Gemufdhede

9 09 2015

O aarde!  ‘n Week se gedwonge internetloosheid het gemaak dat ek nie vir Scrapy van soek kon vertel nie.  Glo my, ek is ‘n kenner van soek.  Water onder die brug.  Vandag se huiswerk gaan oor oudhede.

Ek kon nog nooit die bohaai van ou, gemufde goed verstaan nie.  Sommige mense noem dit antieke ware.  Hoekom sal jy deur jou ore wil betaal vir 10de-handse meubels as jy dit vir ‘n fraksie van die prys nuut kan kry?  Ek het wel van plan verander nadat ek die eerste keer die Sammy Marks museum besoek het.  Toe kon ek ook die malligheid verstaan.

Dit is nogal ironies. Meubelstukke wat dekades en eeue lank bestaan en nogsteeds na generasies se gebruik in ‘n puik toestand is.  Sal ‘n mens se sitkamer of eetkamerstel jou leeftyd hou?  Dan praat ons nie eers van jou nageslagte nie.  Daar is natuurlik ‘n rede daarvoor.  As dit generasies lank gaan hou, gaan jy geen rede hê om nog te koop nie.  Dit wil die vervaardigers nie hê nie.  Dit is nog erger met elektroniese goed.  Hoe later die model, hoe vinniger sal jy dit moet vervang.  Dit is skandalig.

Dit laat my aan die veteraankarre dink.  Dit is natuurlik ‘n stokperdjie van ‘n ander aard.  Punt is egter dat mense dit vandag nog kan ry.  Hulle kan selfs Afrika deurtoer met die antieke voertuie.  Hoeveel moderne karre kan Afrika deurkruis sonder om herstelwerk langs die pad te benodig?  Gaan jou kar oor 10, 20 of selfs 50 jaar nog padwaardig wees?  Indien wel, ry jy nie ‘n nuwerige model kar nie.  Mense lag dalk nou vir jou kar, maar jy sal wel die laaste lag hê.

Ek hou wel van ou huise.  Ek het ‘n vriendin wat in ‘n huis woon wat ouer as ‘n 100 jaar oud is.  As daardie mure darem kon praat?  ‘n Eeu van vreugdes, tragedies, skandes, skinderstories en raaisels.  Dalk nog met die antwoord op die raaisel.  Wanneer haar TV oppak sal sy geen ander vermaak nodig hê nie.

My droomhuis sal natuurlik ‘n kasteel in die middle van ‘n woud wees.  Ek sal vingeralleen daar bly, mits daar natuurlik internet en elektrisiteit is.  Wel, vingeralleen met my ego, gesplete persoonlikheid, die hekse en hulle diere.  Ek sal wel die enigste mens wees.  Wanneer ek nie meer na my gemors kan kyk nie, sal ek net na ‘n ander vleuel verhuis.  Daar is egter net een klein tegniese probleempie.  Sulke kastele het spoke en ek hou nie van spoke nie.

So bly ek maar in my moderne huisie, met moderne meubels, met ‘n moderne (maar AWESOME) kar.  Sal alles seker een of ander tyd moet vervang, maar ten minste is hier nie spoke nie.

Breinvasbrand:  Wat was Sammy Marks se vrou se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Robbie Gould.

Advertisements

Aksies

Information

27 responses

9 09 2015
rondomtaliedraai

Ek staan nie te sterk op ou goed nie… meer praktiese werk vir my!

10 09 2015
Xena Phoenix

Ek stem veral vir die praktiese wat hulleself kan skoon hou en gebruik.

9 09 2015
HesterLeyNel

My man sê spoke pla hom niks nie, solank hulle net nie sy kos eet en sy drank drink nie. Ek hou ook van ou huise, maar wil nie daar woon nie. Te veel werk en onderhoud.

10 09 2015
Xena Phoenix

Ek is dalk nog banger vir werk as vir spoke. Sug! Spoke eet en drink glo nie, maar ek vat maar eerder nie kanse nie.

9 09 2015
Olga

Bertha nee Guttman. Weet jy in die Sammy Marks huis, in die laaste kamer het die spook aan my boed gevat nog voordatdie toergids gese het dis die spookkamer. ek het amper van skok omgekom.

9 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ha ha, wat n skok was dit seker vir jou! n Regte spook!

10 09 2015
Olga

Ja, ‘n regte spook. Ek kyk nogal om, om te ontdek ek staan teen die muur. Glo my, met een tree van ek amper op die bed waarop die skepsel in die lewe geslaap het.

10 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Klink maar grillerig of heel spokerig! My genade nou hoor ek net oor nuus hier dat daar n nuwe menslike gebeentes iewers in Johannesburg opgegrawe is. Geen wonder die spoke loop rond nie!

10 09 2015
Xena Phoenix

Gelukkig het daardie spook my nog sover uitgelos. Sien die Sammy Marks museum jou ooit weer?

10 09 2015
Olga

Sy vatterige handjie klap ek reg om sy kop vas. Buitendien, hy kan nie hou wat hy vat nie. 😆 Hy kan Blyde se spoke gaan vra. Olga laat haar nie sommer koudsit nie.

14 09 2015
Kameel

Olga nou het jy my laat lag. Ek het gehoor daardie spook is stout. Was glo ‘n vriend wat daar besoek kom aflê het, en toe sommer tot met sy dood aangebly het. Dit is nou al ek reg kan onthou.

9 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Jammer om te hoor van die elektroniese “break down”. Bly jy is weer terug. Dankie vir jou oudhede vertelling. Daar is tog voordele en nadele aan alles.

10 09 2015
Xena Phoenix

Op hierdie oomblik stel ek net belang aan ou geld. Dink jy Betty White soek ‘n kleindogter? Sy het nie een nie en sy moet iets met haar fortuin maak.

10 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Doen aansoek en gee bewyse , moontlik staan jy n kans!

10 09 2015
10 09 2015
Toortsie

Ja. Ou huise het spoke. My ou huis het ook spoke, maar ons lol nie met mekaar nie. Ons gee mekaar ruimte. Elkeen leef gelukkig in sy eie tyd! Seker dié dat my neef nie graag by my huis kom slaap nie…

10 09 2015
Toortsie

Jy sal maar die soekstorie ook moet skryf, en dan moet jy my kom help soek na die skat… 😉

10 09 2015
Xena Phoenix

Wat kry ek as ek die skat kry? Is die skat dalk op een van daardie bote wat vol skatte gesink het?

10 09 2015
Toortsie

Sal moet loop soek… dan kan ons besluit.

10 09 2015
ekmyselff

Ou plaashuis sal vir my werk MAAR hy MOET reg front sodat hy sonnig is en hy MOET ‘n lekker kuier stoep he en ook genoeg water vir ‘n groen tuin. 🙂 Ek hou van oud en modern gemeng.

10 09 2015
Xena Phoenix

Helaas! Stoepe wat uitsterf. Dit is net verkeerd. Toegegee, ‘n balkon kan ook baie lekker wees.

10 09 2015
ekmyselff

Nee as ek af trap soek ek gras ondrr my voete. Ek like nie in die lig kuier nie

10 09 2015
Xena Phoenix

Dit is net ‘n probleem as ‘n mens daar aftuimel.

10 09 2015
Spokie sny spoor

Ek hou van die kasteel in die middel van ‘n woud, maar stoksielalleen? … weet nie vir hoe lank dit lekker kan wees nie. Maar – oulik geskryf.

10 09 2015
Xena Phoenix

Min mense kan dit onder dieselfde dak as ek uithou. 😉

14 09 2015
Kameel

Met die meniers het ek en my vriendin ‘n alleentoer deur Sammy Marks Museum meegemaak. In elke kamer was daar gewys op waste stoel ek mag sit terwyl die die toergids haar storie rondom die kamer vertel. Daar sit ek toe op die spook se stoel…. gelukkig het ek nie op sy skoot beland nie…. of ek dink nie ek het nie. Sy het net gesê mense het hom al op die stoel sien sit. Hy het darem nie my boud geknyp nie 😆

14 09 2015
Xena Phoenix

Dit is net jammer jy mag nie foto’s in die museum neem nie. As daar nie foto’s is nie, was jy nie daar nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: