Lunch Week 38 / 11

5 10 2011
Toorwoorde
  1. Wat is “fauna”?
  2. Wat beteken die afkorting “OAE”?
  3. Wat beteken die uitdrukking “doppie geklink”?
  4. Gee ‘n sinoniem vir “leuen” (3 letters)?
  5. Herrangskik die volgende in ‘n sinvolle woord: TIESLEEVI




In solidariteit

5 10 2011

Ek is gewoonlik heel eerste om te kla wanneer al wat ‘n werker in solidariteit met ‘n ander werker begin staak.  Veral as dit by gretigheid kom.  Die massas wat hulle hele verhoging wegstaak is genoeg om enige redelike mens ‘n gly in solidariteit te gee.  Wat nogal jammer is.

Solidariteit kan mooi wees.  Ek bedoel nou soos in hoendervleis-knop in die keel mooi.  Daardie verskille opsy stoot en net vir ‘n oomblik saamstaan vir of selfs teen iets.

Kyk net byvoorbeeld op Vrydae wanneer wit, swart, pienk en pers hulle springboktruie uitpluk om te wys watter kleur hulle bloed is.  Daar kan dalk geargumenteer word dat baie maatskappye dit aan hulle werkers uitgedeel het om op Vrydae te dra.  Tog sien ‘n mens dieselfde onder die kleintjies, die wat aangetrek word soos hulle ouers wil.

Baie mense wend ook ‘n poging aan wanneer daar aangetrek moet word om jou steun aan ‘n sekere saak te toon.  Ek dink nou byvoorbeeld aan Swart Lentedag uit protes teen renosterstropers.  Die meeste mense en maatskappye wend ‘n groot poging aan om Loslit dag te steun en sodoende geld in te samel vir gestremdes.  Ek onthou ook hoe het mans spesiaal pienk hempde gaan koop om te protesteer teen die moord van ‘n 7 jarige.  As ander hulle geterg het daaroor, het hulle verduidelik en baie het dan net daar ook vir pienk hempde gaan soek.

Ek lees vroeg vanoggend weer hoe die boere kos aanry vir die mense wat in Duduza met ‘n tornado plat geslaan word.  Nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle graag menslike ellende wil verlig.  Suid-Afrikaners is selde skaam om hulle hand in die sak te steek wanneer ‘n ander gehelp kan word.  Jy moet dikwels net vra of wys waar die nood is.

Net ‘n paar voorbeelde.  Hoe voel jy oor Solidariteit?

Breinvasbrand:  Wanneer is die Helpende Hand fonds gestig?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Brooklyn Bridge.





GRRRRR

5 10 2011

My post van oor die 700 woorde het net verdwyn!!!!!!

Duidelik het hoër magte besluit om my mond te snoer!  Ek blameer die ANC.