Onbekende aanhalings

16 10 2010

Ek het eendag gehoor aanhalings is vir iemand wat nie hulle eie gedagtes in woorde kan omsit nie.  Dit kan dalk wees, maar dit behoort nie iets van ander se woorde weg te neem nie.  Almal het tog hulle sêdingetjies en dit is soms net lekker om dit te kan leen.  Geen mens sal tog ooit die waarde van hulle eie woorde ken nie. 

Deesdae draai byvoorbeeld “of wat ertjies kos nie” in my kop.  Vir die wat nooit romans lees nie of dit nooit hardop sal erken nie.  Die kom van Ettie Bierman se Rooikop te Koop – ‘n boek wat ek al in die laerskool gelees het.  Dit pas perfek by die mense wat oor niks anders oor hulle huishoudelike sake kan praat nie.  Hulle het geen belangstelling in nuus, boeke, musiek, nuus, skinder of selfs sport nie.  Hulle dag tot dag bestaan, hulle eie klein wêreld, is die volle omvang van hulle gesprekke.  Ek ken sulke onbelese mense, goeie mense, maar hulle maak my altyd bewus daarvan dat ek geen idee of belangstelling in die prys van ertjies het nie. 

Schalkie van Wyk het weer in “Teer soos ‘n vlinder” ‘n liefde opsomming wat vir my nogal sin maak.  Liefde is so teer soos ‘n vlinder wat jy in jou hand hou.  As jy jou vingers te oop hou, gaan die vlinder wegvlieg.  As jy jou hand te styf toeknyp gaan jy die vlinder dooddruk.  Dus as jy ongeërgd in die liefde is, gaan die liefde ontsnap.  As jy te jaloers is, gaan jy die liefde dood maak.

In die “Motorfiets rabbedoe” praat die een man die heeltyd wye draaie om die dit wat hy tieners gevang doen het.  Sy vroulike kollega onderbreek hom dan en vertel hom dat “dit word gemeenskap of seks genoem”.  Tot sy groot skok natuurlik.  Ena Murruy praat weer van “kougom spiere” in die “Meisner Kliniek”.  Tipies vir wanneer iemand dink jy is nie sterk genoeg om iets self te doen nie. 

Vandag soek ek julle aanhalings.  Sommer van mense wat julle ken.  Dalk sommer ook julle eie?  Watter uitdrukkings het julle al teëgekom wat net te goed was om te ignoreer?


Aksies

Information

13 responses

16 10 2010
Wheelbarrow Jack

eerste.

16 10 2010
toortsie

ai tog…. ek is dalk ook so een? wie weet? maar eintlik gesels ek en Laviga baie lekker….. ek dink verstandsgewys is ons redelik dieselfde (ek hoop nie sy voel ek beledig haar nie!….) o ja, ek weet ook nie wat ertjies kos nie!!! haha

17 10 2010
Xena Phoenix

🙄

Vet weet waar het ek Laviga uitgekrap! En kan sy liggeraak wees?

16 10 2010
Olga

groot lawaai en weinig wol.

17 10 2010
seegogga

In die” Merry widow” se vertaling vir ‘n amateurproduksie, sing Hannah:” Don’t look so upset- to change her mind is a woman’s privilege” met so ‘n hoe noot op die pri…” Ek sing dit graag as ek van plan verander.
Ek weet nie wie dit gese het nie, maar dit het my baie gettref en ek sien al meer die waarheid daarvan raak: Only a true aristocrat can afford to be humble”
En ek is deesdae soos die prys v ertjie mense- ek lees nie, luister nie nuus nie. ook nie musiek nie- ek BLOG!

17 10 2010
seegogga

Anna, ne Hannah nie, die brein is verroes- waar kan mens dan hierdie replies edit?

17 10 2010
Xena Phoenix

Jou kommentaar nadat jy submit gedruk het, is amper soos vere in die wind. Jy kan dit nie ondaan maak nie. 😉

As jy nou regtig drooggemaak het, kan jy altyd op die blogeienaar beroep om dit vir jou te edit / delete. Maar dit gebeur nie dikwels nie.

17 10 2010
Anna

Uit my kleintyd onthou ek twee wat my pa altyd gebruik het. Die eerste is vir ‘n luiaard of swakkeling: ” Hy is slegter (of laer) as slangkak se koelte”. Die ander een is gereeld vir ons kinders gebruik wanneer dit by take uitrig gekom het: “Goed genoeg is nog nie goed nie”.

17 10 2010
Xena Phoenix

I can take anything but indifference

Een van my kollegas is nogal lief vir die een: Ek braai net gou-gou ‘n paar marshmallows. Dit is haar verdraaiing van om ‘n paar vure dood te slaan.

17 10 2010
Xena Phoenix

Toortsie en Seegogga

Julle is so nie ertjie mense nie. Dit vat regtig ‘n baie spesiale mens om ‘n ertjie te wees. Hulle gespreksonderwerpe is nie net beperk nie, hulle het soos in geen belangstelling om hulle kennis uit te brei nie. Hulle is boonop trots op daardie feit.

Kom ek gee julle ‘n tipiese voorbeeld. Dit is verkiesingstyd en almal praat politiek. Jy gooi so tussendeur ‘n opmerking oor Helen Zille in. Die ertjiemens kyk jou met so ‘n blank, supergeirriteerde uitdrukking aan. “Wie is Helen Zille?”

17 10 2010
Olga

ja swaer. Of hoekom moet ek stem? Vra die ertjie mens. En antw self. Hulle maak tog nes hulle wil.

Ek volstaan by my mening. Hulle wil nie met die gepeupel gaan tou staan nie. Daarom stem hul nie. Maar is altyd gou om te kritiseer.

17 10 2010
toortsie

moet ek nou goed voel omdat ek nie ‘n ertjie mens is nie…. ek weet niks van rugby af nie – die wereldbeker speel en ek weet dit nie!…. maar as ek dit wel die keer weet… en kyk… springbokhoedjie en al…. WEN HULLE!!! wonderlik wat EEN ondersteuner kan doen!!

17 02 2012
Debat, argument, stry en baklei « Herriemerrie

[…] Een van die lekkerste goed op aarde vir my is debat.  Ek is gebore om te redeneer.  Dit maak nie noodwendig saak waaroor nie, maar ‘n gesprek met verskeie fassette waar elke kant gestel word maak my opgewonde.  Om eerlik te wees, die uiteinde maak nie eers saak nie.  Dit is die argument wat tel.  Met die beste van beste argumente, is die uitkoms in elk geval onbepaald.  Sulke gesprekke hou ‘n mens op jou tone, hou die brein fiks en maak seker dat jy oopkop oor die lewe bly.  Buitendien gee ek nou nog nie om wat ertjies kos nie.  […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: