Lunch Week 47 / 11

13 12 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Batman; Robin; Clark
  2. Ham; Lam; Gammon
  3. 2010; 2011; 2012
  4. Glen Cambell; Harry Cambell; Tony Cambell
  5. U-Dolphin; Ratanga; Gold Reef City




Martelaar of Sondaar

13 12 2011

Die nuus was gister oorheers gewees met die teregstelling van Janice Bronwyn Linden wat met 3 kg Tik in 2008 in China betrap is.  Op politieke vlak is daar nou groot dramas daaroor, die pers maak ook ‘n sirkus daarvan en die algemene publiek is verdeeld.  Linden het nou die prentjie geword van ‘n vrou op wie die Suid-Afrikaanse regering hulle rug gedraai het.  Daar is ander soos sy – ek lees gister iewers dat daar tans 670 Suid-Afrikaners in buitelandse tronke sit op dwelm verwante klagtes.

Dwelmmuile is beslis nie ‘n swart of wit saak nie.  Diegene wat regtig voordeel uit die smokkelary trek, maak beslis nie hulle hande vuil met die smokkelwerk nie.  Dwelmafhanklikheid, desperaatheid, goedgelowigheid en pleinweg stupidgeid laat meer as genoeg beskikbare donkies vir die vuilwerk.  Die muile is nie eers altyd bewus daarvan dat hulle dwelms smokkel nie en baie muile het doodeenvoudig nie ‘n keuse nie.  Dit in ag geneem, kan ‘n mens verstaan hoekom daar so baie simpatie vir hulle is.

Ek het al gelees van vroue wat ingewillig het om muile te wees omdat hulle op die punt was om hulle huise te verloor of net geen ander uitweg gesien het om hulle kinders te voer nie.  Hoeveel van ons sal regtig 2 keer dink as iemand ons vra om iets vir hulle saam te vat?  Of nee dankie sê as iemand aanbied om vir ons te pak?  Kan mens regtig iemand veroordeel wat inwillig om hulle kinders / eggenoot se lewe te red?  Dom besluite beslis, maar is dit regtig strafbaar met die dood?

Aan die anderkant, gaan niemand slimmer raak as hulle van die gevolge van hulle dom besluite beskerm word nie.  As die 670 Suid-Afrikaners wat tans in buitelandse tronke sit skotvry kom, gaan daar waarskynlik 6700 muile wees wat gevang word.  Die wyslike-banges sal dalk meer gewillig wees om ‘n kans te vat.

Beteken dit egter dat hulle die reg om te lewe verbeur het?  Hulle is immers net die laaste, baie vervangbare skakel in ‘n onsaglike groot netwerk.  ‘n Netwerk wat hulle nie gaan help nie.  As Suid-Afrikaanse burgers is hulle geregtig op beskerming van die regering.  Is dit regtig onredelik om hulle tronkstraf eerder in SA – naby familie – uit te dien as in ‘n vreemde tronk?

Ek verstaan Linden het tot op die einde onskuldig gepleit.  Daar word beweer as sy erken het dat sy skuldig is, dat sy die res van haar lewe in ‘n tronk sou deurbring.  Dit is nie onmoontlik of selfs onwaarskynlik dat sy regtig onskuldig was en iemand die Tik in haar tas gedruk het nie.  Dit is ook nie onmoontlik dat sy presies geweet het wat sy doen nie.

Vraag is of sy ‘n Martelaar vir alle Muile is of ‘n Sondaar was wat as voorbeeld vir ander Muile moet dien?

Breinvasbrand:  In Bridget Jones Edge of Reason, in watter land word Bridget opgesluit nadat dwelms in haar bagasie gevind is?

Breinlosbrand: Kevin