Halloween Dipapteek

29 10 2011

Hallo Maatjies

In party plekke oor die water is dit amper weer tyd vir Halloween.  🙂  Ek het my ouma Heldina gevra hoekom hou ons nie Halloween nie.  :mrgreen:  Sy het gesê want dit is sommer simpel pretoors.  😯  Toe gaan vra ek Ouma Laviga.  Dit is wat sy my vertel het.

In ander lande het die heksies, spoke en monstertjies al die maatjies bang gemaak.  😡  Die merrierige goed!!!  👿  Ek is bly ek ken hulle nie.  😈  Nie een van die maatjies wou toe met hulle speel nie.  😈  Nee, die maatjies het hulle toe begin bang maak.  🙄  Elke keer wat ‘n maatjie hulle gesien het, het die maatjies begin skree en dan het hulle geskrik!  Njannies!!

Dit was toe tyd vir ‘n bietjie dipapteek.  😆  Die heksies en die monstertjies en die spokies moes vir die maatjies wys dat hulle eigenlik gaaf is.  😀 Toe maak hulle Halloween sodat almal saam kan speel.

Ons het nooit die maatjies bang gemaak nie en ons het nog altyd saamgespeel.  :mrgreen:  Daarom het ons nie Halloween nodig nie.

Julle het dit tog nooit geweet nie.  Sien, ek is die mooiste en slimste heksie wat julle ken.


Aksies

Information

2 responses

29 10 2011
Olga

Whoop whoop. kom ons drink rooi koelas op die mooiste en slimste heksie wat ons ken.
1
2
3
blok vir viga.

29 10 2011
toortsie

Dankie Viga dat jy ons so mooi leer. Jy moet my leer van al die nuwe gesiggies wat jy maak wat ek nog nie ken nie.
Nag Viga, lekker slapies!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: