Eier skoene

10 10 2010

Van mode en styl en sulke goed weet ek maar weinig.  Ek het wel jare lank Cosmo gelees en hier en daar het van die artikels vasgesteek.  Onder andere hoe ‘n vrou se selfvertroue ‘n hupstootjie kan kry met seker klere, items en kleure.  As jy byvoorbeeld in ‘n situasie is waar jy so effens oorweldig voel, kan jy met ‘n rooi uitrusting die ewewig meer in jou guns draai. 

Klaarblyklik neem ‘n vrou se selfvertroue ook toe as sy hakskoene dra.  Dit het blykbaar iets te doen met die feit dat sy dan hoër is.  Lengte is blykbaar nie net vir mans ‘n sensitiewe onderwerp nie.  Tweedens word ‘n vrou met hakskoene aan gedwing om regop te staan, wat alles dan intrek soos dit moet wees.  Sy lyk glo dan ook beter wat haar nog meer selfvertroue gee.  Die bonus is dat die skoene jou boonop al jou spiere laat gebruik.  Almal kan doen met ekstra oefening. 

Nie juis dat ek met lengte of selfvertroue sukkel nie.  Ek sien op my beste dae kans vir die duiwel self, maar dan weet ‘n mens immers wat om van die duiwel te verwag.  ‘n Groep onbekende besoekers is ‘n ander saak.  Veral as jy deur ‘n ring getrek moet word en baie professioneel en bekwaam moet lyk.  Het ek genoem dat die hakskoene jou ook help om professioneel te lyk? 

Vir die rekord moet ek noem dat ek nie juis gewoond aan hakskoene met 7 cm hoë hakke is nie.  My balans is seker ook nie van die beste nie, maar hoe moeilik kan dit nou wees.  Dit is net ‘n paar dae en duisende vroue doen dit elke dag.  Die eerste twee dae kan ek nie juis kla nie.  Dit gaan eintlik baie goed, benewens die feit dat dit my voete kou!  Met mening!  Ek maak al die indrukke wat ek wil maak en ding verloop volgens plan. 

Tot die laaste dag.  Ek moet die besoekers na ‘n ander area lei.  Hier trippel ek vooruit met ‘n groep mense wat my volg en toe gebeur dit!  Ek gly en val op die vloer!  Nie swik nie, nie struikel nie.  NEERSLET!!  😳

Wel, wat kan ek sê?  Ek moes maar opstaan en voortgaan.  Ek weet gelukkig te min van sielkunde om ‘n ewige letsel daaroor op te doen. 

Dit is weer daardie tyd van die jaar.  Die tyd wat ons saam aan ons selfvertroue werk en ons ondersteuning toon in die stryd teen vroue en kindermishandeling. 

Datum:   27 November 2010

Plek:  Campus on Bryanston

Wat:  Sisters with Blisters

Ons sal weer inskryf as daar genoeg belangstelling is. 

Het jy al ‘n eier oomblik gehad met hakskoene of ‘n mode item?  Enige bakgat idees vir Sisters? 

Breinvasbrand:  Wie is die president van Louis Vuitton?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Max!





Kannie

10 10 2010

Kannie is dood!  (Van kruiwa stoot en stompies rook as jy nou moet weet hoekom.)

Ek is nie seker of dit ‘n kinderwysheid of ‘n grootmens ding was nie.  Toe ek nog ‘n kinders was, was dit alewig by ons kele afgedruk.  As jy nie iets reg gekry het nie nie, was dit bloot net omdat jy nie hard genoeg probeer het nie.  Kannie het bloot net nie bestaan nie.  Dit is dalk waar die misverstand ingekom het.  Kannie het waarskynlik Probeer met sy eie geweer geskiet. 

Kannie is vandag nog springlewendig, spekvet en ongesond.  Kyk gerus by enige klientediens afdeling.  Vandag spesifiek waar ek my modem wat nie werk nie gaan inhandig nie.  Hulle kannie dit daar en dan regmaak.  Hulle moet dit wegstuur en kannie waarborg dat dit voor 6 weke gaan terug wees nie.  Hulle kannie vir my ‘n leenstel gee nie.  Hulle kannie van ‘n ander tak ‘n leenstel vir my kry nie.  Hulle beleid kannie ‘n klient help nie.  Ek kannie ophou betaal vir ‘n diens wat ek nie kan gebruik nie.  Hulle kannie aan my ‘n nuwe modem verkoop nie.  Lesbes, ek kannie die assistent wat net haar werk doen wurg nie. 

Kannie se vet tannie!  Kannie is ‘n verdompde parasiet, wat nie net probeer ondermyn nie, maar ook goed soos logika en dienslewering leegsuig.  ‘n Gerieflike verskoning wat verdien om nek omgedraai te word.  Watter maatskappy sal dit nou ooit waag?  Hulle sal dan besef dat die ekstra myl nie net mooi in bemarking lyk nie.

Ek wonder waar steek Kannie nog sy lelike kop uit.  Ek dink aan praatjies soos dat ‘n mens jou eie beperkinge moet aanvaar.  Dat jy nie jouself moet dryf nie en dat jy niemand kan dwing nie.  Neewat, Kannie gaan net nog vetter en nog leliker word. 

Om af te sluit in die woorde van Ghandi:

You may never know what results come from your action.

But if you do nothing, there will be no results.





Oplossing Week 14

10 10 2010

Algemene Kennis

  1. Susan Mayer, Lynette Scavo, Bree Van de Kamp en Gabrielle Solis  (Nell / Demoerin)
  2. 18 Julie 1918  (Nell / Demoerin)
  3. Kaapstad  (Nell / Demoerin)
  4. Een  (Nell / Demoerin)
  5. NaCl  (Nell / Demoerin)

Uilspieël

  1. Renoster – die dassie en die olifant is verwant. (Demoerin)
  2. Count of Monte Cristo – Nie ‘n Brad Pitt movie soos die ander twee nie   (Demoerin/Nell)
  3. Rick Allen – Hy het net een arm en nie twee soos die ander nie
  4.  Christian Harrod – Christian was die leeu wat die ander twee by Harrods gekoop het (Demoerin/Nell)
  5. Bandana – Word nie aan die voet gedra soos die ander nie (Demoerin/Nell)

Toorwoorde

  1. Skutting van pale (Nell)
  2. Grondwetlike Vergadering
  3. Iets net betyds afhandel
  4. 😳  Ek het in my dwaasheid my memo uit gevee
  5. Kothuis

Couples Theraphy

  • Rusland – Stalin (Demoerin)
  • Italië – Mussolini (Demoerin)
  • VSA – Rooseveldt (Demoerin)
  • Duitsland – Hitler (Demoerin)
  • Brittanje – Churchill (Demoerin)

Tweede Wêreldoorlog leiers en hulle onderskeie lande.

Liedjiepret

  1. I feel good – James Brown (Demoerin)
  2. I get up again – Danny K (Demoerin)
  3. House of the rising sun – The Animals (Demoerin)

Liriekeraai

  1. Bohemian Rhapsody – Queen (Demoerin/Celia*)
  2. American Pie – Don MClean (Demoerin)
  3. I’m too sexy – Right said Fred (Demoerin/Celia*)
  4. Staying alive – Bee Gees (Demoerin/Celia*)
  5. You’ve lost that loving feeling – Righteous Brothers (Demoerin/Celia*)