Homofobie op Skole?

30 01 2012

Skole is blykbaar ‘n plek waar almal een of ander klap deur die lewe toegedien moet word.  As dit nie groepsdruk is nie, is dit boelies.  Daar is probleme by die huis en onderwysers wat hulle buie op die kinders uithaal.  Die vakke is vervelig of anders is alles te moeilik.  Niemand verstaan die arme bloedjie nie en sy/haar selfvertroue is na die maan.  Les bes is daar nou ook homofobie om seker te maak kinders het al hulle dae van hel by die skool.

In die eerste plek dink ek skole sal al reeds beter af wees as mense wat hulleself soos volwassenes gedra as onderwysers aangestel word.  Ek is ten gunste van reuse salaris vir onderwysers, maar net as hulle aan sekere keuringskriteria kan voldoen.  As jy dan soos ‘n kind wil optree, moet jy maar werk vir sakgeld.  Daar is onderwysers wat boelies in hulle kwaad strek en ammunisie.  Natuurlik lag hulle net so hard vir die arme slagoffer wat grond moet eet.  Nie dat ek vandag op my seepkissie wil skaats oor onderwysers nie. 

Hierdie homofobie op skole het my aan die herkou.  Al pas ek jare lank nie meer in my skoolklere nie, maar ek kan darem nog die meeste van die reëls onthou.  Een van die wat streng afgedwing was, was dat geen liefkosery op die skoolterrein of in skoolklere mag gebeur nie.  As ek nou reg kan onthou, moes daar ten alle tye tenminste 30 cm tussen jou en jou geliefde wees.  Dit kon nogal heel tegnies raak, maar die boodskap was duidelik.  Mangelhokkie hoort nie voor ‘n gehoor nie.  Enige iets meer as dit, hoort in elk geval nie by ‘n skoolkind nie.  Volgens die landswette, is selfs mangelhokkie voor die ouderdom van 16 taboe.

Nie ‘n onredelike reël nie, veral omdat ‘n mens dit in elk geval van ‘n fatsoenlike mens verwag.  So ‘n openbare gesuigery, gelekkery, gevryery en bebytery kan enige mens ‘n onskuldige kat laat skiet.  Ongeag van die geslag, kleur of ouderdom van die deelnemers.  Sou die reëls nagekom word, sou daar nie juis plek vir homofobie wees nie.  Almal sou in hulle optrede by die skool aseksueel wees.

Dit is so effens oorvereenvoudig.  Dinge van buite die skool, het tog ook ‘n invloed.  Die waarheid maak ook maar weinig saak wanneer iemand gebrandmerk word.  Dit is waar geen verdraagsaamheid teenoor boelies moet geld.  Ongeag die slagoffer wit of swart, vet of maer, lelik of mooi, gay of straight, Moslem of Christen is.  Boelies sal altyd ‘n rede kry om te floreer. 

Fobie kom van die Grieks vir vrees af.  Gewoonlik is dit die persoon wat met die vrees sit, wat bejammer word.  Dit is amper ‘n gestremdheid wat die persoon verhoed om volwaardig te lewe.  Iewers het die fokus geskuif.  Fobie het ‘n verskoning geword om die lyers se probleem iemand anders s’n te maak.  Dink aan Xenofobie (die vreemdelinge het nie ‘n probleem met die vreemdes in die vreemde land nie) en natuurlik homofobie.  Bo alles is dit die vrees van erkenning – sou die lyer die erken, weet hy/sy immers waar die probleem lê.  Waar dit nie weg geboelie kan word nie?

Wat dink julle oor homophobia, veral op skoolvlak?  Wat  van openbare liefkosing?

Breinvasbrand:  Wat is Caligynephobia?

Breinlosbrand:  Olga was reg met sy beatiful wife.

 


Aksies

Information

5 responses

30 01 2012
Olga

vrees vir mooi vroue.

30 01 2012
Gerda. J

onderwysers wat n geboeliery toelaat, goedpraat of aanmoedig en daaroor lag moet gefire word. n vrees vir mooi dames.

30 01 2012
Olga

as hulle n geboelie wil toelaat, dan kan hul maar homoseksualiteit, diefstal en dwelms ook toelaat. Een verkeerd is nie beter as n ander nie. Dan weer, tieners behoort geen seksualiteit toegelaat te word nie. Tog is die staat die grootste aanmoedigers van seksualiteit tussen en onder tieners. Kyk hoe betaal hul die kinders om kinders te maak. Dis lagwekkend.

30 01 2012
Wheelbarrow Jack

Hoe kan skool kinders al weet dat hulle gay is? magtag n mens moet dit tog uitleef om te kan sekerheid kry. Wdt nou weer n keer bewys ouers gee nie n duit 6 wat hulle kindeq doen nie. Solank die kinders nie pla nie.

31 01 2012
Wheelbarrow Jack

Gedink ek gaan eerste skree, maal dit lyk of ek maar weer sal moet kom “Laaste” skree.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: