Ek moet elke dag verby ‘n paar skole ry. Soos kinders maar maak, word die tyd wat daar op die eerste klok gewag word, goed ingespan om te speel.
So vlieg daar mos die volgende oomblik ‘n tennisbal oor die muur. Ek vermoed maar dat dit ‘n bielie van ‘n 6 was, want dit was sommer reg oor die straat gewees. Die skool is ingehok met ‘n baie hoë muur wat nog boonop met elektriese draad versier is. Nie so maklik om gou oor die muur te spring om die bal te gaan soek nie. Die seuns het egter nie nodig gehad om bekommerd te wees nie.
‘n Voetganger aan die oorkant van die pad het die bal opgetel en dit sonder seremonie vir ‘n voetganger aan die oorkant gegooi. Die het dit nonchalant terug oor die muur gegooi. Die twee mans was in teenoorgestelde rigtings oppad en het nie eers ‘n woord met mekaar gepraat nie.
‘n Baie klein toneel – maar met soveel potensiaal. Hoe ver sal ons nie kom as ons agendas vergeet en doen wat die hand vind om te doen nie. Sommer net omdat ons kan.
Ja, kyk, dit gee ‘n mens nuwe hoop.
Ja dit sou wonderlik gewees het, 🙂
maar, die mens het nou eenmaal die emosie probleem, dit neuk gewoonlik alles op. . . .
Die ‘kan’ is altyd daar, maar die ‘wil’ ontbreek ongelukkig in die meeste gevalle.