Waar is die antwoorde?

10 09 2015

Ek het nog altyd beplan om vir Scrapy ‘n paar woorde oor soek te skribbel.  Nie dat ek noodwendig geweet het wat ek wil griffel nie.

Die afgelope paar weke was nie juis goed vir die kinders van Suid-Afrika nie.  Net om ‘n paar voorvalle te noem. . .  Daar was die 3 dowe meisies wat in ‘n brand in hulle koshuis dood is.  ‘n Verdere 50 meisies is beseer soos hulle uit die boonste verdieping gespring het om van die vlamme te vlug.

Daar was die 4 jarige meisie wie se ouma haar vroeg oggend alleen gelos het om iemand te gaan besoek.  Haar ma was ‘n halfuur later by die huis.  Te laat vir die meisie, wat eers verkrag was en toe aan ‘n boom gehang was om dood te gaan.

Dan was daar die man wat besluit het om sy 4 seuns (die jongste was maar 4 jaar oud) keel af te sny.  Asof dit nie erg genoeg was nie, het hy boonop dat die jongste sy ma bel sodat sy kan hoor wat gebeur.  Die man het homself ook prober keel af sny, maar dit lyk asof hy in die trunk sal kan gaan verrot.

Ek sal volstaan by die 8 jarige meisie wat na ‘n brand in haar ouer huis aan haar wonde beswyk het.  Haar 1 jarige boetie het ook lelik seer gekry in die brand.  Die brand was in ‘n regte huis, 10 uur die aand.  Nie waar ‘n mens gewoonlik ‘n brand sal verwag nie.

Tragedies!

Natuurlik waar daar tragedies is, is daar vrae.  Nie noodwendig altyd regverdige vrae nie, maar nogtans iets wat mense kan help om te verstaan.  Of dan ten minste iemand vir die voorval verantwoordelik te hou.  Amper asof die tragedie versag word hoe meer mense vir die voorval aan die pen gery kan word nie.  Daar is ook natuurlik die vrae wat gebruik kan word om soortgelyke tragedies in die toekoms te voorkom.  Vrae waarvoor daar antwoorde is.

Daar is ook egter met tragedies die vrae wat nie antwoord het nie.  Dit maak nie saak waar jy die antwoorde gaan soek nie, die antwoord gaan ons as mense bly ontwyk.  Hoekom my kind?  Wat besiel iemand om ‘n kleuter te verkrag?  Hoe kan ‘n man sy eie kinders doodmaak?  Hoe bang moes die kinders nie gewees het nie?  Gaan daar genade vir die onskuldige kinders wees?  Gaan die genade genoeg wees?

Iewers in my lewe het ek ‘n kursus in filosofie gehad.  ‘n Filosoof is iemand wat die vrae vra en dan die antwoorde gaan soek.  Helaas is dit nie altyd so maklik nie.

Breinvasvrand:  Volgens Dalene Matthee:  “God vergewe ons baie, maar . . . “?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Bertha.


Aksies

Information

12 responses

10 09 2015
rondomtaliedraai

Dis die een ding waarmee ek baie worstel … waarom? Hoekom?

14 09 2015
Xena Phoenix

Dit is hoekom ons mense is. Ons moet maar net aanvaar dat die antwoorde nie altyd vir ons beskore is nie.

14 09 2015
rondomtaliedraai

Dis waar!

10 09 2015
Olga

….. Maar nie die onreg wat ons ‘n kind aandoen nie.

Wat my ook laat wonder …. Wat van die onreg wat een kind ‘n ander aandoen?

Die blerrie ouma wat heelnag uithuisig. Sy het met vriende gaan kuier. Ek sê hulle moet die ou (*&*^^& %^%$%%^ toesluit tot Piet gekom het.

14 09 2015
Xena Phoenix

Dit is nogal opvallend hoe dikwels was daar ‘n gebrek aan toesig.

12 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Dit is nou n regte soektog om regte antwoorde te kry. Hier het ons Dinsdag n skietery amper op my voorstoep gehad. Die ou het sommer besluit om met ngeweer los te trek en te skiet. Hy mik vir die polisie hond en die polisie skiet hom dood. Nou vra ek ook hoekom ten eerste het die ou n geweer? Ai dis erg, hier is verkragting van kinders ook aan die orde van die dag Dis net afgryslik.

14 09 2015
Xena Phoenix

Dit is so ironies. So baie Suid-Afrikaners het geëmigreer om van die geweld weg te kom, maar dan is dit ook maar in hulle nuwe tuistes. 😉 Dalk is dit die ou Suid-Afrikaners wat die amok maak.

12 09 2015
Spokie sny spoor

Tragies – al die traumatiese gevalle. Mooi gegriffel.

13 09 2015
Stories Uit My Wereld

My grootste vrees:dat my twee kleinkinders iets moet oorkom. Mens kan net bid vir genade.

14 09 2015
Xena Phoenix

Dit is waar.

14 09 2015
Kameel

Die waaroms sal ons nie weet nie. Dit is alles so tragies.

14 09 2015
Xena Phoenix

Veral as so iets voorkom kon word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: