Ek onthou hoe opgewonde een van die bogenoemde my as ‘n kleuter gemaak het. Wat kan ‘n mens deesdae daarmee doen? Skaars 10 druppels petrol vir jou kar kry. Wat is die kanse dat jy ‘n ete vir 4 mense met R50 kan voorberei?
Waar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Met ‘n bietjie verbeelding kan jy selfs jou lippe afkou. Hier is my R50 resep:
1 Groot Ui (R2) – maak seker jy koop nie ‘n vrot een nie.
‘n Blikkie tamatiepasta (R6)
Pakkie varkworsies (R20)
Pak bevore groente (R14) – No Name Kies en Betaal groente
1 brood (R8) – kan goedkoper wees as jy self wil sny.
Metode
Braai die varkworsies tot amper gaar. Sorteer die uie saam met die worsies tot dit bruin is. Gooi nou soveel groente as wat jy nodig ag in die mengsel en laat dit sag kook. Voeg ‘n bietjie water by as jy moet. Wanneer die groente amper sag is, gooi die tamatie pasta by en verdun met water. Die idee is om ‘n tamatierige sous te maak. Geur na smaak (sout, pepper, bietjie kerrie, bietjie suiker, kruie en baie knoffel). Nou moet alles eers met mekaar praat.
Smeer die brood met botter / magarien. Sit 2 – 4 snye brood in elke brood. Skep nou ‘n bietjie van die konkoksie op elke broodjie. (Dit proe veral lekker as dit ‘n rukkie gestaan het). Skree kom eet!
Ek het myself nog nooit as ‘n kok uitgegee nie. Wat ek wonder is of iemand dalk lekkerder kos met R50 en minder kan maak. Ek daag dus vir Nell; Demoerin; Toortsie; Skoor en Olga om hulle R50 resep te gee. En nee, brood en jam is nie ‘n resep nie. Verder moet jy ook bereid wees om jou konkoksie te eet. Kom ons maak dit vir 4 mense en onthou om 4 verdere mense huiswerk te gee.
Kom ons kyk wie is die beste gegrotingskok.
Breinvasbrand: Watter jaar is All Gold geloots?
Breinlosbrand: Olga was reg met Oupoot.
Wie runnik saam?