Die Huis van Dagbreek

8 10 2011

House of the Rising Sun was nog nooit een van my gunsteling liedjies nie.  Ek is hopeloos te vlak daarvoor.  Ek is geneig om liedjies aan mense of gebeure te koppel.  In die geval, koppel ek House of the Rising Sun aan ‘n episode van Noot vir Noot jare terug wat vir my vreksnaaks was.

Die man was gevra wat doen hy vir ‘n lewe.  Hy het heel kontant geantwoord dat hy ‘n prostituut in Pofadder was.  Almal was so ‘n halwe sekonde verstom.  Hy verduidelik toe maar dat hy ‘n begrafnisondernemer van een of ander plek was.  Dalk, maar ek is nogal redelik seker dat hy van daardie dag as die prostituut (of is dit not prostitot) van Pofadder bekend staan.

Met die Noot Assosiasie was daar ‘n prentjie van ‘n vervalle huis.  Johan het die man nog gespot dat dit seker sy werksplek moet wees.  Toevallig was die liedjie wat daaraan gekoppel was House of the Rising Sun.  Ek weet, ek weet.  Small things, maar kan ek julle herinner dat Einstein deur ‘n atoom amused was?

Daar is nogal ‘n paar interessante onbruikbare inligting omtrent die liedjie.  Soos dat dit die eerste no 1 liedjie ooit was wat langer as 4 minute lank was.  Daar is ‘n weergawe dat die slangnaam van ‘n tronk in New Orleans was.  Die veel interessanter weergawe is dat dit ‘n eufinisme na ‘n bordeel was.  Die bordeel in New Orleans het aan ene Marianne Le Soleil Levanbehoort.  Marian is blykbaar Opkomende Son (Rising Sun) in Frans.

Daar was nogal ‘n gegapsery van epidermiese porporsies gewees vir die deuntjie.  Bob Dylan het dit gegaps van Dave van Ronk vir ‘n album in 1962.  Eric Burdon het namens Van Ronk wraak geneem.  Hy het Dylan se weergawe geleen en dit in ‘n groot treffer omskep.  Die Animals het 1964 die eerste keer daarmee opgetree saam met Chuck Berry.  Die mense was so mal daaroor, dat hulle sommer op toer opgeneem het – sommer in een opname.

Die Animals was boonop die eerste groep na die Beatles wat ‘n nommer 1 treffer in die VSA gehad het.  Hulle het boonop die Beatles met die lied van die nommer 1 posisie afgeskop.  Die Beatles was nie in die gesig gevroetel nie, hulle het die Animals met ‘n telegram geluk gewens.  “‘Congratulations from the Beatles (a group)’.”  Snaaksies.





Ek gaan dryf

8 10 2011

Hallo Maatjies  😈

Merriegriet wil nooit dat ek met haar maanskip ‘n bietjie kan rondry nie.  😡  Ek het haar gesê sy kan my besem leen, maar sy wil my nie eers by die wielding laat sit nie.  👿  Sy is ‘n mislike skaap!!

Toe . . .

Die oom saam met wie ons gery het en Merriegriet het gou-gou iets gaan kyk.  :mrgreen:  Daar was niemand by die kar nie en hulle het nie die sleutels gevat nie.  😀

Ek het vinnig daar gaan sit voordat hulle terugkom!  😦  Maar ek het my besem by die huis gevergeet en toe kon ek nie die blaartjies onder trap nie.  😡  Elke keer wat ek die sleutel draai, kraaispring die kar!  😥  Dit is unfair!!  Ek wou net ‘n bietjie ry en toe hijill Merriegriet my plan.  👿  Ek is seker sy het my toor gesteel om die kar te laat sprinkaan.

Wag net!  Ek gaan haar in ‘n blommetjie in toor. :mrgreen:  Tata Maatjies.