Halloween Dipapteek

29 10 2011

Hallo Maatjies

In party plekke oor die water is dit amper weer tyd vir Halloween.  🙂  Ek het my ouma Heldina gevra hoekom hou ons nie Halloween nie.  :mrgreen:  Sy het gesê want dit is sommer simpel pretoors.  😯  Toe gaan vra ek Ouma Laviga.  Dit is wat sy my vertel het.

In ander lande het die heksies, spoke en monstertjies al die maatjies bang gemaak.  😡  Die merrierige goed!!!  👿  Ek is bly ek ken hulle nie.  😈  Nie een van die maatjies wou toe met hulle speel nie.  😈  Nee, die maatjies het hulle toe begin bang maak.  🙄  Elke keer wat ‘n maatjie hulle gesien het, het die maatjies begin skree en dan het hulle geskrik!  Njannies!!

Dit was toe tyd vir ‘n bietjie dipapteek.  😆  Die heksies en die monstertjies en die spokies moes vir die maatjies wys dat hulle eigenlik gaaf is.  😀 Toe maak hulle Halloween sodat almal saam kan speel.

Ons het nooit die maatjies bang gemaak nie en ons het nog altyd saamgespeel.  :mrgreen:  Daarom het ons nie Halloween nodig nie.

Julle het dit tog nooit geweet nie.  Sien, ek is die mooiste en slimste heksie wat julle ken.