Seetyd

9 12 2011

Ekke is tog lekker by die bitch!!  :mrgreen:

Ek gaan sandkastele optel en skulpe bou.  😆  Dan gaan ek met die vissies speel en lekker rooi koeldrank drink.  😀  Ek gaan my voete mooi geel maak en dan gaan ek nog ‘n mooier heksie wees.

Tata Maatjies, ek moet nou gou gaan granate en khakibos eet.





Ryloper

9 12 2011

Olga laat my nou dink . . .

Ek het my eerste kar gekry voordat ek nou heeltemal klaar geswot was.  Natuurlik met ‘n ellelange lys van terme en voorwaardes.  Die lys van vermanings was amper nog langer gewees.  Een van die fynskrifte – wat in die geval glad nie juis fyn, klein of versteek was nie – was dat ek onder een omstandighede rylopers mag optel nie.

Ons was relatiewe soet en voorbeeldige studente gewees.  Ons het selfs weekliks ons sterte in die kerk gekry.  Die spesifieke Sondag was die barmhartige samaritaan aan die beurt gewees.  Besielende preek, een van die wat ‘n mens sommer net daar in werking wil stel.  Al is dit dan nou ‘n Sondagaand.  Maandag sou daar in elk geval ander goed in my kop gewees het.

Oppad terug koshuis toe, sien ons toe die vrou langs die pad staan.  Om presies te wees:  In die donker Kerkstraat wat ek nou nie as veilig sal beskou nie.  Dit is nog boonop ‘n blanke vrou wat redelik desperaat lyk.  In elk geval, ek het nou wel die kar, maar aangesien ek nie die paaiement, petrol of versekering betaal het nie, was daar geen waarborge dat ek die kar kan hou nie.  Ek ry toe maar verby.

Nou hier is die probleem met ‘n besielende preek, dit spreek mos ook nou jou gewete aan.  Buitendien is die predikant mos van ‘n hoër gesag as jou ouers.  Dit is buitendien ‘n groter sonde om jou rug op iemand in nood te keer as om met apostelperde deur die lewe te gaan.  Buitendien is die idee mos dat ons veilig moet wees.

Dit was nog die dae wat almal ‘n ekstra slotjie of dingetjie gehad het.  My vriendin gaan sit toe agter in die kar met die stuurwiel slot en ons draai om om te kyk of die vrou nog staan.  Wragtig, omtrent net ‘n blok laer as wat ons haar gewaar het.  Toe ons langs haar stop, was sy al in trane.  Haar kinders moes haar blykbaar kom haal het en hulle het nooit opgedaag nie.  Ons het haar in die stad afgelaai en is heel selfvoldaan huistoe.

Ek moet erken dat ek ‘n paar keer nadat weer ‘n ryloper opgetel het.  Veral as die ryloper vrou-alleen op ‘n verlate pad was.  Ironies genoeg moes ek altyd omdraai omdat my gewete my aangespreek het.

Dat ‘n paar drolle dit vir alle onskuldiges bederf het.

Breinvasbrand:  Wie het in 1997 ‘n treffer gehad met “Hitchin’ a Ride”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Superman.