Blou Maandag

18 10 2010

Tumble outta bed and I stumble to the kitchen
Pour myself a cup of ambition

Nee, wag!  Skrap!  Dit is die verkeerde liedjie.  Laat ek gou my kop skud dat my ore my kan wakker klap. 

Ken julle sulke oggende? 

Have to catch an early train
Got to be to work by nine
And if I had an air-o-plane
I still couldn’t make it on time

Jy lê so lekker en slaap dat jy skoon wonder wanneer die wekker nou jou soete drome gaan onderbreek.  Pessimis wat jy is, loer jy gou vinnig met jou een oog na jou selfoon.  OOPS!!!!

Die wekker moes al 40 minute terug gegil het.  Natuurlik sal dit nou nie die dag wees waar jy stilletjies by die agterdeur kan insluip nie.  Jy kan nie eers blatant by die voordeur instap en jou gat afvee aan almal wat betekenisvol na hulle horlosies blik nie.  Nee, jy is verseker in die knyp. 

 Tipies moet jy iewers aan die anderkant van die stad wees by iets wat jy nie kan bekostig om voor laat te wees nie.  Daardie belangrike voorlegging waar jy hulle wil laat glo dat daar ‘n foto van jou langs professioneel in die woordeboek is.  Jy moet dalk saam met ‘n groep mense iewers ry.  Anders moet jy ‘n vliegtuig of trein na iewers kry. 

Daar is ‘n rede hoekom hoe meer haas, hoe minder spoed ‘n cliche geraak het.  Jy is teen ‘n stink spoed besig om jou grimering aan te wend, wanneer jy onthou dat jy nog nie gestort het nie.  Jou selfoon, sleutels of handsak sal opsluit wil wegkruipertjie speel.  Jy gaan iets baie belangriks vergeet waarvoor jy sal moet terug gaan.  Natuurlik sou jy ook vooraf iets wou gedoen het, wat nou natuurlik afgeskryf moet word. 

Op sulke dae moet jy maar hoop dat jou sin van humor nie vroeg uit die vere was nie.  Jy sal die dag dan net nie maak nie. 

Waarvoor was jy al laat gewees?  Kan jy aantrek terwyl jy bestuur?  Het jy enige tydspaar raad?  Het jy al ‘n vliegtuig verpas? 

Blogvraag:  Hoe laat moes die nonne in Sister Act in die oggende opstaan?

Blogantwoord:  Seegogga was reg met 4 grade Celcius.





week 16 Algemene kennis

18 10 2010

1. Wie het gesê: ” honde sien op na jou – katte sien neer op jou en varke sien jou as ‘n gelyke?
2. Wie is Ace Bourke en John Rendall?
3. Wat het Jane Austen as skrywer geìnspireer?
4. Waarvoor is Heidi en Hans – Jùrgens Koch bekend?
5. Wie se slagspreek is Omnia Omnibus Ubique en wat beteken dit?