Skandes of Geheime

7 12 2011

Vermetelheid!!  Tannie Gypsy het my ook met my huiswerk gedrop 😉 , maar ek moet seker die voorbeeld stel.  Ek moet darem iets wees, al is ek dan nou maar net voorbeeldig.  Daar is nie juis skandes is wat ek kan verklap nie.  Laat ek maar probeer . . .

  1. Ek het in gr 2 by die skool myself nat gemaak.  Nee, ek het nie die verskoning van ‘n swak blaas of iets gehad nie.  Ek het lank voor my tweede verjaarsdag my doeke vaarwel geroep – selfs wanneer ek geslaap het.  Ek het wel ‘n teef van ‘n juffrou gehad.  Sy was nie in die klas vir Kamerverlaat nie en my knyppers het die stryd verloor.  Gee die duiwel wat haar toekom, sy het nie juis ooghare vir my gehad nie.  Daardie dag was sy nogal simpatiek en het selfs die klaskamerreëls so ‘n bietjie aangepas.
  2. Ek was al by ‘n Koert Derm (ook bekend as Kurt Darren) konsert.  Was by ‘n klein Vrystaat dorpie se skou waar ek moes gewerk het.  ‘n Outjie so 3 stalletjies het my uitgevra vir die aand en dit was al wat daar was om te doen in die dorp.
  3. Ek moet erken – ek is nie ‘n groot Deon Meyer aanhanger nie.  Ek sal sy boeke van tyd tot tyd lees en sal hulle selfs goed vind.  Objektief beoordeel.  Ek gee dus toe dat hy ‘n briljante skrywer is, maar ek hou nog steeds nie van die tipe boeke wat hy skryf nie.
  4. Ek is ‘n draadsitter, maar nie ‘n pasifis nie.  Ek is ‘n optimis, maar skram nie weg van die harde realiteit van die lewe nie.  Ek is skaam, maar word nie maklik geintimideer nie.
  5. Ek het al verskeie sokkerwedstryde bygewoon, maar was nog nooit by ‘n groot rugbywedstryd nie.  My een uitstappie na Loftus was vir sokker.  Ek was selfs al by internasionale krieket gewees.  Ek hou egter meer van rugby as van krieket en sokker saam.
  6. As ek soms so luister na mense, blyk dit om ‘n prestasie te wees om so dronk te wees dat jy nie meer kan onthou wat gebeur het nie.  Ek het nog nooit so ‘n geval gehad nie en geen planne om deel van die groep te raak nie.  Ek wil in beheer bly en dus sal ek sorg dat ek myself nooit te buite gaan nie.
  7. Ek is eintlik baie vervelig.  Niks om oor huistoe te skryf of opgewonde te raak nie.  Ek meen, ‘n biografie van my lewe sal ‘n mors van goeie papier wees en die onnodige moord van ‘n paar bome wees.

Ek weet nie wie was nog nie getag nie.  Ek sien egter nie dat Gogga, Nadia of Sonlig iewers getag is nie.

Breinvasbrand:  Op watter kanaal word Scandal uitgesaai?

Breinlosbrand:  Krista was reg met 10 Oktober.


Aksies

Information

13 responses

7 12 2011
Klip

A man saved his girlfriend’s phone number as “LOW BATTERY”

So whenever she calls in his absence, his wife takes the phone and

Plugs it to the charger!

Give that man a Bells.

8 12 2011
Xena Phoenix

Sy vrou is duidelik blond

7 12 2011
Olga

etv.
Wow! Daar is geraamtes in jou kas.

8 12 2011
Xena Phoenix

Miskien

7 12 2011
Klip

Please Hear What I’m Not Saying
Don’t be fooled by me.
Don’t be fooled by the face I wear for I wear a mask,
a thousand masks,
masks that I’m afraid to take off,
and none of them is me.

Pretending is an art that’s second nature with me,
but don’t be fooled, for God’s sake don’t be fooled.
I give you the impression that I’m secure,
that all is sunny and unruffled with me,
within as well as without,
that confidence is my name and coolness my game,
that the water’s calm and I’m in command and that I need no one,
but don’t believe me.
My surface may seem smooth but my surface is my mask,
ever-varying and ever-concealing.
Beneath lies no complacence.
Beneath lies confusion, and fear, and aloneness.
But I hide this.
I don’t want anybody to know it.
I panic at the thought of my weakness exposed.
That’s why I frantically create a mask to hide behind,
a nonchalant sophisticated facade,
to help me pretend,
to shield me from the glance that knows.

But such a glance is precisely my salvation,
my only hope, and I know it.
That is, if it’s followed by acceptance,
if it’s followed by love.
It’s the only thing that can liberate me from myself,
from my own self-built prison walls,
from the barriers I so painstakingly erect.
It’s the only thing that will assure me of what I can’t assure myself,
that I’m really worth something.
But I don’t tell you this.
I don’t dare to, I’m afraid to.
I’m afraid your glance will not be followed by acceptance,
will not be followed by love.
I’m afraid you’ll think less of me,
that you’ll laugh, and your laugh would kill me.
I’m afraid that deep-down I’m nothing
and that you will see this and reject me.

So I play my game, my desperate pretending game,
with a facade of assurance without and a trembling child within.
So begins the glittering but empty parade of masks,
and my life becomes a front.
I tell you everything that’s really nothing,
and nothing of what’s everything,
of what’s crying within me.
So when I’m going through my routine
do not be fooled by what I’m saying.
Please listen carefully and try to hear what I’m not saying,
what I’d like to be able to say,
what for survival I need to say,
but what I can’t say.

I don’t like hiding.
I don’t like playing superficial phoney games.
I want to stop playing them.
I want to be genuine and spontaneous and me
but you’ve got to help me.
You’ve got to hold out your hand
even when that’s the last thing I seem to want.
Only you can wipe away from my eyes
the blank stare of the breathing dead.
Only you can call me into aliveness.
Each time you’re kind, and gentle, and encouraging,
each time you try to understand because you really care,
my heart begins to grow wings–
very small wings,
very feeble wings,
but wings!

With your power to touch me into feeling
you can breathe life into me.
I want you to know that.
I want you to know how important you are to me,
how you can be a creator–an honest-to-God creator–
of the person that is me if you choose to.
You alone can break down the wall behind which I tremble,
you alone can remove my mask,
you alone can release me from my shadow-world of panic,
from my lonely prison,
if you choose to.
Please choose to.

Do not pass me by.
It will not be easy for you.
A long conviction of worthlessness builds strong walls.
The nearer you approach to me the blinder I may strike back.
It’s irrational, but despite what the books say about man
often I am irrational.
I fight against the very thing I cry out for.
But I am told that love is stronger than strong walls
and in this lies my hope.
Please try to beat down those walls
with firm hands but with gentle hands
for a child is very sensitive.

Who am I, you may wonder?
I am someone you know very well.
For I am every man you meet
and I am every woman you meet.
~ Charles C. Finn, September 1966

7 12 2011
MaanKind

Baieooreenkomnste! Ek kan met als assosieer, behalwe die Kut Dareen en sokker. (Maar ejk het ‘n Kurt Darren CD)

8 12 2011
Xena Phoenix

Jou reputasie lê in flarde

7 12 2011
Son

Jy is glad nie vervelig nie, vat my woord daarvoor 😉

8 12 2011
Xena Phoenix

Vervelig is in die eyes of the beholder. 😉

In my vorige lewe as Grace O’Malley was dit ‘n ander storie. Sal julle nie nou daarmee verveel nie

7 12 2011
JWW

Vervelig, is die feit dat ons lanklaas ‘n blogjol / kuier gehad het . . . . .

8 12 2011
Xena Phoenix

Nou reel vir ons een. Voordat die Ousie trou.

8 12 2011
Nadia

Ai, dat die “vervelige” VOORBEELDIGE bloggers dit nou goeddunk om ander se sondes so te wil uitwys ……. glad nie so vervelig en voorbeeldig soos wat sekere mense mag dink nie 😉

Ek sal eers mooi moet gaan dink oor watter sondes/geheime kan wel in die openbaar geuiter word!

8 12 2011
Toortsie

Ek moet in skaamte erken dat ek ook by ‘n Kurt Darren konsert op Struisbaai was. Ons het ons vrek gelag vir sy aangeleerde bewegings, en na my mening is hy nie besonder nootvas nie.
Het ook nog nie Deon Meyer gelees nie, my man het wel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: