In solidariteit

5 10 2011

Ek is gewoonlik heel eerste om te kla wanneer al wat ‘n werker in solidariteit met ‘n ander werker begin staak.  Veral as dit by gretigheid kom.  Die massas wat hulle hele verhoging wegstaak is genoeg om enige redelike mens ‘n gly in solidariteit te gee.  Wat nogal jammer is.

Solidariteit kan mooi wees.  Ek bedoel nou soos in hoendervleis-knop in die keel mooi.  Daardie verskille opsy stoot en net vir ‘n oomblik saamstaan vir of selfs teen iets.

Kyk net byvoorbeeld op Vrydae wanneer wit, swart, pienk en pers hulle springboktruie uitpluk om te wys watter kleur hulle bloed is.  Daar kan dalk geargumenteer word dat baie maatskappye dit aan hulle werkers uitgedeel het om op Vrydae te dra.  Tog sien ‘n mens dieselfde onder die kleintjies, die wat aangetrek word soos hulle ouers wil.

Baie mense wend ook ‘n poging aan wanneer daar aangetrek moet word om jou steun aan ‘n sekere saak te toon.  Ek dink nou byvoorbeeld aan Swart Lentedag uit protes teen renosterstropers.  Die meeste mense en maatskappye wend ‘n groot poging aan om Loslit dag te steun en sodoende geld in te samel vir gestremdes.  Ek onthou ook hoe het mans spesiaal pienk hempde gaan koop om te protesteer teen die moord van ‘n 7 jarige.  As ander hulle geterg het daaroor, het hulle verduidelik en baie het dan net daar ook vir pienk hempde gaan soek.

Ek lees vroeg vanoggend weer hoe die boere kos aanry vir die mense wat in Duduza met ‘n tornado plat geslaan word.  Nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle graag menslike ellende wil verlig.  Suid-Afrikaners is selde skaam om hulle hand in die sak te steek wanneer ‘n ander gehelp kan word.  Jy moet dikwels net vra of wys waar die nood is.

Net ‘n paar voorbeelde.  Hoe voel jy oor Solidariteit?

Breinvasbrand:  Wanneer is die Helpende Hand fonds gestig?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Brooklyn Bridge.


Aksies

Information

8 responses

5 10 2011
Gert

Wat is daar om te se mooi so as mense se houding net wil verander sal dit baie beter gaan maar so baie het die houding elke een vir hom self en die satan vir die res as u Afrikaner boer seun kan ek maar net hoop.dat ons as mens mense. Sal probeer verander solidariteit is tops

5 10 2011
Olga

1949?

5 10 2011
Olga

solidariteit om die regte redes is treffend. Maar stront van beter dienslewering as jy in die eerste plek nie daarvoor betaal nie. Onredelike verhogings ens maak van solidariteit n vloekwoord.

5 10 2011
demoerin

Weereens ‘n bewys, as dit van die mens op straat afgehang het, was ons land al lankal meer samehorig en verdraagsaam. Maar gooi die politici in die mix – en hulle versuur alles. Ek sê jaag al die politici die see in!!

5 10 2011
demoerin

😯 EK in moderasie?

5 10 2011
Xena Phoenix

Genugtig, DMI. As jy so graag ‘n modderbad soek, is ‘n spa dalk ‘n better plek. 😉 Nou moes ek jou uithaal en is ek self vol modder. 😆

5 10 2011
Olga

die gat in jean ln kan dalk tog tot goeie nut wees. Dan weer, die ‘politisie’ is n murse horde.

5 10 2011
MaanKind

Solidariteit kan swaai ook. Mense is vol padwoede en toet en vloek mekaar op die pad, maar as hulle ‘n gesamentlike vyand kry (spietkop onder die boom) dan flits en waarsku almal mekaar…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: