Suip vir die Dood

19 12 2011

Die jaar tel ek ‘n groter bohaai van die Matriekvakansie op as ooit van te vore.  Beeld het juis ‘n reeks wat hulle daaroor beplan en blykbaar het die matrieks geen probleem daarmee nie.  Dit blyk selfs dat hulle trots daarop is.   ‘n Epidemie wat nie net onder matrieks bestaan nie.

Iewers het daar ‘n siening ontstaan dat alkohol gebruik sinoniem met ‘n lekker tyd is.  Hoe meer jy jouself geniet, hoe meer drink jy.  Daar is blykbaar geen rede om die geleentheid te onthou nie.

Ek het onlangs gekuier saam met ‘n vriendin en haar vriendin – kom ons noem haar Marie.  Marie is ‘n Geleentheidsbeplanner vir haar maatskappy en woon baie partytjies by.  Dit val so reg in die partytjiedier se kraal.  Sy het die geselskap oorheers en die heeltyd vertel hoe lekker sy by die of die partytjie gekuier het.  Dit het basies behels van hoe dronk sy gehad het en hoeveel sy gekots het.  Soos sy die een partytjie na die ander se drokenskap opgehaal het, het ek haar jammer gekry.

As kinders was dit altyd vir ons baie vermaaklik om van die ou dae te hoor.  Van wat ons ouers gedoen het.  Die heeltyd wat ek na haar stories geluister het, het ek gewonder wat gaan sy eendag vir haar kinders vertel?  Hoe sy haar naam partytjie na partytjie vergat het in haar drokenskap? Op wie sy al almal gekots het as gevolg van drank en / of dwelms?

Sy was absoluut geskok omdat ek nie een storie gehad het van dronkenskap nie.  Volgens haar waardes is ek iemand wat nie pret kan spel nie en en ‘n nat vadoek.  Ek het haar laat begaan.  Punt is ek het nog nooit vals moed uit ‘n bottel nodig gehad om pret te kan hê nie.  Om dronk rond te val klink in elk geval nie na pret nie.

Dit bring my weer terug na die groep matrieks waarvan Beeld praat.  Gaan dit vir altyd hulle idee van pret of ‘n lekker tyd wees?  Gaan hulle eendag net stories van dronkenskap kan vertel?  Gaan die aankope van drank / dwelms altyd die belangrikste punt op hulle begroting wees?

Shame!

Met Kersfees en Nuwejaar, het die meeste mense reeds besluit hoe hulle gaan suip.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek geniet self ‘n drankie op sy tyd.  Tog is dit altyd ‘n bysaak en nie die hoofrede om sekere goed te vier nie.

Hoe voel jy oor drankstories?

Breinvasbrand:  Is Whiskey van Ierse of Skotse oorsprong?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Angelina Jolie en Johnny Depp.


Aksies

Information

7 responses

19 12 2011
J W W

Whiskey was oorspronklik Iers

Ek hou van lekker kuier, en, ek het in my jong dae ook so tekere gegaan by parties, maar, mens word ouer, meer verantwoordelik (wel ek hoop so) en besef mens kan nie so aangaan nie…. afterall drank het baie duur geword.

😆

19 12 2011
Gerda. J

die meeste ouers het geen probleem met hulle kinders se uitermatige drinkery en flirtasie met dwelms nie. kom die kinders in die moeilikheid, is die die lewe se skuld.

19 12 2011
Selene Phoenix

Ek het ook bietjie gekuier toe ek jonger was… maar as ek vandag dink wat met mens alles kan gebeur in ons land is ek deesdae te bang om uit te gaan! Mens hoor soveel horror storie van drankies spike, verkragting en motor ongelukke wat deur dronk bestuurders veroorsaak word. En watse vrou brag oor opgooi agv drank? Gross!

Ek is altyd die designated driver as ons na ‘n braai toe gaan, want ek wil nie ‘n kans vat nie – so ja ek is eerder bang Jan as party Jan – en spoil soms mense se aand omdat ek nugter is en nie vir hulle grappies lag nie! Maar dis fine met my, ek het vrede daarmee gemaak… ek het ook nie drank nodig om myself te geniet nie.

Om dinge erger te maak, nou dat ek swanger is word ons nie eens genooi nie – seker maar ‘n party pooper! Go figure!!

Ek sien altyd op na Nuwe Jaar (my pa is op die 1ste oorlede) So ek het lank laas “groot” gegaan oor nuwe jaar.

En daar skryf ek amper ‘n boek! Seker omdat ek lank laas hier was!

19 12 2011
Nadia

Ek dink die lekkerste partytjies wat ek ooit bygewoon het tot nou is as jy net so simpel is soos die dronkies sonder om ‘n druppel of te wel bitter min te drink …… alhoewel ek nie sommer borrels op nuwe jaar sal verbyloop nie 😉 My gunsteling drank storie is van my ma en my pa wat na ‘n troue is op die vooraand van ons vakansie na die Kaap (ons het toe nog in Windhoek gebly). Hulle het altwee besluit om niks te drink behalwe druiwesap nie, want ons moes vroeg in die pad val. Die volgende oggend toe hulle egter wakker word kom hulle agter dat hulle verslaap het en ook nie die hek of die motorhuisdeur toegemaak het toe hulle by die huis gekom het nie en ook al die ligte van die huis aanvergeet het ….. dit kom nou net van druiwesap drink 😉

Hier skryf ek ook ‘n boek …. Selene – sterkte met die swangerskap oor die feesdae!

19 12 2011
Selene Phoenix

Dankie Nadia!! 😀

19 12 2011
Toortsie

Hoe voel ek oor drankstories???? Soos die een wat te veel gedrink het! Dis AAKLIG!

20 12 2011
MaanKind

Ek dink steeds net net ‘n klein groep wat so uithaak. EN hulle haak by die huis ook so uit.
Ek kuier maklik op ‘n liter sodawater en bitters. Waar gesuip word, kuier ek nie. En in my huis word nie gesuip nie. Doodeenvoudig. Ons skink elke aand ietsie. EEN drankie. En geniet hom.

Lewer kommentaar