met haar. Sy is natuurlik baie cute.

1 02 2012
Gerda. J

het jy haar alreeds gaan pla?

1 02 2012
Olga

sonder om fotos op te sit?

2 02 2012
demoerin

Annerdag bel vrou in radio toe. Sy was by DBV en het hondjies gesien wat sy wou aanneem. Nee, sy kannie daai twee aanneem nie, hulle gaan uitgesit word omdat hulle te klein is vir sterilisering voor die aanneming. Sy bied toe aan om te betaal vir hulle kos en verblyf tot hulle oud genoeg is. Nee, dis onaanvaarbaar – reëls is reëls. Die hondjies is toe uitgesit.

2 02 2012
Xena Phoenix

Wee jy!!

Dit is genoeg dat ek nie eers ‘n 5 c in ‘n DBV se blik sal gooi nie.

Lewer kommentaar op Xena Phoenix Kanselleer antwoord