Jou Daaglikse Muur

14 10 2011

Dit is seker ‘n redelike aanname dat ‘n persoonlike rekenaar jou as persoon moet weergee?  Wat kan gesê word is dit die prentjie is wat jou groet van so ‘n rekenaar?

Dit sou baie onregverdig wees om sommer dadelik aan te neem dat die persoon vervelig is.  Daar is mense wat regtig nie weet hoe om dit te verander nie.  Windows kom gewoonlik met ‘n redelike aantal agtergronde, wat dalk ‘n bietjie minder bekend is.  Dit skree egter nog steeds Windows en is dus nog nie persoonlik nie.

Dit is altyd vir my interessant wat mense vir hulle agtergrond kies.  As ek nou ‘n sielkundige was, het ek seker ‘n verklaring vir elkeen se keuse gehad. Vrouens veral is geneig om die agtergrond ‘n foto van hulle kinders of dan ten minste die baba van die huis te maak.  As daar nie ‘n kind is nie, pryk die ou van die oomblik, haar man of selfs ‘n groepfoto van haar vriendinne op die agtergrond.  Troeteldiereienaars sit ook graag hulle dierlike vriende op.

Mans is geneig om eerder ‘n ding op te sit.  Iets soos ‘n gevegsvliegtuig of ‘n kar wat hulle net op ‘n prentjie sal sien.  Hoe ouer die man is, hoe groter is die kans dat waarmee die rekenaar ookal uit gekom het, daar gaan pryk.  Hy sal nie eers daaraan dink om iemand te vra om dit te verander nie of selfs weet dat dit kan verander nie.

Daar is natuurlik ook die landskapfoto’s.  Self geneen of gesteel van Google.  Dit is interessant, maar nie te intiem nie.  Veral as jou rekenaar soms vir voorstellings gebruik word.  Ek ken iemand wat ‘n foto van haar sitkamer op gesit het.  Na ‘n paar laat nagte, het sy besluit dit is die enigste manier waarop sy haar huis gaan sien.

Dieselfde geld vir selfone.  Die voorgestelde beelde vir jou agtergrond word dan dikwels met “branding” bederf.  Dit is mos nie asof die foon in elk geval Vodacom / MTN / WATOOKAL skree as jy daarna kyk nie.

Wat gebruik jy om jou agtergrond van jou rekenaar of selfoon te verfraai?  Wat was die interessantse wat jy al gesien het?  Dink jy dit verklap iets van iemand?

Breinvasbrand:  Watter uitvinder wat by Apple werksaam was, is onlangs oorlede?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat sy nie getroud was nie.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

14 10 2011
demoerin

Steve Jobs…haai shame, by Apple werksaam was? Hy was MR APPLE.
Ek het my gunsteing foto wat ek al ooit geneem het op my screen.

14 10 2011
demoerin

O, op my foon het ek ‘n kiekie van die see wat ek daar geneem het….ek verlang na soutwater op my vel.

14 10 2011
MaanKind

Ha-ha!!! My rekenaar, my man wat ons kleinkind aan haar handjie hou, op die strand. Op my selfoon, my voete in die seesand.

14 10 2011
Olga

op my pc, die presiese vervelige ene wat jy hierbo as voorbeeld aangee. Op my foon? Die volle olga. Met waaiende arm en al.

14 10 2011
Olga

hoe lieg ek nou op die openbare blog. Dis op my ou foon. Op die huidige foon, gaaaaaap, vc background.

14 10 2011
Gerda. J

ek het n foto van myself op my rekenaar vir agtergrond en op my foon n sony special.

14 10 2011
J W W

Ek het gewoonlik ‘n mooi landskap foto op my PC, en my foon so seksie oulike dame met min klere ! 👿

15 10 2011
Nikita

Ek het ‘n pragtige sonsondergang-foto wat ‘n vriendin in Botswana geneem het – ‘n tipiese Afrika sonsondergang. Pragtig en uitsonderlik mooi.

16 10 2011
Xena Phoenix

Ek sal dit graag wil sien.

Ek het ‘n foto van die rotstoring buite Graskop op my PC. My een selfoon het blomme en die ander een het rondawelwinkels. Ek is dan seker een vir landskappe of tonele.

16 10 2011
Nikita

As jy na my Gedigte/Poems bladsy gaan, gaan af ondertoe, Opperman se ‘Draaikewers’ is op een image met ‘n sonsondergang en my ‘reply’ [Draaikewers2] op ‘n ander. Dis so 1/2 van die foto!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: