Piesangbolle

21 10 2011

Hallo Maatjies

Tannie Ougat het my gevertel hoe om piesangs bolle te maak.  😀  Sommer so wors-wors.

Eerste moet jy die piesangs sag kou, maar moenie dit insluk nie! 😈  Spoeg alles uit.  🙄  Ek is ‘n higiënies heksie en het eerste my tande gewas.  :mrgreen:  Sien julle, ek is ‘n slim heksie, ek weet groot woorde soos higiënies.  😉  Jy gooi dan alles bymekaar en krap dit deur mekaar.  🙂  Ekke het sommer my besem gebruik, ek is ‘n haastige heksie en ek moet gaan tjommel-tjommel het.

Wanneer alles klaar is, gooi jy dit in ‘n pot om te braai!  Maklik!  :mrgreen:





Lunch Week 40 / 11

21 10 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie. Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil. Identifiseer dit met die sanger.)

Ek kry net nie genoeg van blomme nie, al die kleure veral die wat so ongewoon soos pers reën is.  ‘n Skaars blom, een wat ‘n mens dalk in ‘n leeftyd kan sien, is die beste ding wat ek nooit gehad het nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Don’t stop, make it pop
    DJ, blow my speakers up
    Tonight, I’mma fight
    ‘Til we see the sunlight
  2. Girl in a groove with the big bust on
    Big bust on, big bust on
    Wait till your mother and your papa’s gone, papa’s gone
    Momma, momma papa
    Shock shock me, shock shock me, shock shock
  3. Every guy, everywhere
    just gives me mad attention
    Like I’m under inspection
    I always gets a ten,
    ‘cause I’m built like that
  4. You stand in the line just to hit a new low
    You’re faking a smile with the coffee you go
    You tell me your life’s been way off line
    You’re falling to pieces every time
    And I don’t need no carryin’ on
  5. I was a lonely teenage broncin’ buck
    With a pink carnation and a pickup truck
    But I knew I was out of luck
    The day the music died
    I started singing




My huis, my reëls

21 10 2011

Na 3 ure se gesukkel gisteraand plus 2 ure se gesukkel vanoggend om iets hier uit te rig, is ek beslis nie besonders lus om te blog nie.  As Vodacom en MTN jou in die steek laat, dan is jy geskroef.  Ek neem aan die heelal probeer my iets vertel.

Reëls, oor die algemeen is nogal lief vir diskriminasie.  Vra maar enige skoolgaande kind.  Reëls wat hulle moet respekteer steur sogenaamde volwassenes hulle selde aan.  Jy mag nie vloek nie.  Jy moet ‘n sekere tyd by die huis wees en mag net uitgaan wanneer iemand weet waar jy is.  Jy mag nie drink nie.

Reëls word dus strenger toegepas met hoe jonger die persoon is, met goeie rede ook.  Dit sluit natuurlik nie die “morele reëls” in nie.  Seks wat verbode voor die huwelik is, is ononderhandelbaar op 16.  Met elke verbygaande jaar, raak dit meer en meer onderhandelbaar.  Teen die middel 20’s is dit die verwagting, maar saamwoon word nog veroordeel.  Teen die tyd wanneer ‘n persoon reeds ‘n huwelik agter die rug het, gee bitter min mense nou regtig om.  Hulle lewe en hulle kan saamwoon soos dit vir hulle lekker is.

Dit laat my aan ‘n insident dink.  Daar is ‘n oom in sy tagtigs wat saam met sy wettig getroude vrou in die ouetehuis woon.  Soos die oom dit self beskryf, is hy baie lief vir sy familie.  Daarmee bedoel hy nie net sy eie en sy vrou se kinders en kleinkinders nie.  Elkeen van die uitgerekte Smit familie is welkom.  Solank jou van op een of ander stadium Smit was, kan jy maar aan sy deur kom klop.

Ironies genoeg is een van die mense wat baie getrou met hom kontak behou van sy broerskind geskei.  Vir jare lank is sy dus streng gesproke nie familie nie, maar soveel jare kontak geniet hulle mekaar.  Sy bel die oom tot sy groot vreugde gereeld.  Bel is een ding, maar ‘n regte kontak besoek is tog meer besonders.  So beplan – kom ons noem haar Magda, in haar 50’s al – toe om by die oom ‘n paar dae oor te staan.

Sy kry kaartjies vir haar en haar lewensmaat (iemand met wie sy al jare lank ‘n tafel, bed en huis deel, maar nie mee getroud is nie) en bel die oom oopgewonde met die goeie nuus.  Natuurlik word sy dadelik gul genooi om te kom oorbly.  Sy en Chris aanvaar die aanbod met dank, dit was immers die idee van die begin af.

“Maar Magda, is jy en Chris dan nou getroud?”

“Nee, Oom, ons bly saam.”

“Nie onder my dak nie.” snork die oom verontwaardig.  “Ek het net een spaarkamer, maar ek sal slaapplek by die bure vir Chris reël.”

Wat hy ook getrou aan sy woord gedoen het.  Magda en Chris het egter nooit opgedaag nie, maar soos ek verstaan is daar darem nou al ‘n datum vasgestel.

Breinvasbrand:  Hoe oud is Nelson Mandela?

Breinlosbrand:  Presley Chweneyaga