Debat, argument, stry en baklei

17 02 2012

Een van die lekkerste goed op aarde vir my is debat.  Ek is gebore om te redeneer.  Dit maak nie noodwendig saak waaroor nie, maar ‘n gesprek met verskeie fassette waar elke kant gestel word maak my opgewonde.  Om eerlik te wees, die uiteinde maak nie eers saak nie.  Dit is die argument wat tel.  Met die beste van beste argumente, is die uitkoms in elk geval onbepaald.  Sulke gesprekke hou ‘n mens op jou tone, hou die brein fiks en maak seker dat jy oopkop oor die lewe bly.  Buitendien gee ek nou nog nie om wat ertjies kos nie. 

Nie dat debat vir almal beskore is nie.  Glo my, wanneer iemand regtig passievol oor ‘n debat is, kan dit warm raak.  Die verskil is dat die onderwerp aangeval word.  Genadeloos en selfs gewetenloos.  Die persoon wat die mening huldig is egter onaantasbaar.  Die onderwerp bly objektief, selfs onpersoonlik.  Die oomblik wanneer jy jouself in die onderwerp sit, is jy op die afdraande pad.  Die oomblik as jy ten alle koste wil wen, speel jy nie meer volgens die reëls nie.  Die oomblik wat daar van die onderwerp afgedwaal word en die persoon aangeval word, het jy verloor.  Jy kan nie jou standpunt verdedig nie en dan word daar vuil gespeel. 

Debat is iets wat so te sê daagliks gebruik word.  Mense is almal verskillend en elkeen het ‘n unieke mening.  Die menings is dikwels teenstrydig met mekaar.  Dit moet ook wees, dit lei dikwels na nuwe insig of ‘n geheel en al ander benadering wat beter uitwerk.  So kan daar ‘n debat ontstaan tussen ‘n man en ‘n vrou of hulle in Durban of Kaapstad vakansie wil gaan hou.  In die werksopset is daar debatte oor watter proses gevolg moet word om ‘n doelwit te bereik.  In die kerksraadsvergadering word daar gedebatteer oor hoe om geld in te samel.  Dit is gesond. 

Nogtans kry ‘n mens altyd diegene wat dikbek word omdat hulle nie hulle sin gekry het.  Kinderagtig na my beskeie mening.  Alles in die lewe gaan nie oor wen en verloor nie en die aarde draai nie om ‘n individue nie.  Dit gebeur dalk omdat kinders van kleins af geleer word om ander so te respekteer dat hulle mening altyd 2de moet kom.  Ander kinders leer weer dat hulle altyd moet wen anders is hulle ‘n mislukking. 

Selfs in skole word daar van debat weggeskram.  Ek onthou 2 debataande die hele tyd wat ek op hoërskool was.  Iewers het daar ‘n idee ontstaan dat dit vervelig en nutteloos is.  Tog is dit seker die een buitemuurse aktiwiteit wat tot daaglikse nut is.  Ek wil my amper verstout dat mense wat nie kan debatteer nie, nie volwaardige volwassenes is nie. 

Lang lewe debat.  Al moet ons dan nou saam stem om te verskil.

Hou julle van debat?

Breinvasbrand:  Kom ons doen sommer ‘n raaisel vandag. 

A time when they’re green, a time when they’re brown,
But both of these times, cause me to frown.
But just in between, for a very short while,
They’re perfect and yellow, and cause me to smile!
What am I talking about here?

Breinlosbrand:  Olga was reg met oranjerivier.


Aksies

Information

5 responses

17 02 2012
Olga

ek hou nie van debatte. Op skool word jy buitendien geleer dat net die predikant, die dokter, die prokureur en die bankbestuurder se kinders kan debateer.

17 02 2012
Olga

dan sal ek maar antwoord, n piesang?

17 02 2012
Toortsie

Ek is nie n goeie spreker/debatteerder nie.

25 02 2012
seegogga

Ek is seker ook nie ‘n goeie spreker nie, maar ek is dol oor debatte! Op Sasol hoerskool wat debatsaande hoogtepunte en heerlik. Deesdae neem almal nie meer deel nie en toesprake wrd vir kinders geskryf- hoe boring!

25 02 2012
Olga

presies my siening ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: