Ek het nou die dag so ‘n bietjie gegorrel oor kultuur en Sati het op ‘n stadium ter sprake gekom. Een ding het na ‘n ander gelei en my mond het later oop gehang oor die doodsgebruike wat van die Oosterlinge het. Alles uit pligsbesef of eergevoel.
Ten spyte van my opskrif gaan ek nie probeer oordeel nie, maar net van die baie interessante gebruike met julle deel. En asseblief mense, moet dit nie self probeer doen nie.
Satï (ook bekend as Suttee) is ‘n Hindoe begrafnis gebruik. Satï is direk vertaal die vroulike vertaling van waarheid. Dit behels dat die vrou lewendig saam met die lyk van haar man verbrand word. Dit is natuurlik ‘n vrywillige daad, maar kan wel soms afgedwing word. ‘n Mens kan ook nie die verwagtinge en druk van die gemeenskap onderskat nie. Snaaks soos dit klink het en doen baie weduwees dit vrywillig. Daar is selfs bewyse van waar die familie of die gemeenskap die weduwee probeer keer het om Satï te pleeg.
Die vrou is veronderstel om haarself op haar man se brandstapel te gooi. Daar is gevalle waar sy op die brandstapel vasgemaak sal word of selfs bedwelm sal wees voor die tyd. Dit beteken dus dat sy nie kan vlug as sy van plan verander nie. Daar was ook gevalle wat die gemeenskap se mans haar met stokke op die brandstapel sal hou.
Daar is verskeie stories rondom Satï, maar die een maak vir my persoonlik die meeste sin. Die gebruik is daargestel om seker te maak vrouens vergiftig nie hulle mans nie. Sou daar van hulle verwag word om ook te sterf, sal hulle dalk twee keer dink. In haar dood met haar man se begrafnis, betoon sy haar toegewydheid aan haar man. Sy sal soos ‘n bruid aantrek en sekere dele van die huweliks seremonie sal herhaal word.
Satï word vandag nog in sekere dele beoefen, al is dit streng gesproke onwettig in Indië. Dit word soms net uitgebeeld – die vrou gaan lê langs haar man se lyk, maar sterf darem nie daar nie.
‘n Ander Hindoe gebruik is Jauhar – wat net onder sekere familie beoefen was. Dit word beoefen saam met Saka en moet as ‘n geheel verstaan word. Vir die mans van die groepe is daar geen groter eer as om te sterf vir Rajput nie. Vlug was doodeenvoudig nie ‘n opsie nie. Sou dit gebeur dat hulle verseker is van ‘n nederlaag, sal die mans en seuns hulle dood dapper gemoet gaan. Die onafwendbare dood in ‘n geveg word Saka genoem.
Terselfde tyd is dit ‘n baie groot onreg vir veral koninglike vroue om gevange geneem en onteer te word. Om dit te verhoed, sal hulle Jauhar pleeg. Soos met Satï sal die vroue hulle bruidsgewaad aantrek. Die mans sal voordat hulle gaan veg ‘n groot brandstapel voorberei. Die vroue met die jonger kinders sou hulleself aan die brand gesteek het soos die mans uit die vesting sou ry. Hulle het verkies om hulleself te verbrand instede van minder pynlike metodes. Die Moslem aanvallers het hulle slagoffers begrawe en nie veras nie.
Kom ons gaan verder oos na Japan en die land van die Sumurai.
Seppuku was selfmoord wat deur die samurai gepleeg is om te verseker dat hy nie sy familie onteer of in die vyand se hande sal val nie. Sou die samurai oortree het, was hy soms ‘n geleentheid gebied om Seppuku te pleeg in plaas daarvan om terreggestel te word. Met die laasgenoemde sou hy die familie vir altyd onteer het. Seppuku het basies “disembowelment” (ontbuiking dalk) behels.
Seppuku was ‘n baie presiese ritueel. Die samurai sou in wit geklee word en sy gunsteling kos gevoer word. Hy sou dan sy doodsgedig skryf met sy swaard voor hom. Hy sou ‘n kaishakunin (‘n sekondant) hê, wat gewoonlik ‘n goeie vriend of familielid is. Wanneer sy gedig klaar is, sal hy sy kimono (klere) oopmaak en ‘n tantõ (tipe dolk) opgeneem het. Daarmee sou hy sy maag oopgesny het sodat sy derms kan uitpeul. Die kaishakunin sou hom dan onthoof om hom verdere pyn te spaar. Die seppuku sou soms so uitgewerk gewees het dat hy onthoof sou word die oomblik wanneer hy homself gesteek het of selfs net na die tantõ gereik het.
Weereens iets wat vandag nog gedoen word, veral onder sake lui, maar sonder die onthoof deel.
Ek gaan met Jigai afsluit. Die direkte vertaling is selfmoord en in die geval praat ons spesifiek van die selfmoord wat die samurai vroue gepleeg het om hulle vyande die moeite te spaar. Dit was basies gedoen om hulle eer te red en om te verseker dat hulle nie verkrag word nie.
Die vrou van die huis sal ‘n posisie inneem met haar rug na die deur. Sy sal haar bene met ‘n tou om die knieë vasbind sodat sy nie in ‘n onwaardige posisie gevind sal word nie. Daarna sal sy die nekslagare met ‘n mes sny en haar vyande dood inwag.
Dit is seker genoeg doom and gloom van my kant af. Van watter ander doodsgebruike weet julle? Hoe voel julle daaroor?
Breinvasbrand: Wat is ‘n Kamikaze?
Breinlosbrand: Selene was reg met Ebenezer Baptist church.
Naskrif: Dankie vir die dames wat my met die vertalings gehelp het.
Wie runnik saam?