Lunch Week 34 / 11

1 09 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Suid-Afrika; Engeland; Nieu-Seeland; Australië; Frankryk; Rose; Wallabies; Hane; Springbokke; All Blacks

Gemeenskaplike faktor?





Moeder en Vader

1 09 2011

Daar kan baie gesê word oor die morele verval van die mens.  Daar word gesê dat kinders leer uit die voorbeelde wat vir hulle gestel word.  In daardie lig gesien, is kuisheid seker ‘n rebelse stadium gewees wat met ouderdom oor waai.

Vanoggend tref dit my mos.  Is Vader Tyd met Moeder Aarde getroud?  Ek meen, die blote feit dat hy ‘n vader en sy ‘n moeder is, wys mos dat hulle op een of ander manier voortgeplant het?  Vraag is of hulle wel ‘n stukkie papier gehad het wat hulle die reg gee om voor te plant?

Aan die ander kant maak ek my dalk skuldig aan ‘n gruwelike veralgemening.  Vader Tyd het dalk sy eie Moeder Tyd en Moeder Aarde het dalk ‘n Vader Aarde.  Hoekom hoor mens dan nooit van Moeder Tyd of Vader Aarde nie?  Help hulle net hulle eggenote in die skadu’s of knyp hulle dalk die kat in die donker?

Ai, dit bly maar lekker om oor goed te wonder?  Watter beter dag as op Lentedag?

Wat is jou teorie oor Moeder Aarde en Vader Tyd?