Tyddeel

30 10 2011

Ek hoor deesdae meer en meer mense planne maak vir die vakansie.  Dit is een verseker manier om ‘n grootmens te kry om slapies te tel.  Almal wil graag meer gereeld wegbreek, verkieslik na plekke waar niemand jou naam ken nie, maar helaas is dit nie in almal se bereik nie.  Wel, tensy jy natuurlik die regte tyddeel aan geskaf het.

Dit aldus die mannetjie wat nou die dag tyddeel aan my probeer afsmeer het.  Die sommetjies het goed gelyk en die voordele ongelooflik.   Jy word eers vertel watse belegging dit is, maar anders as ‘n strandhuis het jy nie onderhoudswerk nie.  Jy het ook die vryheid van ‘n keuse, sonder om keer op keer na dieselfde plek te gaan.  Boonop – as jy slim werk – kan jy selfs oorsee gaan.  Die sommetjies lyk ook belowend.  Oor ‘n tydperk van 10 jaar, kan jy meer as ‘n R150 000 aan vakansies spandeer en niks daarvoor wys as miskien foto’s nie.

Maar as jy hom R50 000 gee, kan jy vir die volgende 15 jaar verniet gaan vakansie hou.  Daarmee spaar jy ‘n streepsak vol geld.  Dit is boonop ‘n belegging waarvan jy nie die waarde sal verloor nie.  Met al hulle vennote, sal jy ope arms oral in die wêreld verwelkom word.  Behalwe nou in Irak en Kuba, want wie wil nou eintlik daaruit kom.  Hy weet boonop dat min mense R50 000 het wat los rondlê, maar dit kan teen ‘n billike rentekoers befonds word.  Jy sal maar net ‘n paar honderd rand oor 5 jaar af betaal.

Glad nie sleg nie – alles in die naam van ‘n gratis vakansie nie.  Klink belowend en redelik – tot die verskuilde kostes verklaar word.  Soos ‘n jaarlikse heffing van meer as R5000 wat vir onderhoudskostes gebruik word.  (Verskoon my, maar ek dog dan jy vertel my dat een van die voordele is dat jy nie onderhoud het nie).  Die heffing is boonop gekoppel aan inflasie.

Dit is natuurlik nou een manier om dadelik my belangstelling te verloor.  Vertel my van ‘n ekstra heffing en ek wys hakskene.  Ongeag dit vir “gratis” vakansies is of gim kontrakte.  Ek het eers agterna aan die wiskunde gedink.

Een van die gastehuise wat ek gereeld gebruik vra my R550 ‘n aand vir bed en ontbyt.  Ek kan nege dae daar gaan uitkamp vir die prys van die heffing alleen.  Sonder die ekstra R50 000 wat ek afbetaal.  Boonop kry ‘n mens geen etes met die klub saam nie.  Na 15 jaar verval jou aandeel – wat dit nie juis ‘n belegging maak waarvoor jy meer as net foto’s kan wys nie.  En om alles te kroon, word ek dadelik vir ‘n antwoord gedruk.  Dit wys net, hulle kan nie bekostig dat jy daaroor dink nie.

Dan is die ou nog geskok dat ek glad nie belangstel nie.

Werk tyddeel vir enige iemand?  Ek dink vir ‘n enkeling is dit ‘n mors van geld, maar wat as dit vir ‘n gesin is?  Wat is die goedkoopste manier om vakansie te hou?

Breinvasbrand:  In watter oseaan sal jy die Bahamas kry?

Breinlosbrand:  Koos van der Merwe en dit is geen grap nie





Oplossing Week 41 / 11

30 10 2011

Algemene Kennis

  1. Frank Sinatra (Olga / Bileam / Staaltjies)
  2. aluminium (Olga / Bileam)
  3. Europa en Asië (Olga / Bileam)
  4. Krypton (Olga / Bileam)
  5. Jy het twee appels (Bileam / Staaltjies vir die in die hand)

Uilspieël

  1. Beker – Versorg nie hare nie (Olga)
  2. Hoender – het net gewebde voete nie (Olga)
  3. Werktuigkundige – is nie ‘n predikant nie (Olga)
  4. Snoek – is nie ‘n skaal dier nie (Olga)
  5. Marmite – is nie margerien nie (Olga)

Toorwoorde

  1. Arts vir inwendige siektes (Olga)
  2. telefoon (Olga)
  3. Verveeldheid laat mense droogmaak (Olga)
  4. paparazzi (Olga)
  5. Hittegolf

Couples Theraphy

  • 20 jaar – breekware (Olga)
  • 30 jaar – pêrel. (Olga)
  • 40 jaar – robyn. (Olga)
  • 50 jaar – goud. (Olga)
  • 60 jaar – diamant. (Olga)

Die tradisionele huweliksherdenking geskenke (Olga)

Liedjiepret

  1. American Woman – Lenny Kravitz
  2. Black Velvet – Allanah Myles (Olga)
  3. Dirty Dancer – Enrique (Olga)

Liriekeraai

  1. Collide – Leona Lewis (Olga)
  2. Just a kiss – Lady Antebellum (Olga)
  3. Heat is on – Isley Brothers (Olga)
  4. Dancing in the city – Marshall Hain (Olga)
  5. Big bad John – Johnny Cash (Olga)

Sing Saam

  1. Ceylon (Olga)
  2. Skip (Olga)
  3. twaafduisend (Olga)
  4. land (Olga)
  5. Verdrink (Olga)