Ontwaak

6 10 2011

Slaap en sluimer is opsigself lekker.  Die ontwaking is ook nie noodwendig sleg nie.  Veral as jy die luimering se vingers een vir een kan ontknoop om die dag “Bright eye and bushy tail” in te gaan.  ‘n Ongeskikte wekker wat op jou skree kan ook nog gaan.  Selfs al is dit 6 uur op ‘n Maandagoggend.

Dan is daar die metodes wat wakker skrik ongemaklik letterlik maak.  Niemand is op hulle varste net nadat hulle wakker geword het nie.  Dus is die skrik des te groter.  En dit is ‘n skrik waarvoor koffie nie help nie.  Ek dink my hare sal vir ‘n maand pen orent staan as ek in die middel van die nag deur die huisalarm gewek word.  Ek het die gebeurtenis al ‘n keer of wat vroegoggend beleef as iemand die deur oopmaak sonder om die nodige te doen.  Dit grens aan martel om eers vir die oproep te wag voordat jy verder kan slaap.  As jy weer aan die slaap raak.

Vals alarm is seker 20 000 keer beter as die ware Jakob.  Waar iemand probeer om wederregtelik by jou kaia in te kom of selfs al klaar binne is.  Dit is dan redelik seker dat jy probleme het, al weet jy nog nie presies wat die omvang is nie.  Tyd sal wel leer.

Ek het een oggend wakker geword met ‘n kar wat opgewen word asof die eienaar aan ‘n grand prix gaan deelneem.  Ek het tot in my kleintoontjie lekker gekry toe die kar deur iets bars.  Tot ek natuurlik besef het die sot is nou in my erf, juis daar waar my kar staan.  Skielik het ek nie meer so lekker gekry nie.  Ek kan my net indink hoe dit moet voel as jy wakker word soos ‘n vragmotor deur jou kamer ploeg.  Daar kan jy nog iemand aanrand, maar wat as dit ‘n tornado, vloed of selfs ‘n modderstorting is.  Slaap is nie vir sissies nie.

Daar is seker ook die gewone drama in die kleine in jou eie huis.  Dinge wat wil skeef loop, wag gewoonlik nie vir ‘n tyd wat dit vir jou geleë is nie.  Ek het nou die dag wakker geword met die gedagte dat die geyser gegroet het.  Sonder veel hoop het ek gaan seker maak dat dit nie die toilet is wat vreemde geluide maak nie.  Natuurlik nie.  Toe ek uitstorm om te gaan kyk wat die skade is, kom ek agter dat een van my gaste gaan bad het.  Ek weet, nie my slimste oomblik nie.

Wat is die wreedste wakker word wat jy oorleef het?  Hoe sal jy elke oggend wakker word as jy kon?

Breinvasbrand:  Wie het vir 20 jaar lank geslaap?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1949

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

6 10 2011
Growing up Dane

Breinvasbrand: Rip van Winkel.

6 10 2011
Sonlig

My wreedste oomblik van wakkerword was ongetwyfeld in matriek op die dag van my Biologie rekordeksamen toe ek besef dis 7-uur en nie 5-uur soos wat beplan was nie. Ek het nog twee hoofstukke, die manlike- en vroulike geslagstelsel, oorgehad om te te leer en moes die wekker doodgedruk en verder geslaap het.

Ja, ja…ek moes seker BAIE vroeër my werk klaar geleer het, maar ek was ‘n “crammer” en het die twee hoofstukke tot laaste gelos, want dit was..wel…..eeeeuuuuwwww!!!!!

(Gelukkig vir my het die eksaminator ook gedink die werk is nie té belangrik nie)

6 10 2011
MaanKind

Ek word elke oggend self wakker. Dis hemel. As ek badkamer toe gaan, hoor my liewe MaanMan die vloerplanke kraak, dan bring hy tee. Die enigste tye wat die wekker gestel word, is wanneer ons of ons kuiermense ‘n vroeë vlug moet haal.

6 10 2011
Olga

wreedste ontwaking was 2am op n koue winter-more. Die hond, herbie op my, waar hy my hap. Ek wou eers op hom gil, toe het ek besef dis nie normaal nie. Ek het hom gevolg na n smal, lang venster in die sitkamer. Daar het hy vasgesteek, in die ligkol van die straatlig. Ek het asem opgehou, die gordyn vinnig weggepluk. Daar staan die man, besig om die venster oop te sny. Ek weet nie wie die grootste geskrik het nie. Ek, toe ek hom gesien het, of hy toe hy die .38 special in my hand gesien het nie.

6 10 2011
demoerin

Ek kan nie enige wrede ontwakings onthou nie. Lisa het wel die manier om ‘n paar oggende per week so teen 4 uur te besluit sy het nou klaar geslaap, en dat dit ‘n goeie tyd is om haar repertoir van geluide en lag te oefen.

6 10 2011
Selene Phoenix

Deesdae praat ons African Grey my wakker, maar ek kla nie! Dis heel cute! Ek kan dan lekker vir haar lê en luister 🙂

Ek sal nie omgee om wakker te word wanneer ek wil nie… slaap tot ek nie meer wil slaap nie en dan besluit om op te staan! O ja, met koffie langs die bed, ontbyt en die koerant!

6 10 2011
Gerda. J

my vriendin se baba se kot was tussen haar bed en die muur. sy het eennag wakker geskrik van haar baba se gille. sy het opgespring en hom uit die kot gegryp. haar man het die lig aangesit en tm het die reuk en prent hulle getref. hy het genommer 2 wakker geword en sy handtie in sy doek gekry. toe het hy die kot, homself en die muur daarmee gepleister. hy was toe 10 maande oud en sy weer hoog swanger. haar kinders is 11 en n half maande uitmekaar. ek dink steeds dit moes n “a rude awakening” gewees het. ek kan darem byse die seun is in die middel 30’s en het n baie mooi vel. 😉

6 10 2011
Gerda. J

ek myself het net een nag wakker geskrik van die baba hondjie se ge tjank. hy het uit sy mandjie gekom sy ‘besigheid’ gedoen en toe kou gekry. toe gly en deur die nr 2 en val boude en al in die nr1. nie die beste rede vir n middel van die nag bad nieg

6 10 2011
Gerda. J

hoekom is ek gemoderate? werk julle met kos?

6 10 2011
JWW

Elke donnerse oggend, maandag tot vrydag word ek ergerlik wakker geforseer deur die stupid klokradio piep piep piep jy moet werk toe gaan…….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: