Kersfees Trivia

19 12 2011

Algemene Kennis

  1. Wie was Jesus se Aardse Ouers?
  2. Wie was die profetes wat Jesus as ‘n baba in die tempel gesien het?
  3. Wie was Johannes die Doper se pa?
  4. Waar was Jesus gebore?
  5. Wat was die naam van die herberg waar Jesus gebore is?
  6. Wat was die geskenke van die wyse manne?
  7. Die kindermoord wat gevolg het op Jesus se geboorte word net in een Evangelie beskryf.  In watter Evangelie kan mens daarvan lees?
  8. Wie was die koning toe Jesus gebore is?
  9. Watter twee Evangelies vertel nie van Jesus se geboorte nie?
  10. Wat beteken Immanuel?




Suip vir die Dood

19 12 2011

Die jaar tel ek ‘n groter bohaai van die Matriekvakansie op as ooit van te vore.  Beeld het juis ‘n reeks wat hulle daaroor beplan en blykbaar het die matrieks geen probleem daarmee nie.  Dit blyk selfs dat hulle trots daarop is.   ‘n Epidemie wat nie net onder matrieks bestaan nie.

Iewers het daar ‘n siening ontstaan dat alkohol gebruik sinoniem met ‘n lekker tyd is.  Hoe meer jy jouself geniet, hoe meer drink jy.  Daar is blykbaar geen rede om die geleentheid te onthou nie.

Ek het onlangs gekuier saam met ‘n vriendin en haar vriendin – kom ons noem haar Marie.  Marie is ‘n Geleentheidsbeplanner vir haar maatskappy en woon baie partytjies by.  Dit val so reg in die partytjiedier se kraal.  Sy het die geselskap oorheers en die heeltyd vertel hoe lekker sy by die of die partytjie gekuier het.  Dit het basies behels van hoe dronk sy gehad het en hoeveel sy gekots het.  Soos sy die een partytjie na die ander se drokenskap opgehaal het, het ek haar jammer gekry.

As kinders was dit altyd vir ons baie vermaaklik om van die ou dae te hoor.  Van wat ons ouers gedoen het.  Die heeltyd wat ek na haar stories geluister het, het ek gewonder wat gaan sy eendag vir haar kinders vertel?  Hoe sy haar naam partytjie na partytjie vergat het in haar drokenskap? Op wie sy al almal gekots het as gevolg van drank en / of dwelms?

Sy was absoluut geskok omdat ek nie een storie gehad het van dronkenskap nie.  Volgens haar waardes is ek iemand wat nie pret kan spel nie en en ‘n nat vadoek.  Ek het haar laat begaan.  Punt is ek het nog nooit vals moed uit ‘n bottel nodig gehad om pret te kan hê nie.  Om dronk rond te val klink in elk geval nie na pret nie.

Dit bring my weer terug na die groep matrieks waarvan Beeld praat.  Gaan dit vir altyd hulle idee van pret of ‘n lekker tyd wees?  Gaan hulle eendag net stories van dronkenskap kan vertel?  Gaan die aankope van drank / dwelms altyd die belangrikste punt op hulle begroting wees?

Shame!

Met Kersfees en Nuwejaar, het die meeste mense reeds besluit hoe hulle gaan suip.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek geniet self ‘n drankie op sy tyd.  Tog is dit altyd ‘n bysaak en nie die hoofrede om sekere goed te vier nie.

Hoe voel jy oor drankstories?

Breinvasbrand:  Is Whiskey van Ierse of Skotse oorsprong?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Angelina Jolie en Johnny Depp.





Oplossing van Week 47 of daarrond

19 12 2011

Algemene Kennis

  1. Johannesburg Dieretuin
  2. Moses (JWW / Olga)
  3. Perdewedrenne (JWW / Olga)
  4. brakke (JWW / Olga)
  5. Jackie Selebi (JWW / Olga)

Uilspieël

  1. Clark – Nie deel van die Batman Groep nie (Olga)
  2. Lam – is nie vark nie (Olga)
  3. 2012 – Is Skrikkeljaar (Olga)
  4. Glen Cambell – nie lid van die Cambells singende broers nie (Olga)
  5. U-Dolphin – Nie ‘n pretpark nie (Olga)

Toorwoorde

  1. Bussie wat gebruik word vir die vervoer van mense en goedere
  2. persoonlike identifikasienommer (Olga)
  3. Dit sal weer goed gaan (Olga)
  4. Vuil (Olga)
  5. Ingenieur (Olga)

Couples Theraphy

  • Versag deur Lexamil – Skoor
  • Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel – Demoerin
  • ‘n Unieke Kombinasie, maar wat het jy meer nodig as ‘n kameel en ‘n lig – Toortsie (Olga)
  • Want die lewe ruik nie na laventel nie – Olga (Olga)
  • My soet en Suur – Turksvy
  • Waar jy kan krap tot jy beter voel – Goggabyt (Olga)
  • sommer woordjies wat waai in die wind en miskien aanklank sal vind – Seegogga (Olga)
  • Waar die klip tref, spring iets dalk uit – Klippie (Olga)
  • Wat brand in my kop – Son (Olga)
  • Sing en kry klaar – Twilight
  • Plattelandse Dominee in die maalkolk van die tyd…- Bileam (Olga)
  • Sit maar so by die see en kyk die mis en die wolke… – Maankind (Olga)
  • 23 weke van dink, besluit en doen…….. – Nadia (Olga)
  • Everything/Anything and…Chess!… – Nikita

Bloggers en hulle taglines (Olga / Toortsie)