Soutlike Wyshede

9 09 2011

Ek het eendag ‘n boek gelees waar ‘n voornemende sangeres se professor nie te veel gehou het van die aandag wat haar vriend vir haar gegee het nie.  Die vriend het vir die lesse betaal ook.  Die professor het geweet die mannetjie sal graag betaling wil hê.  Dit was nie dat die professor jaloers was nie.  Hy wou net nie die dame vir die kunste verloor as sy swanger of getroud opeindig nie.  Hy het ‘n stokkie daarvoor gesteek. 

Eendag in die teenwoordigheid van beide, het hy aangekondig dat soprane se kwaliteit van hulle stemme drasties afneem as hulle nie meer maagde is nie.  Die twee was nie heeltemal oortuig nie, maar wou darem nou ook nie kanse vat nie.  Toe dinge ‘n jaar of twee later toe ook so ver gevorder het, wou die meisie die volgende oggend heel eerste haar stem gaan toets.  Net om seker te maak . . .

Hierdie is nogal ‘n vreemde voorbeeld, maar daar is baie sulke gevalle.  Veral waar daar kinders betrokke is.  Dink maar aan die belofde dat vis jou slim gaan maak.  Spinasie gaan jou weer sterk maak en pampoen gaan jou krulhare gee.  Alles stories om die bloedjies sover te kry om die sogenaamde goeie kos te eet. 

Dan is daar die vermaandende wyshede, wat ons dikwels as ouvrou stories afmaak.  Het julle al geproe hoe lekker is koekies reg uit die oond uit?  Indien nie, is dit waarskynlik as gevolg van die waarskuwing dat dit jou maagpyn gaan gee.  Om kaalvoet op ‘n koue vloer te loop gaan jou glo koue in jou vrouedele gee.  Wat op aarde is koue in jou vrouedele?  Te veel koffie gaan jou vlooie in jou maag gee.  Hoe gaan jy dit weer daaruitkry?  Om die pitte van vrugte te eet gaan glo veroorsaak dat dit in jou gaan ontkiem.  As ‘n baba onder die voete gekielie word, gaan hy glo hakkel later.

Alles goed en wel, maar ‘n mens is maar ‘n mens.  Mens kan nie help om te wonder of daar ‘n bietjie waarheid daarin steek nie.  Of jouself oortuig dat daar meriete daarin is nie.  Toe ek klein was, was ek vertel dat my tande sal vrot as ek vloek.  Glo my, vir jare lank het my tande gepyn as ek per ongeluk ietsie laat val het. 

Watter van die soutlike wyshede glo jy?  Het jy enige van hulle al self verkondig?  Watter juweeltjies het ek vergeet?

Breinvasbrand:  Wat laat ‘n appel ‘n dag gebeur?

Breinlosbrand:  JWW was reg met baba ontvoer, meer spesifiek, die ontvoering van Micaela Hunter.


Aksies

Information

23 responses

9 09 2011
Olga

eerste.
N appel n dag laat die dr wag.

9 09 2011
Olga

jy het vergeet van . . . As jy met vuur speel gaan jy in die bed pieps.

9 09 2011
Xena Phoenix

Ek het geweet daar is een goeie een wat ek vergeet het. Dit laat my nou nog ‘n ekstra draai loop as ek om een of ander rede met ‘n vuur gekarring het.

9 09 2011
Klip

More almal

Van kleins af groei daar hare op my hande

9 09 2011
Xena Phoenix

Waarvan?

9 09 2011
Klip

Arm groot geword , en nie maatjies gehad nie , seker maar omdat ek met myself moes speel

9 09 2011
Xena Phoenix

Nou Klip, hoe is dit dan dat jy nog kan sien? Ek dog dan nog al die jare dit maak jou blind.

9 09 2011
Sonlig

Ons is gesê dat ons sal nagmerries kry as ons te veel vleis eet. LOL! Ek dink dit was net sodat my Pa daai laaste tjoppie agter die lekker aan kon eet.

As jy lê en eet gaan jy horings kry.

As jy skewebek trek en die haan kraai, sal jou gesig vir ewig so bly staan.

9 09 2011
Xena Phoenix

Hie Hie Hie

Wanneer gaan my horings dan verskyn?

Ek het daardie een van die nagmerries van vleis ook al gehoor.

9 09 2011
Klip

Jy moet sien wat se bril ek deesdae dra. Lyk soos canfruit bottel proppe

9 09 2011
Klip

Vleis eet en nagmerries kry is die waarheid

9 09 2011
Xena Phoenix

Persoonlike ervaring?

9 09 2011
Klip

Daai van le en eet ??? Is dit hoekom vrouens vir hulle mans ontbyt in die bed bring

9 09 2011
Klip

Hoeveel boererate(sp) moes n mens ook maar met n knippie sout neem?

9 09 2011
Selene Phoenix

Ek het die meeste pampoen geeet toe ek klein was, en vandag kan my hare nie krul nie al doen ek wat! Ha ha ha!!!

9 09 2011
Xena Phoenix

Dalk het jy die verkeerde tipe pampoen geëet.

9 09 2011
Olga

man, jul yl so effe met die vleis eet. Dis as jy TE LAAT INI AAND vleis eet dat jy sal nagmerries kry. Ganit klip? Skeur jy darm jou palms?

9 09 2011
Klip

Dit gaan baie goed dankie Olga , en met jou ??

Het toe mos begin bles word in my palms

9 09 2011
Klip

Nou groei die verdomde hare by my ore uit ……..

9 09 2011
Xena Phoenix

Maar gelukkig kan jy dit mos nie sien nie.

9 09 2011
Klip

Dis nou die voordeel van daai blindheid waarmee ek geslaan is

9 09 2011
Xena Phoenix

En as jy op die strand sit, dan moet jy maar vir die see luister

9 09 2011
Olga

goed, dankie, klip. Ek hoop nie jou oorhare pla mev klip of klein michaela nie. Dn gaan hul nie langs jou sit nie.

Lewer kommentaar op Xena Phoenix Kanselleer antwoord