Wat is die datum?

29 05 2015

Party dae moet ‘n mens jouself vergewis dat dit nie 1 April is as jy koerant lees nie.  Hierdie week moes ek myself egter vra of die laaste week van Mei Gekkedag vervang het nie.

Dit het alles begin met ‘n groep wat beweer dat Medupi word deur die voorvaders vervloek.  Blykbaar word die nimmereindigende kragstasie bo-oor ou grafte gebou.  Die voorvaders rus dus nie meer in vrede nie en haal dit op ESKOM uit.  Hulle verdiende loon.

Die artikel noem ook dat verskeie munisipaliteite grafte hergebruik.  Dit opsigself klink na ‘n April grappie.  Die een munisipaliteit verhuur byvoorbeeld grafte vir 10 jaar.  Daarna word dit aan iemand anders verhuur.  Ander hergebruik die ongemerkte grafte en van die munisipaliteite sal selfs ‘n grafsteen verwyder om ‘n graf weer te gebruik.  Dit beteken basies dat vreemdelinge saam in een graf gegooi word.  Ons regering is ernstig met hulle pogings om die land te verenig.  Dink net;  ‘n Smith, Naidoo en Mkhwanazi wat vir altyd saam rus.

Internasionaal was die duiwel behoorlik los.  Amerikaners het aan die krap gegaan en daar is behoorlik in die FIFA hoofkantoor chaos gesaai.  7 beamptes (groot kokkedore) is in hegtenis geneem vir onder meer korrupsie.  Blykbaar het Suid-Afrika met $10 miljoen onder die die tafel in $10 000 tjeks verseker dat die 2010 Wêreldbeker hier gaan gebeur.  Die regering was vining om alles te ontken en ‘n skoon audit voor te hou.  Asof ‘n mens onder die tafel geld presies gaan dokumenteer.

Die kersie op die gekkeweek is natuurlik Nkandla.  Sug!  Almal kon dit natuurlik sien nadat Jacob Zuma so amptelik die opposisie getart het.

Natuurlik het Nkosinathi Nhleko bevind dat Zuma nie ‘n sent hoef terug te betaal vir die opgraderings aan Nkandla nie.  Zuma het eintlik die lottery gewen.  Die opgraderings is blykbaar ook nie klaar nie.  Verdere werk is nodig.  Die verduidelikings is lagwekkend en ‘n duidelike onderskatting van die publiek se intelligensie.  Tog verwag hulle dat ‘n mens dit moet glo.

Op die gekkenoot, laat ons eerder naweek hou en droom om ESKOM te pos.

Breinvasbrand:  Wie is die openbare beskermer?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Japan.  Meer spesifiek Tokyo.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

29 05 2015
vuurklip

Wat beteken dit as almal om jou mal is en net jyself is normaal?

3 06 2015
Xena Phoenix

Duidelik dat jy nie normaal is nie. Dit is nogal ‘n goeie ding.

29 05 2015
Olga

Thuli Madonsela.

Die man se hoge intellek borrel oor elke keer as hy so Nkandla Nkandla Nkandla en sy mede genieë wat dan so saam met hom dawer van die lag bewys ook oor en oor dat hulle intellek op par is met syne.

3 06 2015
Xena Phoenix

Ek het nou die dag ‘n artikel gelees oor meerderheidsbesluite, maar ek wil eintlik nog daaroor blog.

Hoekom hy nog nie permanent Nkandla toe gepos is nie, is bo my begrip.

29 05 2015
Olga

Die opgraderings is seker die swembad wat sedert installering nog nie skoongemaak was nie.

3 06 2015
Xena Phoenix

Wie gebruik nogal die swembad? Behalwe nou as daar ‘n brand is?

30 05 2015
scrapydotwo

Wat n klugspul! Dis n mooi skilderstukkie net jammer die reënboogkleure het nie wit in nie!

3 06 2015
Xena Phoenix

Maar Scrapy, die wit voorvader geeste gaan hemel toe of hel toe. Hulle kom befomfaai nie alles nie.

3 06 2015
scrapydotwo

Jy sien dis nie die wittes wat regtig dit doen nie. Dis die (hoe sal ek dit nou sê?) primitiewe inwooners wat dit doen! Hier is heelwat van sulke elemente.

3 06 2015
Toortsie

Jy het my nou net weer eens oortuig: Ek wil maar hier agter die koppie in die vervalle begraafplaas op ons plaas begrawe word tussen die vreemdelinge. Hierdie vreemdelinge was almal tog van hierdie plaas, so ons deel darem dit. Ek twyfel of iemand binne die volgende paar jaar nog iemand by my in die graf sal wil gooi… 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: