Wie is die ster?

17 08 2014

Die Engelse sê iets van Beauty lies in the eyes of the beholder.  Dit kan seker ook tot musiek deurgetrek word.  Daar is mense wat niks van die gewildste musiek op aarde hou nie.  Netso is daar mense wat dood sal sweer by iemand wat die meerderheid na oorpluisies sal laat gryp. 

Nogtans is daar sangers en groepe wat groot stadions kan trek en mense ‘n fortuin kan laat betaal om in daardie stadion te wees.  Supersterre wat mense oornag in die koue sal laat toustaan om kaartjies te kry.  Vandag nog, in die tyd waar ‘n mens jou meestal tot die internet wend om jou opvoering en konsert aankope doen. 

Soos in 2010 het Jacaranda ‘n “World Cup of Music” gehou.  Van Suid-Afrika se beste (mees gewildste?) kunstenaars is tussen die gewildste, tydlose internasionale sterre gegooi.  Die luistenaars moes tussen twee kunstenaars kies tot een as die algehele wenner verklaar is.  Die jaar is dit deur ‘n Suid-Afrikaner gewen, netsoos in 2010.  Daarmee het die stasie heelwat gevolgtrekkings gemaak, onder meer dat Suid-Afrikaanse kunstenaars beter as hulle internasionale kollegas is.  2.4 miljoen luistenaars sal mos nie jok nie. 

Mag wees, maar wanneer daardie 2.4 miljoen luistenaars hulle geld by hulle stemme gaan moet sit, twyfel ek of daar enige Suid-Afrikaanse sanger of groep is wat ‘n stadion sal kan uit verkoop.  Hulle sal beslis nie die pryse kan vra wat ‘n internasionale sensasie kan vra nie.  Mense sal nie hulle huise verkoop om enige plaaslike ster se laaste optrede te kan bywoon nie. 

Tog beteken dit nie dat alle internasionale bekendes meer gewild as ‘n Suid-Afrikaanse sanger is of groter skares sal trek nie.  Daar is die klassieke internasionale groepe / sangers, daar is die has-beens en daar is die wat nooit regtig saak gemaak het nie. 

Dus my groot verbasing van die ophef wat oor Richard Clayderman gemaak word.  Ek koop nie Huisgenoot nie, maar op Televisie en radio word hy as die groot trekpleister vir Skouspel uitgebeeld?  Regtig?  Laat Richard Clayderman regtig enige Suid-Afrikaner spring vir kaartjies?  Die mannetjie kielie ‘n klavier en instrumentale kunstenaars is nou nie juis die tipes wat massas trek nie.  Is hy regtig groter as die Suid-Afrikaanse kunstenaars?

Ek twyfel, maar dit is net my mening.  Wat dink julle? 

Breinvasbrand:  Watter groot kunstenaar het op 16 Augustus 1977 sy laaste asem uitgeblaas?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Lilly. 


Aksies

Information

4 responses

17 08 2014
Olga

Uhm….. Ahhhh….. uh…..
If awl else fails …..

EERSTE!!!!!!

17 08 2014
Olga

Oom Elvis?????

17 08 2014
Olga

Ek onthou die dag in 2010 nog soos die dag van 16 Aug 1977 toe Elvis Presley dood is ewe goed. Toe het ek ook gevra Ag, regtig?

Ai, ja, jy kry self die mense wie moes gaan google het wie Richard Clyderman is. Na die jaar se skouspel gaan hulle blou sweer daag was geen beter muikant as juis Richard Clayderman nie. Terwyl hulle jou nie sou kon vertel wat hy “gesing”het voordat hulle hom gegoogle het nie. Suid Afrikaners is mos ‘n baie eienaardige soort mens.

18 08 2014
hoendersop

Skouspel is dood, lank lewe Skouspel! Ek het verlede jaar kaartjies gewen en my eerste Skouspel bygewoon – en wat ‘n teleurstelling! Afrikaans is Groot was 10 keer beter.
Sover ek kan onthou was die Skouspel kaartjies altyd maande voor die tyd uitverkoop en nou kry hulle nie eers 5 vertonings oor 3 dae se kaartjies verkoop nie. Ek het gou gaan kyk – daar is nog van die heel goedkoopste kaartjies op die laaste aand beskikbaar.

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord