Waar, Waar is Laviga

14 02 2015

Hallo Maatjies.  Tannie Hestiatjie en Tannie Kasterolie het in die regte Wasmasjien na my den gaan soek.  Hulle het my ampertjies gevang ook.  Ek was by die Wasmasjien se Paal (Washington Monument)

P1130051

Ek het vandag binne in my den gaan wegkruip.  😆  Ek mag dit nie vir julle maklik maak nie.  Baie mense sê tannie Piet Retief slaap daar, maar Merriegriet sê hulle jok.  😯  Het julle geweet die son skyn net een keer ‘n jaar hier?  Op 61 Desember.

1

2

3

Julle is aan.