Toeka Tokkel: Die wêreld, my kamera en ek

27 05 2015

P1330505

Scrapy krap die week in ons foto’s.

Mense wat my ken sal vir Scrapy kan vertel dat sy uiters dankbaar behoort te wees dat sy op ‘n eilandjie doer onder sit.  Sy is dus gevrywaar daarvan dat ek haar deur my duisende en duisende foto’s gaan sleep.  Daar sal wel ‘n paar noemenswaardige foto’s wees, maar die meeste was beslis nie die geheue werd wat op hulle vermors is en vermors word nie.

Dit spreek van self dat my kamera die eerste ding is wat ek in pak as ek iewers heen gaan.  ‘n Selfoon is maar net nie dieselfde nie.  Ek het seker ‘n Japanees onder my voorouers gehad, wat ek gaan erger as een wat die eerste keer ‘n leeu sien met my kamera te kere.  Almal weet dat jy 100 foto’s van ‘n voorwerp kan neem, sonder dat die kwaliteit watwonders is.  Dit is daardie een uitsondering wat dit regtig saamvat.

Goed, ek neem darem nie ‘n 100 foto’s van alles wat ek sien nie.  Net ‘n handvol, voordat ek na die volgende foto gaan soek.  Dit is dan min of meer hoe ek ‘n vakansie deur bring.  Spring van die een foto geleentheid na die ander.  Baie mense vind dit uitputtend, maar gelukkig toer ek meestal alleen.

Ek hou nie van my stem of my gesig nie.  Laasgenoemde is dus ‘n rede hoekom ek selde voor die kamera is.  Ek en my suster is nogal bekend vir die mal foto’s wat ons neem.  Ek is altyd die fotograaf en sy die model wat doen wat ander nie aan gedink het nie.

Op die oomblik behels my tegniek mik, druk en hoop vir die beste.  Eendag as ek groot is, sal ek ‘n ordentlike kamera koop.  Ek hoop ek het dan tyd vir ‘n behoorlike kursus.  Intussen laat ek dit my nie terug hou nie.  Tot vele bekendes se frustrasies.

Breinvasbrand:  Waar is die Nikon hoofkantoor?

Breinlosbrand:  Olga was reg met In Case of Emergency.

 


Aksies

Information

11 responses

27 05 2015
Daniël Bezuidenhout

Hoe lekker lees ek jou goete! Ek giggel vir jou stelling: van ‘n Japenees iewers innie bloedlyn, soos jy fotos neem.! Baie ‘entertaining’

29 05 2015
Xena Phoenix

Bly jy het dit geniet.

27 05 2015
Sparkle

Jy praat nou so van selfone Xena, my nuwe foon is baie beter as my mik-en-druk so deesdae word daar vir ‘n vale met die foon gekliek. Die gogga het gebyt, ek begin nou so bietjie op te lees ook oor fotografie, sover is dit baie pret.

29 05 2015
Xena Phoenix

Selfone se kameras is nie sleg nie. Dit is net nie dieselfde nie.

27 05 2015
scrapydotwo

Ja, daardie uitsorteer om n mooi een te kry is nogal n ding op sy eie. Ek stem saam met jou dat nkamera tog beter as die foonkamera is. Dis asof dit baie lekkerder is om fotos te neem dan om “net gou die een op my foontjie te sit”. Dankie vir jou deelname aan Toeka-Tokkel ek waardeer jou getroue deelname!

29 05 2015
Xena Phoenix

Die een op die selfoon is net om vinnig tong uit te steek.

30 05 2015
scrapydotwo

Ja, beslis!

27 05 2015
Olga

Kan verseker net in Japan wees.

27 05 2015
Olga

My kamera is sommer my foon. Soms kry ek Homer se kamera in die hande. Maar ek neem eerder daardie pragtige plant, boom of blom af. My kinders ving altyd my flora foto’s baie vervelig. Ek het al in KNP eendag uit die kar gespring en die veld ingehol om ‘n BOOM af te neem. Gelukkig was vuilbaard se tjent nie naby nie.

29 05 2015
Xena Phoenix

Neem dan sommer ook ‘n foto van die vuilbaard.

28 05 2015

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: