Waar, Waar is Laviga

14 02 2015

Hallo Maatjies.  Tannie Hestiatjie en Tannie Kasterolie het in die regte Wasmasjien na my den gaan soek.  Hulle het my ampertjies gevang ook.  Ek was by die Wasmasjien se Paal (Washington Monument)

P1130051

Ek het vandag binne in my den gaan wegkruip.  :lol:  Ek mag dit nie vir julle maklik maak nie.  Baie mense sê tannie Piet Retief slaap daar, maar Merriegriet sê hulle jok.  :shock:  Het julle geweet die son skyn net een keer ‘n jaar hier?  Op 61 Desember.

1

2

3

Julle is aan.


Aksies

Information

29 responses

14 02 2015
rondomtaliedraai

mmmmmm wat gebeur hier?

14 02 2015
Laviga Heks

Hallo Tanni Repelsteeltjie

Ekke kruip vir julle weg!!! Julle moet my probeer vang!!!

14 02 2015
rondomtaliedraai

OOOOOO ek neem erg eksepsie oor die Repelsteeltjie tanni ding want was hy nie ‘n lelike ou mannetjie met ‘n lelike knop neus nie.😀

14 02 2015
Laviga Heks

Hie Hie Hie

Oops!!!!

Watse tannie is jy dan?

14 02 2015
rondomtaliedraai

hehehehe … enigiets behalwe ‘n moerig klein mannetjie met ‘n knopneus!!!

14 02 2015
Laviga Heks

Spar!!!

Tannie Moerbei-ronde-neus

15 02 2015
rondomtaliedraai

hehehehehe… ek gee op!

14 02 2015
HesterLeyNel

Die senotaaf in die Voortrekkermonument?

14 02 2015
Laviga Heks

Sjoe!! Tannie Hestia is slim!! Warm

14 02 2015
Olga

1
2
3
Blok vir Viga.

14 02 2015
Laviga Heks

1
2
3

Blog vir Tannie Ougat

14 02 2015
Olga

By die sentofaag?

14 02 2015
Laviga Heks

Ek dink Tannie is warm maar *boor met die groot toon in die grond* ekke is nou deur mekaar.

14 02 2015
Olga

Viga, ek dink jy is by die poskantoor want ek kan sien hoe jy tussen die penne lê. Het jy rooi koelas gedrink? En dalkies ‘n rooifluweel kolwyntjie?

14 02 2015
Laviga Heks

Issie Tannie Ougat!! Die pisters is altyd toe.

Waar is die rooi koeldrank, hê??

Ek ken nie van kolletjies wyn nie

14 02 2015
scrapydotwo

Jy moenie tannie Piet Retief wakker maak nie! Sy gaan by jou kom spook as jy dit doen. Ek het nie n idee waar jy is nie! Klink by die Monument in Pta dalk naby?

14 02 2015
Laviga Heks

Jong Tannie Skrabbel, Merriegriet lieg baie, maar sy weet baie van Geskiedeskap af.

Ek is die wegkruipkappertjie!!!

15 02 2015
scrapydotwo

He he, lekker man. Kruip jy steeds weg? Jy moenie daar slaap waar jy is nie!

14 02 2015
Olga

Hie hie hieeee. Kromtone, geel rosie, en sy het nie vandag hare gekam nie.
1
2
3
Blok vir Viga weer.

14 02 2015
Laviga Heks

Hoekom moet ek myse hare trek, Tannie Ougat? Ek is mos nie vandag skool toe nie en ek dra n hoed.

14 02 2015
Laviga Heks

1

2

3

Blok vir Tannie Ougat

14 02 2015
Olga

Mens moet jou hare elke dag borsel, dan trek dit nie.

1
2
3
Blok vir Viga weer.

14 02 2015
Laviga Heks

Maar my hare was nie deurmekaar nie. Daarom hoef ek dit nie te trek nie.

15 02 2015
Olga

Jy moet elke dag 100 hale met die borsel deurtrek Laviga.

15 02 2015
Laviga Heks

Ek sal geen meer hare hê as ek dit 100 keer moet trek nie.

15 02 2015
Toortsie

Whe-la… ek weet tog waar jy is, al gaan jy my nie nou antwoord nie. Want jy wil mos nie meer met my gesels nie.😦 Sooo, ek gannie sê waar jy is nie maar ek weet tog waar…

15 02 2015
Laviga Heks

Is nie!!! Dit is Tannie Tossel wat nie meer met my wil speel nie!

En Tannie kan tog nie my den kry nie!!!

15 02 2015
Toortsie

Jou den is bietjie ver van my af..

15 02 2015
Laviga Heks

My dên was nou die dag op die bitch in die Kaapplek gewees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: