Lief soos ek vir geskiedenis is, is daar ‘n paar gebruike van ‘n eeu of twee gelede wat my skok. Dit is veral die wreedheid wat mense teenoor mekaar getoon het. Ek stel menswaardigheid nogal hoog op prys. Ek glo dat ‘n mens se menswaardigheid nie gemeet word aan die omstandighede waarin hulle woon nie. Omstandighede kan tog in ‘n oogwink verander word. Jou eie menswaardigheid word gemeet aan hoe jy mense behandel.
Van die oogpunt wonder ek dikwels of van die mense in die verlede as mense gesien kan word. Die bloeddorstigheid, nie net van die mense nie, maar ook wat in die gereg gebruik het. Barbaars is amper die woord. Onmenslik. Dierlik. Maar ek dwaal af.
In die verlede was daar dikwels gepoog om heksery met wortel en tak uit te roei. Iemand wat van heksery verdink, is lewendig op ‘n brandstapel verbrand. Ek mag verkeerd wees, maar die stryd teen heksery het verder gestrek as net onder Christenne. Tog was dit veral onder die Christenne wat heksery uit die bose gesien was. Boosheid kon onder geen omstandighede geduld word nie, al sou jy die boosheid met boosheid moet beveg. As een booswig ‘n ander booswig regsien maak dit die eerste booswig minder boos?
Ontstellend soos wat dit is om te besef wat met hekse gedoen is, is dit nie eers die ergste nie. Jy hoef net van heksery VERDINK te gewees om ‘n enkelkaartjie brandstapel te wees. Sou iets buite die “regter” se ervaringsveld wees, sou dit as heksery gesien word. Iets onverklaarbaar was ‘n teken van heksery. Niemand sou juis belanggestel het om die arme heks se kant van die saak te hoor nie. Ek wonder hoeveel mense het heel onskuldig op die brandstapel geland?
Gelukkig lewe ons in die tweede millenium en sulke dinge gebeur nie meer nie. Waarskynlik net omdat die wet nie meer toelaat dat iemand op ‘n brandstapel verbrand kan word nie. Daar is heelwat mense wat vandag nog so teen heksery as ‘n paar eeue gelede is. Ek het selfs al verneem van ‘n kerk wat mense van heksery verlos. Hulle diagnoseer selfs klein babas as hekse. Gelukkig probeer hulle darem nie die heksery wegbrand nie.
Dit gaan dikwels tot fiktiewe karakters. Daar was al mense wat gevoel het Liewe Heksie is boos. Ek het al fronse en afkeer gesien as Laviga saam met my uitgaan. Dit is al asof mense nie elke geval op meriete wil beoordeel nie. As iets effens na ‘n heks lyk is dit boos en moet dit weg.
Vandag wil ek weet hoe voel julle oor hekse? Glo julle aan heksery?
Breinvasbrand: Watter Shakespeare drama gaan oor die voorspelling van 3 hekse oor ‘n man? (Bubble, bubble, toil and trouble)
Breinlosbrand: Seegogga was reg met 90 grade.
Wie runnik saam?