Een Duiwel vir ‘n Ander

4 10 2011

Mens moet soms oor die mensdom wonder.  Seker dalk ‘n bietjie meer as net soms.

Ek dink elke mens wil graag ryk wees.  Die hartseer storie is dat dit nie noodwendig so moeilik is om ryk te word nie.  Daar is ‘n siening dat harde werk jou wel in die geld sal laat rol.  As jy dalk aan die lui kant is, kan jy ‘n briljante idee uitdink en ander kry om jou daarmee ryk te maak.  Jy kan jouself baie gewild onder miljoene mense maak, deur veral jou talente aan te wend.  Jy kan jouself ryk wen met iets soos die lotto of ‘n poker tafel.  Les bes kan jy jouself ryk erf.

Om ryk te bly is ‘n heel ander storie, iets wat baie van die mense wat vir ‘n oomblik ryk was, nie reggekry het nie.  Al raak jy nie aan die geld nie, gaan inflasie jou een of ander tyd weer arm maak.  Om ryker te word vat nog meer breinkrag, al was dit net om die regte mense te kry om na jou sente te kyk.  Die punt is dat dit nie net gebeur nie.  Verder kry nie net die eienaar voordeel uit die sogenaamde rykdom nie.  Hy of sy spandeer graag, wat nie net ander ryk maak nie, maar ook botter, jam en kaas op ‘n ander se brood sit.  Ek praat dan nie eers van die kos op die tafel van die wat help om die rykdom te bou nie.

Welvaart skep welvaart.  Niemand kan egter verwag dat die skoonmaker dieselfde tjek aan die einde van die maand gaan kry as die uitvoerende hoof nie.  Die uitvoerende hoof moet ook maar toekyk hoe ‘n ander in sy sweet rondrol.  As die skoonmaker of die uitvoerende hoof nie gelukkig is daarmee nie, wel, hulle kan altyd hulle self gaan ryk maak en ryk hou sonder sekuriteit.

Wêreldwyd begin daar meer en meer mense in opstand kom teen die sogenaamde rykstes.  Daar is ‘n organisasie “Occupy Wall Street” wat beplan om Wall straat in New York te beset.  Wie is hulle?  Volgens hulle website:  “Occupy Wall Street is leaderless resistance movement with people of many colors, genders and political persuasions.  The one thing we all have in common is that We Are The 99% that will no longer tolerate the greed and corruption of the 1%.  We are using the revolutionary Arab Spring tactic to achieve our ends and encourage the use of nonviolence to maximize the safety of all participants

Sou hulle dit regkry, wat gaan gebeur?  Kort voor lank is daar swape in die hoogste stoele wat septer saai en geld verkwis.  Dekades se werk gaan ongedaan maak en die armes gaan nog swaarder kry.  Wanneer dit te laat is sal daar na ‘n Utopia gesmag word, een wat deur kapitaliste beheer word.

Dalk moet revolusioniste eers Animal Farm gaan lees voor hulle planne maak.

Aan die ander kant het Bill Gates en maatjies al biljoene weggegee en dit lyk nie juis of hulle krepeer nie.

Wat dink julle hiervan?

Breinvasbrand:  Wat het Occupy Wall street 1 Oktober gaan beset voordat 700 van hulle gearresteer is?

Breinlosbrand:  Sellulose vir die filter.


Aksies

Information

6 responses

4 10 2011
demoerin

Dit is ‘n bietjie van ‘n taai toffie. Ek het niks daarteen dat die wat die maatskappy opgebou het, en seker maak hy bly voortbestaan, meer moet verdien as ander nie. Dit maak tog net sin dat die tealady en bemarkingsbestuurder en CEO nie dieselfde kan verdien nie. MAAR, daar moet perke wees: as 1 persoon meer as R600miljoen in ‘n jaar kan vedien, moet hulle nie sê dat hulle nie ‘n 10% verhoging vir iemand wat R30,000 per jaar verdien kan bekostig nie.

4 10 2011
demoerin

O, hulle het die Brooklyn Bridge beset

4 10 2011
Gerda. J

die polisie of weermag moet sommer troppe leeus of cheetahs op besetters en betogers los laat. dit sal die volgende lot laat dink oor die gevolge nog voordat hulle begin met die stront.rs los laat. dit sal die volgende lot laat dink oor die gevolge nog voordat hulle begin met die stront.

4 10 2011
seegogga

As julle alles oor rykdom ens uitgevind het, stuur asb vir my ‘n paar rand.

4 10 2011
Olga

die mens se hebsug ken geen perke nie. Gerda, hoekom leeus en cheetahs? 4kit, padskrapers en padrollers, behoort n beter job te doen om besetters en betogers stof tot nadenke te gee.

4 10 2011
JWW

Wat vir my so ‘n bitter pil is om te sluk, is daai balaglik ryk olie shieks wat orals brag dat hy sy 500 ste roll royce en 800 ste ferrari gekoop het met ‘n 100billion dollar se diamante daaop vasgeplak…. dan is daar so baie mense wat net mooi phokkol het nie, nie eers kos nie…. dis eenvoudig siek, geen mens behoort so ryk te wees nie….

Lewer kommentaar op JWW Kanselleer antwoord