Koerantbrokkies

7 12 2011

Jammer julle… maar die koerant is BAIE laat… en BAIE kort!

Die twee tertjies jammer ek kan nie s lelik van meisies praat nie… die twee meisies wat ‘n hoender mishandel het deur dit soos ‘n sokker bal rond te skop, en dit af te neem gaan moontlik nie van dieremishandeling aan gekla word nie! 👿

Die Kruger Nationale Wildtuin gaan nie meer vir mense sê waar die renosters gesien was nie. Wie blameer hulle? 229 renosters is al vanjaar in die wildtuin gestroop! 👿

Die Matriek leerling wie deur ‘n bloulig motor raak gery is en al van 5 Nov in ‘n koma is sonder enige hulp (geld) van die gaan moontlik permanente breinskade hê.





Skandes of Geheime

7 12 2011

Vermetelheid!!  Tannie Gypsy het my ook met my huiswerk gedrop 😉 , maar ek moet seker die voorbeeld stel.  Ek moet darem iets wees, al is ek dan nou maar net voorbeeldig.  Daar is nie juis skandes is wat ek kan verklap nie.  Laat ek maar probeer . . .

  1. Ek het in gr 2 by die skool myself nat gemaak.  Nee, ek het nie die verskoning van ‘n swak blaas of iets gehad nie.  Ek het lank voor my tweede verjaarsdag my doeke vaarwel geroep – selfs wanneer ek geslaap het.  Ek het wel ‘n teef van ‘n juffrou gehad.  Sy was nie in die klas vir Kamerverlaat nie en my knyppers het die stryd verloor.  Gee die duiwel wat haar toekom, sy het nie juis ooghare vir my gehad nie.  Daardie dag was sy nogal simpatiek en het selfs die klaskamerreëls so ‘n bietjie aangepas.
  2. Ek was al by ‘n Koert Derm (ook bekend as Kurt Darren) konsert.  Was by ‘n klein Vrystaat dorpie se skou waar ek moes gewerk het.  ‘n Outjie so 3 stalletjies het my uitgevra vir die aand en dit was al wat daar was om te doen in die dorp.
  3. Ek moet erken – ek is nie ‘n groot Deon Meyer aanhanger nie.  Ek sal sy boeke van tyd tot tyd lees en sal hulle selfs goed vind.  Objektief beoordeel.  Ek gee dus toe dat hy ‘n briljante skrywer is, maar ek hou nog steeds nie van die tipe boeke wat hy skryf nie.
  4. Ek is ‘n draadsitter, maar nie ‘n pasifis nie.  Ek is ‘n optimis, maar skram nie weg van die harde realiteit van die lewe nie.  Ek is skaam, maar word nie maklik geintimideer nie.
  5. Ek het al verskeie sokkerwedstryde bygewoon, maar was nog nooit by ‘n groot rugbywedstryd nie.  My een uitstappie na Loftus was vir sokker.  Ek was selfs al by internasionale krieket gewees.  Ek hou egter meer van rugby as van krieket en sokker saam.
  6. As ek soms so luister na mense, blyk dit om ‘n prestasie te wees om so dronk te wees dat jy nie meer kan onthou wat gebeur het nie.  Ek het nog nooit so ‘n geval gehad nie en geen planne om deel van die groep te raak nie.  Ek wil in beheer bly en dus sal ek sorg dat ek myself nooit te buite gaan nie.
  7. Ek is eintlik baie vervelig.  Niks om oor huistoe te skryf of opgewonde te raak nie.  Ek meen, ‘n biografie van my lewe sal ‘n mors van goeie papier wees en die onnodige moord van ‘n paar bome wees.

Ek weet nie wie was nog nie getag nie.  Ek sien egter nie dat Gogga, Nadia of Sonlig iewers getag is nie.

Breinvasbrand:  Op watter kanaal word Scandal uitgesaai?

Breinlosbrand:  Krista was reg met 10 Oktober.