Moddermaatjies

22 10 2010

Hallo Maatjies

Ek is tog lekker op die bitch!  We la ka pe la!!  :mrgreen:

Die bitch is lekker, maar die maatjies op die bitch is regtig modder.  😡  My ouma Heldina het my geleer dat vriendelikheid niks kos nie.  Hulle het nie magies waar hulle kossies kan bêre nie.  😛

Op die bitch was daar ‘n maatjie met wie niemand anders wou speel nie.  😦  Ek het toe die botteltjie met ‘n toon gaan groet.  😡  Toe pik die borreltjie my en ek was nie eers lelik met die borreltjie nie.  😥  Ek is Laviga, die mooiste heks en weet niks van lelik af nie.  Dit het gevuur en Merriegriet lag nie vir my.  Sy sê net ek sal leef en hoef nie horribaal toe te gaan nie.  👿

Ek gaan nie weer met die borreltjies speel nie.  GRRR!!!!   Julle moet ook sommer modder met hulle wees. 

Tata Maatjies.





Lunch Week 16

22 10 2010

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Hiers ek weer, hiers ek weer – in die maanlig skaduwee.  Vas in die middel saam met jou, maar wie kla nou.  As meer mense saamstaan, skop ons dalk elemente uit.  Die wêreld in vereniging, dit is waarheen ek streef. 

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. Where did you come from angel?
    How did you know I’d be the one?
    Did you know you’re ev’ry thing I prayed for?
    Did you know ev’ry night and day for ev’ry day?
  2. I don’t know why we always cry
    This we must leave and get undone
    We must engage and rearrange
    And turn this planet back to one
  3. The place I long to be
    If I had the whole world
    I would give it away
    Just to see the girls at play
  4. Everything is wonderful
    Being here is heavenly
    Every single day, she says
    Everything is free
  5. So take me as I am
    This may mean
    You’ll have to be a stronger man




Whoop, whoop!!

22 10 2010

Dit bly vir my verstommend hoe daar mense is wat letterlik vir twee dae van die week leef.  Hulle wroeg deur die eerste 5, net om daardie twee dae te kan geniet.  Ongeveer 70 % van hulle lewe word weggewens.  As jou lewe net rondom naweke draai, lewe jy eintlik net 104 dae ‘n jaar.  131 met minimum verlof en vakansiedae ingesluit.  Daar is dus 234 dae wat jy weg wens.  Oor ‘n tydperk van 30 jaar (gewone werksjare) is dit 7020 dae of net-net oor die 19 jaar.  Klink dalk na lewenslange tronkstraf, maar jy kan dit verander deur net jou houding van die lewe aan te pas. 

Nou preek ek en ek wou eintlik julle die storie agter naweke vertel.  Die Bybelstorie wat die meeste van ons seker heel eerste hoor, is die skeppingsverhaal.  Daarin word daar van rus gepraat.  6 dae sal jy swoeg en sweet en op die 7de dag rus.  In moderne terme, jy moet Maandag tot Saterdag werk, maar Sondae moet jy absoluut niks doen nie. 

Waar het die 7de dag, die 6de en 7de dag geword?

Volgens Wikipedia, is alles te danke aan vakbonde.  Dit het in Amerika kop uitgesteek.  Die Jode vier hulle Sabbat op ‘n Saterdag, terwyl Christenne dit weer op ‘n Sondag vier.  Die Jode was seker nie te gelukkig daarmee om hulle Sabbat ter wille van die Christelike Sabbat op te eindig nie.  In ‘n poging om almal gelukkig te hou, was daar dus ‘n 5 dae week ingestel. 

‘n Katoen Meule van New England was die eerste organisasie wat die 5 dag werksweek geinplementeer het.  Henry Ford het in 1926 ‘n 5 dae werksweek vir sy aanlegte gehad.  Amalgamated Clothing Workers of America was die eerste vakbond wat dit geëis en gekry het.  In 1940 was dit die nasionale gebruik in Amerika.  Ek neem aan die res van die wêreld het toe gevolg. 

Hoeveel van julle het nou gewonder wat sou gebeur het as daar Moslems was?  Hulle Sabbat is mos die Vrydag en dit kan mos nie ondergeskik gestel word aan ander gelowe nie.  As hulle ‘n 100 jaar terug hulle bekke gerek het, het ons dalk vandag met ‘n 4dae week gesit.  😉

Vir interessantheid.  Ons in Suid-Afrika raak sommer geirriteerd as ‘n winkel nie op ‘n Sondag oop is nie.  Dit sluit die afgelope paar jaar drank winkels in.  In baie van die Europese lande (Denemarkte byvoorbeeld) wat sterk na geloofloos (ateisties ens) neig, doen hulle nie besigheid op Sondae nie.  Ander van hulle moet spesiale toestemming kry om hulle deure op ‘n Sondag oop te maak (Frankryk).  Laat ‘n mens wonder.

Sterk Moslemlande se naweke draai gewoonlik om ‘n Vrydag.  Hulle week sal tipies op ‘n Saterdag begin en op ‘n Woensdag of Donderdag eindig. 

Wat is julle planne die naweek?

Breinvasbrand:  Waar is Manfred Mann gebore?

Breinlosbrand:  Seegogga was reg met Kee Vos