Martelaar of Sondaar

13 12 2011

Die nuus was gister oorheers gewees met die teregstelling van Janice Bronwyn Linden wat met 3 kg Tik in 2008 in China betrap is.  Op politieke vlak is daar nou groot dramas daaroor, die pers maak ook ‘n sirkus daarvan en die algemene publiek is verdeeld.  Linden het nou die prentjie geword van ‘n vrou op wie die Suid-Afrikaanse regering hulle rug gedraai het.  Daar is ander soos sy – ek lees gister iewers dat daar tans 670 Suid-Afrikaners in buitelandse tronke sit op dwelm verwante klagtes.

Dwelmmuile is beslis nie ‘n swart of wit saak nie.  Diegene wat regtig voordeel uit die smokkelary trek, maak beslis nie hulle hande vuil met die smokkelwerk nie.  Dwelmafhanklikheid, desperaatheid, goedgelowigheid en pleinweg stupidgeid laat meer as genoeg beskikbare donkies vir die vuilwerk.  Die muile is nie eers altyd bewus daarvan dat hulle dwelms smokkel nie en baie muile het doodeenvoudig nie ‘n keuse nie.  Dit in ag geneem, kan ‘n mens verstaan hoekom daar so baie simpatie vir hulle is.

Ek het al gelees van vroue wat ingewillig het om muile te wees omdat hulle op die punt was om hulle huise te verloor of net geen ander uitweg gesien het om hulle kinders te voer nie.  Hoeveel van ons sal regtig 2 keer dink as iemand ons vra om iets vir hulle saam te vat?  Of nee dankie sê as iemand aanbied om vir ons te pak?  Kan mens regtig iemand veroordeel wat inwillig om hulle kinders / eggenoot se lewe te red?  Dom besluite beslis, maar is dit regtig strafbaar met die dood?

Aan die anderkant, gaan niemand slimmer raak as hulle van die gevolge van hulle dom besluite beskerm word nie.  As die 670 Suid-Afrikaners wat tans in buitelandse tronke sit skotvry kom, gaan daar waarskynlik 6700 muile wees wat gevang word.  Die wyslike-banges sal dalk meer gewillig wees om ‘n kans te vat.

Beteken dit egter dat hulle die reg om te lewe verbeur het?  Hulle is immers net die laaste, baie vervangbare skakel in ‘n onsaglike groot netwerk.  ‘n Netwerk wat hulle nie gaan help nie.  As Suid-Afrikaanse burgers is hulle geregtig op beskerming van die regering.  Is dit regtig onredelik om hulle tronkstraf eerder in SA – naby familie – uit te dien as in ‘n vreemde tronk?

Ek verstaan Linden het tot op die einde onskuldig gepleit.  Daar word beweer as sy erken het dat sy skuldig is, dat sy die res van haar lewe in ‘n tronk sou deurbring.  Dit is nie onmoontlik of selfs onwaarskynlik dat sy regtig onskuldig was en iemand die Tik in haar tas gedruk het nie.  Dit is ook nie onmoontlik dat sy presies geweet het wat sy doen nie.

Vraag is of sy ‘n Martelaar vir alle Muile is of ‘n Sondaar was wat as voorbeeld vir ander Muile moet dien?

Breinvasbrand:  In Bridget Jones Edge of Reason, in watter land word Bridget opgesluit nadat dwelms in haar bagasie gevind is?

Breinlosbrand: Kevin

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

13 12 2011
turksvy

As sy rerig onskuldig was…jammer vir haar, maar ek het nie meer geduld vir mense wat sulke kanse wil vat nie. Daar is genoeg horror stories wat my 2x sal laat dink voor ek ‘n muil word.

13 12 2011
klippie

Veral as mens lees van die toestande in tronke in die Ooste en van die Suid-Amerikaanse lande. Maar nee dankie, ek sal ook nie in ‘n Suid-Afrikaanse tronk wil sit nie.
Soos Xena sê, daar is altyd die moontlikheid dat sy wel onskuldig was, maar daar is so baie waarskuwings om ander mense nie jou tas te laat pak nie en om nie iets vir iemand af te lewer oorsee nie, dat enigeen twee keer moet dink voordat hy of sy so iets doen.

13 12 2011
Olga

thailand?

13 12 2011
Olga

of sv skuldig of onskuldig is, is nie relevant nie. Wat wel is, is die onvermoe van die suid afrikaanse president om as bemiddelaar op te tree. Kom ons kyk na die aurora skandaal. Sy en mandela se familielede is betrokke. Hul daag eenvoudig net nie op by verhore nie en geen haan kraai daarna nie. Een van hulle se verskoning is dat hy TE VET IS OM IN DIE HOF TE VERSKYN terwyl die mense wie vir hom gewerk het in ellende vergaan. Maar hy durf cop 17 aan soos 1 met al die insig. Tjk.

Dis regtig n kwessie wat my verdeeld laat. Maak nie saak hoe verdeeld ek daaroor voel ni, dit regverdig nie die doodstraf nie.

13 12 2011
Son

Ek gaan nou seker op julle tone trap, maar WEET julle hoe lyk iemand wat aan dwels verslaaf is!? ENIGE EEN wat dwelms smokkel, verdien die doodstraf. Klaar!

13 12 2011
Olga

ek kan amper saamstem, dis net, niemand dwing die dwelm-gebruiker om dit te gebruik nie.

13 12 2011
J W W

Dwelms, maak baie mense dood, dis verseker, veral jong kinders / tieners. MAAR, om die muil die doodstraf te gee, gaan absoluut nie die bedryf stop nie !!!!

13 12 2011
Olga

Janice Bronwyn Linden (hdf kry ‘n Zulu so ‘n naam?) se as is nog nie eers koud nie en daar word ‘n ander swartvrou aangekeer met kokaiene in haar rastavlegsels versteek. Ekskuus my, iemand anders het ook seker haar tas gepak.

14 12 2011
Son

Iemand anders het seker haar hare gevleg 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: