Ek erken! Ek kom deesdae selde by TV nuus uit. Ek bly maar op hoogte deur wat ek op die radio hoor, opskrifte op Netwerk 24 deur te draf, ‘n paar artikels op Maroela Media te lees en as iets my regtig kielie, dit in Engels te gaan soek. Maroela probeer, maar dit is nie op dieselfde standaard as Beeld nie. Tog sien ek nie die nut in om vir nuus te betaal wat ek verniet in Engels kan kry nie. Hoekom hoef ‘n mens nie vir artikels op News 24 te betaal nie? Ek ruik ‘n boereverneukery, maar kom ons laat dit daar.
In elk geval, Vrydagaand was ek vir ‘n verandering betyds vir die nuus op SABC 2. Goed, ek weet dat voorvalle van moord, atlete in tronke en korrupsie so vollop is, dat dit die heeltyd soos ou nuus voel. Die Rand se prestasie sal ‘n mens se hele naweek beduiwel. Ek kan die versoeking verstaan om na ander nuus te gaan soek. Ek kon egter met ‘n veertjie omgetik word dat ‘n bakleiery op ‘n skoolgrond nasionale nuus kan haal.
Vir diegene van julle wat die aardskuddende nuus gemis het. Twee hoërskoolmeisies het mekaar op die skoolgronde gegryp en mekaar begin slaan dat die bloed geloop het. Dit was natuurlik weer op selfoon verewig. Die onderwys departament is geskok en wil nou ondersoek kommissies aanstel en onderwysers oplei om die geweld by skole te hanteer. Hulle is veral geskok dat die ander leerlinge niks gedoen het om die meisies uitmekaar te haal nie.
Asseblief tog! Gee tog die blerrie eend sy dam terug!
‘n Bakleiery op skoolgronde gebeur – ook tussen meisies. Ek kan twee insidente op hoërskool (waar daar nie ‘n problem met geweld was nie) onthou waar meisies mekaar te lyf gegaan het. Is dit aanvaarbaar? Nee! Is dit TV nuus of selfs die dorpskoerant werd? Nee! Dit is kinderbog en behoort soos kinderbog hanteer te word. Kommissie van ondersoek en opleiding om skoolgeweld te hanteer! Bou ‘n nasie en red ‘n volk!
Die skool het wel ‘n paar vrae om te beantwoord. Soos byvoorbeeld waar is die onderwysers wat aan diens behoort te gewees het. Ek gee toe dat ‘n mens die een meisie in besonders nie in ‘n donker stegie wil raak loop nie. Nogtans, is dit so moeilik om twee meisies uitmekaar te pluk? Al moet ‘n mens ‘n groot emmer koue water nader sleep? Behoort die skool aksie te neem? Beslis! Ek vermoed dat hulle vinnig sal leer om mekaar te verdra as hulle die skoolterrein na ‘n sportbyeenkoms moet opruim.
Wat van die kinders wat dit gade geslaan het? Dalk nie ‘n eerbare reaksie nie, maar wel menslik. Gaan slaan more die persoon wat die wit waks uit jou irriteer en kyk wat die mense se reaksie is? Die mens se beskawing is maar baie dun.
Goed, ‘n vuisslanery gaan seker as geweld deur. Nogtans stem ek met die hoof saam dat dit ‘n eenmalige gebeurtenis is. Nie iets wat op TV verkondig behoort te word of waarmee die onderwys departament hulle moeg behoort te maak nie. Mens sou dink hulle is te besig om I-Pads te tel en die swart kinders in Afrikaanse skole te tel. Wanneer raak ‘n bakleiery nou wel ‘n probleem wat ingryping van buite benodig?
Wanneer bakleiery die norm in plaas van die uitsondering word? Wanneer niemand meer die moeite wil doen om dit te verfilm nie? Die oomblik wanneer daar wapens is?
Wat dink julle? Is ‘n bakleiery op skool nuus? Wanneer is dit te erg?
Breinvasbrand: Met wie slaan Johnny in Dirty Dancing vuis?
Breinlosbrand: Olga en Kameel was reg met Ripon, Wisconsin, VSA.
Ek weet net dat laerskool kinders nog altyd gefight het. Wel nou nie meisies nie want ek kom uit die swanger en kaalvoet mammies in die kombuis. Meisies het ‘n hond uit ‘n bos gespeel maar hekse bekgevegte was daar baie. Nee wat skors die spul. Aan die ander kant verwag mense dalk dat dit belangrik gemaak moet word as voorbeeld. Sulke goed kan mos broei op sosiale media dat dit dalk net groter as die kind en die badwater word.
😉 My ma het my geleer dat as iemand my slaan, moet ek terug slaan. Maak nie saak of dit seun, meisie, onderwyser of ou mens is nie. Ek dink ek gee die filosofie duidelik deur, nooit nodig gehad om myself te verdeding nie.
Daar was wel die een incident op hoërskool. ‘n Meisie ‘n paar jaar ouer het my probeer stamp. Nie dat ek so maklik gestamp word nie. Ek het wel terug gestamp en haar laat vlieg. Sy (en haar ouers) het met doktersrekeninge gedreig, maar dit nooit gebring nie. Seker geweet wat my ma daarmee sou maak.
Ja stamp, stoot, druk en hare trek gebeur baie. Wat my egter meer ontstel is kinder wat mekaar met die mond bykom. Daar is regtig mense wat niks en niemand ontsien nie.
Dit is ook nie so maklik om iemand se tong te knoop soos wat dit klink nie.
Net so!
TWEEDE!!!!
Ou watse gesiggie. Die studente doktertjie. Robbie? Bobbie? So iets.
Jinne jy weet, ek wens nou skielik ek kon net een kans kry om die girl te dress wat my hoerskoollewe vergal het. Het al lankal gedink mans se lewens is baie minder gekompliseerd omdat hulle mag vuiste inle as dit nodig is. Hoop hulle het mekaar goed gefoeter en altwee voel nou verlig.
Ek het gelukkig drie ouer broers in die skool gehad en skoolboelies het nie aan my kom klap nie. Hulle was dus darem goed vir iets.
Soos ek al dikwels gesê het. Net een manier om ‘n boelie te stuit.
Sien, dis van sukkel met Winnie dat ek nooit klaar ge5c het nie. Die aanvaller in die videogreep het sommer na n regte tang gelyk. Haar gedrag sal dan ook seker aanhou totdat iemand nou regtig die kreukels uit haar haal. Dan sal sy ook seker “‘n chemiese wanbalans in haar kop he en malkop pille moet gebruik.” Maar kyk, dis net ‘n dem ekskusie vir baie swak gedrag. Hulle sal aanhou totdat hulle ‘n paar keer hulle rieme styf geloop het. kindders is kinders, toegegee. Maar
Mens kon sien sy is ‘n ou bakleier. Sy het waarskynlik ‘n geweldprobleem, nie noodwendig die skool nie. Het seker ‘n paar dae vakansie om te gaan afkoel.
Mmm – ek moes ook maar myself verdedig het. Sommige van ons is mos bietjie “cheeky”. Maar … fightery is maar nie mooi nie.
Spokie!!!! Brul jy nog?