Lunch Week 16

21 10 2010

Couples Theraphy

Homer; Wilma; Popye; Micky; Daisy; Fred; Minnie; Olive; Madge; Donald

Gemeenskaplike faktor?





Koerantbrokkies

21 10 2010

 Aarto gaan dalk al met die ingang van 2011 landswyd geimplementeer word.  Dit terwyl daar toenemende teenkanting is en dat hulle probleme daarmee in Johannesburg en Pretoria ondervind.  Volgens Satawu:  “Jy kry een punt as jy oor ’n rooi verkeerslig ry, maar vier as jy 130 km/h in ’n 120 km/h-sone ry. Watter een is die gevaarlikste?”  En dus hoe bevorder Aarto padveiligheid.  Ek dink hy het ‘n punt beet. 

Woolworths het toe sy beleid oor Christelike tydskrifte heroorweeg.  Dit is blykbaar as gevolg van die oorweldigende reaksie van die klante op hulle facebook blad.  ‘n Woordvoerder meen die klante het gepraat en hulle het geluister.  Die tydskrifte is terug.  “By Woolworths het ons nog altyd na ons klante geluister en daar is dus besluit om dié tydskrifte terug op ons rakke te plaas. As deel van die huidige hersiening van ons tydskrifkatalogus is sekere Christelike tydskrifte weens swak verkope van ons rakke verwyder,”

Don Hornsby (55) van Bedfordview in Johannesburg, is deur ‘n olifant in Zimbabwe dood getrap.  Hornsby het saam met sy vriende visgevang toe ‘n trop olifante daar naby kom water drink het.  Hy het gedoen wat enige regdenkende mens sou doen.  Ongelukkig het die olifant nie geweet dat hy gehol het vir sy kamera nie.  Volgens Johnny Rodrigues, voorsitter van die Zimbabwiese omgewingsbewaringstaakmag, is die olifante so getraumatiseer, hulle dink enige mens is daarop uit om hulle te stroop.  Kan iemand nie vir Robert Mugabe neem om te gaan foto’s neem nie?

Muscles van Brussels het ‘n hartaanval vir sy 50ste verjaarsdag gekry.  Jean-Claude van Damme was in New Orleans op die stel van sy nuwe fliek Weapon aan die werk toe hy die ligte aanval gekry het.  Niks ernstig nie, maar hy is glo terug na België toe.  Intussen het hy ‘n verklaring uitgereik dat alles nonsens is

In Wene is ‘n man gevonnis nadat hy ‘n bank beroof het om vir sy troue te betaal.  Hy het sowat R44 000 gesteel en is boonop ‘n dobbel verslaafde.  Die sot het boonop na die bank gegaan waar hy ‘n gereelde klient is.  Alles is seker fair in love and war.  Hy is eers vasgekeer na sy wittebrood en gaan net vir 6 maande tronk toe.  Tweeling, spesiaal vir jou. 

Verjaarsdae:  Die eerste kamikaze aanval was in 1944 gewees – ‘n Japanese vegvliegtuig met ‘n 200 kg bom het die HMAS Australia aangeval.  Vroue is in 1945 in Frankryk toegelaat om te stem.  Alfred Nobel; Manfred Mann en Jade Jagger.