Lunch Week 38 / 11

6 10 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Gemmer;  Mario;  Maya; Sarel; Josef;  By;  Seemonster;  St Bernard; Jakkals; Straatkat.

Gemeenskaplike faktor?





Ontwaak

6 10 2011

Slaap en sluimer is opsigself lekker.  Die ontwaking is ook nie noodwendig sleg nie.  Veral as jy die luimering se vingers een vir een kan ontknoop om die dag “Bright eye and bushy tail” in te gaan.  ‘n Ongeskikte wekker wat op jou skree kan ook nog gaan.  Selfs al is dit 6 uur op ‘n Maandagoggend.

Dan is daar die metodes wat wakker skrik ongemaklik letterlik maak.  Niemand is op hulle varste net nadat hulle wakker geword het nie.  Dus is die skrik des te groter.  En dit is ‘n skrik waarvoor koffie nie help nie.  Ek dink my hare sal vir ‘n maand pen orent staan as ek in die middel van die nag deur die huisalarm gewek word.  Ek het die gebeurtenis al ‘n keer of wat vroegoggend beleef as iemand die deur oopmaak sonder om die nodige te doen.  Dit grens aan martel om eers vir die oproep te wag voordat jy verder kan slaap.  As jy weer aan die slaap raak.

Vals alarm is seker 20 000 keer beter as die ware Jakob.  Waar iemand probeer om wederregtelik by jou kaia in te kom of selfs al klaar binne is.  Dit is dan redelik seker dat jy probleme het, al weet jy nog nie presies wat die omvang is nie.  Tyd sal wel leer.

Ek het een oggend wakker geword met ‘n kar wat opgewen word asof die eienaar aan ‘n grand prix gaan deelneem.  Ek het tot in my kleintoontjie lekker gekry toe die kar deur iets bars.  Tot ek natuurlik besef het die sot is nou in my erf, juis daar waar my kar staan.  Skielik het ek nie meer so lekker gekry nie.  Ek kan my net indink hoe dit moet voel as jy wakker word soos ‘n vragmotor deur jou kamer ploeg.  Daar kan jy nog iemand aanrand, maar wat as dit ‘n tornado, vloed of selfs ‘n modderstorting is.  Slaap is nie vir sissies nie.

Daar is seker ook die gewone drama in die kleine in jou eie huis.  Dinge wat wil skeef loop, wag gewoonlik nie vir ‘n tyd wat dit vir jou geleë is nie.  Ek het nou die dag wakker geword met die gedagte dat die geyser gegroet het.  Sonder veel hoop het ek gaan seker maak dat dit nie die toilet is wat vreemde geluide maak nie.  Natuurlik nie.  Toe ek uitstorm om te gaan kyk wat die skade is, kom ek agter dat een van my gaste gaan bad het.  Ek weet, nie my slimste oomblik nie.

Wat is die wreedste wakker word wat jy oorleef het?  Hoe sal jy elke oggend wakker word as jy kon?

Breinvasbrand:  Wie het vir 20 jaar lank geslaap?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1949