Soms is daar ‘n tyd om net bly te wees

25 11 2011

Jakaranda het op die oomblik ‘n kompetisie waar kinders aan Kersvader kan skryf en die radiostasie dan namens die ou oom onderneem om aan van die wilde versoeke te voldoen.  As ek eerlik wil wees, irriteer die kompetisie my nogal.  Veral omdat dit “Dear Santa” genoem word.  Is dit nou regtig nodig om die verbrande Amerikaners ook hier in te sleep?  Ek is redelik seker dat niks van die geskenke deur Amerika geborg word nie.  Dit daar gelaat, ek hou nie van die uitsig agter die deur nie.

Die kinders se briefies word op die website geplaas en mense kan dan natuurlik kommentaar daaroor lewer.  Natuurlik wil die mens orals waar dinge verniet uitgedeel word, meer as hulle regmatige deel gaan opeis.  Ook maar mens, ook maar vraatsig.  Toegegee, mens kan seker maar met Kersvader vraatsig wees.  Ek bedoel eintlik kinders, want Kersvader bestaan mos nou nie regtig vir grootmense nie.  Wat ‘n pyn in my alie is, is die manipulasie wat party gebruik om hulle (veronderstelde kinders se) wense te bewaarheid.

Eers word die eis versoek gestel en dan word die versoek regverdig om te vertel hoe arm hulle is of hoe sleg dit gaan.  Ek weet ‘n iPad of ‘n Blackberry sit nie in almal se sakke nie, maar dit is ‘n kompetisie.  Nie ‘n liefdadigheidsprojek nie.  Die stasie doen onder andere 2 keer ‘n week die hele jaar lank liefdadigheid.  In die feesseisoen, is dit elke dag se storie.  Buitendien samel hulle in Desember 2 keer speelgoed by die massas aan.  Goed en wel; dit is nou nie ‘n iPad of Blackberry nie, maar dit is ‘n aansienlike poging dat elke kind se Kerskous iets binne sal hê.  Is dit dan onredelik dat hulle EEN kompetisie het waaruit normale of selfs ryk kinders ook voordeel kan trek?

Dit is nou nie dat daar teen die minder bevoorregte kinders gediskrimineer word nie.  Hulle kan hulle briefies skryf soos al die ander kinders en self hulle saak aan Kersvader regverdig.  Nie ma of pa wat die stelsel probeer manipuleer nie.  Dit is egter nie my ergste kramp nie.

Daar is die paar wat onbeskaamd probeer om almal se vreugde te steel.  Hulle is in trane en nou moet die hele wêreld skaam voel omdat hulle nie is nie.  In die verlede was dit mos “Huil en jy huil alleen.  Lag en die wêreld lag saam met jou.”  Deesdae is lag amper ‘n onvergeeflike sonde.

Daar is die paar wat almal se aandag op hulle wil vestig met hulle treurige stories.  Soos ek wil net vir Kersvader vra om my kinders se pa net vir eendag terug te bring.  Regtig, alle simpatie aan jou, maar moet jy dit opsluit daar verkondig?  Kry ‘n blog of stig ‘n FB page as jy opsluit ‘n gehoor nodig het.

Kersvader is die besit van kinders.  Gee hulle die ruimte om hulle wense in vrede te verkondig.  Ja, die wense is dalk selfsugtig en daar is erger probleme as Kersgeskenke, maar iewers kan kinders seker onbeskaamd hulle self wees.

As jy vir Kersvader kon skryf, waarvoor sou jy vra?  So selfsugtig of onselfsugtig as jy graag wil wees?

Breinvasbrand:  Wat word die 4 weke voor Kersfees genoem?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Amerika.

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

25 11 2011
Krista

Wat sou jy voor vra?

Ek sou nie vra vir World Peace nie, die grootmense sal dit opneuk. Kos vir almal wat honger is, sou nice wees. Kinders & diere sonder pyn of siekte ook.

25 11 2011
Xena Phoenix

World peace is net moontlik as ‘n mens ‘n ander ook plek in die son gun.

25 11 2011
Olga

eerste!
Advent.

25 11 2011
Olga

soweeee!
Tweeste.

25 11 2011
Olga

ek sou vr, maak asb sweetie se hart sterk dat sy die swerende stinkende drekselse, vuilgoed van n remskoen uit haar lewe, hart en gedagtes kan sit.
Maar weereens, grieters, die engelse titel vertel my dat hulle hul oog het op swart kinders. Dis hoekom ek nie eers na hul luister nie. As rsg se kwart liedjies my afpis, dan speel ek n cd.

25 11 2011
Xena Phoenix

Olga

Daar was sover net een swart begunstige gewees – wat boonop vir kos vir hulle bure gevra het.

Ek moet erken ek het nie van Keino gehou nie. Toe hou ek nog minder van Darren en ek het gedink Jakaranda kan nie nog laer daal nie. Groot fout! Van volgende jaar af is Rian aan die stuur van sake soggens. Ek dink ek luister ook van nou af CD’s

25 11 2011
Olga

Ek hoor Riaan is een van die ghifste omroepers nog. Wil my lyk kakaranda doen regtig deesdae hulle werwing op “losersinc.com” Ek hoor hy hou veral daarvan om die Afrikaans sprekende Afrikaner soos agtertang as moontlik voor te hou. So hulle sal goed doen.

25 11 2011
J W W

Krismas gaan NET oor presente….. en so word die kinners gebrainwash deur al die “hype” so dan kan mens maar rerig ophou om dit te vier… ek verpes die tyd van die jaar, ek wens dit was al Januarie !

25 11 2011
Xena Phoenix

Ek is en bly mal oor Kersfees – ongeag hoeveel ek daaroor kerm.

25 11 2011
Nadia

Die skrywe het my twitter oggend gemaak! Like dit as iemand hulle sê sê. Gierigheid is die wortel van alle kwaad, nie geld nie!

25 11 2011
Xena Phoenix

😉

25 11 2011
Klip

Sannie kuier Sondag by die enkellopende Jannie op die spogplaas wat hy geërf het. Na ete gaan stap hulle ‘n draai en Jannie probeer haar beïndruk.

“Sien jy daai skuur vol John Deere trekkers? Dis mý trekkers.”

“Sien jy daai geil mielielande? Dis mý mielielande.”

“Sien jy daai koeie? Dis mý koeie.”

“Sien jy daai bul? Dis mý bul.”

Net toe bestyg die bul een van die koeie. Jannie glip sy arm om Sannie en sê, “Ek sal darem daarvan hou om nou te kan doen wat daai bul doen.”

“Hoekom nie?” antwoord Sannie, “dit ís jou koeie.”

25 11 2011
Klip

Koos is ‘n toergids. Hulle doen aan by ‘n vallei wat bekend is vir sy echos.

Ter demonstrasie skree Koos, “EK WEET WAAR…”

Kom die echo terug, “EK WEET WAAR…”

“JY ‘N BOTTEL BRANDEWYN…”

“JY ‘N BOTTEL BRANDEWYN…”

“VIR R10 KAN KOOP…”

“WAAR?…”

25 11 2011
Xena Phoenix

😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: