Spens

18 02 2012

Hallo Maatjies

Weet julle wat my gunsteling viertrek is?  ❓  Die spens!  😆

Myse ouma se spens is vol sweeties en koekies en koeldrank en tjippies en alles.  :mrgreen:  Maar my ouma is baie kwaai met die spens.  😯  Heksies mag nie daar binne in gaan nie.  😡  Myse ouma sê heksies raak varkies in die spens.  😯

Ek het my ouma gevertel dat ek nie die varktoor ken nie, toe sê sy dit is nie ‘n toor nie.  ❓  Nou is ek deurmekaar.  😯  Hoe kan ek ‘n varkie word as dit nie ‘n toor is nie?  🙄  Ekke is mos die mooiste en slimste heksie wat julle ken.  😀

Ouma dink seker ook sy is Koningin By.  Tsk!


Aksies

Information

5 responses

18 02 2012
Toortsie

Eeeeerrrste! Heksie, moet toggie n varkie word nie, hoor! Varkies kan nie op besempies vlieg nie!

18 02 2012
Gerda. J

laviga jy moet jou ouma vra om jou koningin by te toor. dan sit jy mos vir merriegriet ore aan.

18 02 2012
Olga

laaste! Jou ouma bedoel nie jy gaan n 4poot varkie word nie. Sy bedoel jy gaan so gulsig soos n varkie word en alles wil opeet.

3 03 2012
Mariette

Dag
Kan enige iemand help, wat skryf mens in n opstel die onderwerp is “SPENS”
inleiding, inhoud en slot, enige idees.
Help met iets uit julle spens’e, myne is leeg, geen idees Hoe se die jong klomp “brain freeze”

3 03 2012
Xena Phoenix

Jy kan dalk ‘n paar idees kry as jy pantry google.

Die opstel hang af van die ouderdom van die kind. Spense is ‘n area waar kruideniersware, kos en veral lekkernye gebêre word. Gewoonlik was dit vir die kinders van die huis toesesluit (of daar was streng reëls dat niemand daar kan inkom nie), juis omdat hulle altyd die spens gaan beroof het.

Die opstel kan dus beskrywend wees – van wat alles in die spens is en hoe die verteller dit ervaar. Anders kan dit ‘n vertelling wees van hoe iets uit die spens gegaps word.

DIe inleiding vertel waaroor die opstel gaan, dan volg al die besonderhede en dit word afgesluit met wat gesê is. Die inleiding moet die aandag gryp en die einde sluit die opstel af en bind alles saam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: