Pop Heksie

14 10 2011

Hallo Maatjies :mrgreen:

Julle het altyd geweet dat ek baie mooi kan sing – net so mooi soos wat ek is.  😀  Ek is ‘n baie tarentale heksie, alles waarop ek my kop neersit kry ek reg.  :mrgreen:

Dit help nie as ek mooi kan sing, maar niemand wil vir my speel nie.  😡  Merriegriet is mos te senterig om vir my karrekousie masjien te koop.  👿  Daarom moet ek nou maar kitaar speel.  :mrgreen:

Die mense wat langs ons woon is verskriklik bly.  🙂  Hulle skree wanneer ek baie lekker speel en gooi my met goed.  😯  Sommer met hulle beursies en alles.

Tata maatjies, ek moet eers nou weer koevert gaan hou.  😆

Ek gaan





Lunch Week 39 / 11

14 10 2011

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie. Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil. Identifiseer dit met die sanger.)

Vroeg uit die vere en in die motor – net betyds om te sien hoe die dag gebreek het.  Dit was dalk ‘n nat dag in September, maar dit keer ons nie op pret, pret, Pret te hê tot Kersfees toe nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie. Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil. Identifiseer dit met die sanger.)

I need to go now.  Please send regards to Mannetjies Roux, I hope to visit him soon.  He is like blood relations to any true supporter.  There goes the whistle for the train to Margate.  No, not everything is about rugby.  Good bye.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Get down on the sand
    Don’t you waste no time
    ‘Cause we gotta get that gold inside
    Before it turns after nine
  2. all this time I’ve been lonely
    I know what you’ve been going through
    I’ll wait until our chances occur
    ‘Cos you can’t keep relying on her
  3. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
    En vêr oor die see wegstuur;
    Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
    Daar onder langs die Grootrivier.
  4. Suddenly I look and I see the time
    And I know I must go right away
    But my darling when we kiss goodbye
    How it hurts when you walk away
  5. Jy weet dat ek nie sonder jou kan bestaan nie
    Jy weet dat jy ook nie alleen kan bestaan nie
    Dit weet jy goed




Jou Daaglikse Muur

14 10 2011

Dit is seker ‘n redelike aanname dat ‘n persoonlike rekenaar jou as persoon moet weergee?  Wat kan gesê word is dit die prentjie is wat jou groet van so ‘n rekenaar?

Dit sou baie onregverdig wees om sommer dadelik aan te neem dat die persoon vervelig is.  Daar is mense wat regtig nie weet hoe om dit te verander nie.  Windows kom gewoonlik met ‘n redelike aantal agtergronde, wat dalk ‘n bietjie minder bekend is.  Dit skree egter nog steeds Windows en is dus nog nie persoonlik nie.

Dit is altyd vir my interessant wat mense vir hulle agtergrond kies.  As ek nou ‘n sielkundige was, het ek seker ‘n verklaring vir elkeen se keuse gehad. Vrouens veral is geneig om die agtergrond ‘n foto van hulle kinders of dan ten minste die baba van die huis te maak.  As daar nie ‘n kind is nie, pryk die ou van die oomblik, haar man of selfs ‘n groepfoto van haar vriendinne op die agtergrond.  Troeteldiereienaars sit ook graag hulle dierlike vriende op.

Mans is geneig om eerder ‘n ding op te sit.  Iets soos ‘n gevegsvliegtuig of ‘n kar wat hulle net op ‘n prentjie sal sien.  Hoe ouer die man is, hoe groter is die kans dat waarmee die rekenaar ookal uit gekom het, daar gaan pryk.  Hy sal nie eers daaraan dink om iemand te vra om dit te verander nie of selfs weet dat dit kan verander nie.

Daar is natuurlik ook die landskapfoto’s.  Self geneen of gesteel van Google.  Dit is interessant, maar nie te intiem nie.  Veral as jou rekenaar soms vir voorstellings gebruik word.  Ek ken iemand wat ‘n foto van haar sitkamer op gesit het.  Na ‘n paar laat nagte, het sy besluit dit is die enigste manier waarop sy haar huis gaan sien.

Dieselfde geld vir selfone.  Die voorgestelde beelde vir jou agtergrond word dan dikwels met “branding” bederf.  Dit is mos nie asof die foon in elk geval Vodacom / MTN / WATOOKAL skree as jy daarna kyk nie.

Wat gebruik jy om jou agtergrond van jou rekenaar of selfoon te verfraai?  Wat was die interessantse wat jy al gesien het?  Dink jy dit verklap iets van iemand?

Breinvasbrand:  Watter uitvinder wat by Apple werksaam was, is onlangs oorlede?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat sy nie getroud was nie.