Trokke is nie gemaak vir kameelperde nie

1 08 2014

Wat kan ‘n mens sê oor ‘n kameelperd wat langs die N1 dood is?

Ek meen, net die feit dat daar ‘n kameelperd op die N1 in die middel van Gauteng was, klink so verkeerd.  Die een oomblik het die kameelperd en sy maat die wêreld van bo af beskou.  Mens wil graag dat die stadsverkeer hulle geamuseer en vermaak het.  Nader aan die waarheid is seker dat hulle verboureerd en bang was.  Die volgende oomblik het een kameelperd sy / haar kop hard teen ‘n brug gestamp.  Hard genoeg dat hy / sy later aan die besering beswyk het.

Oorsaak van sy dood?  Stupidheid.

Stupidheid erg genoeg om oor berig te word in oorsese publikasies.

Blykbaar was die nodige vervoerpermitte verkry, maar die kameelperde is heeltemal verkeerd vervoer.  Kameelperde mag blykbaar nie so vervoer word dat hulle koppe uitsteek nie.  Wat sin maak.

Dit was eintlik so onnodig.  Ongelukkig is daar nie pille vir domheid nie.  Hopelik sal meer mense begin dink as die verantwoordelikes in die geval goed vasgevat word.

Hoe voel julle?


Aksies

Information

9 responses

1 08 2014
Sonlig

Ek voel baie omgekrap! Kameelperde is my gunsteling diere. Ek hoop die eienaar van dié stupid idee se gewete keil hom woes op!!!!

1 08 2014
Olga

Ag asseblief! Gewete? Die drek het net geld op die brein. Grieters, gaan die ding vervolg word?

1 08 2014
hoendersop

Hierdie hele episode ontstel my verskriklik. Net om hier te lees laat my maag draai.

1 08 2014
The Rider

Soos Zelda la Grange op Twitter gesê het- dit laat ons land so onnosel soos daai Hangover 3 fliek lyk waarin dit ook gebeur het…

1 08 2014
Olga

Was Natuurbewaring nie veronderstel om die voertuig waarin die diere vervoer sou word, te inspekteur nie?

1 08 2014
Xena Phoenix

Die Nasionale DBV wil die betrokkenes vervolg. Ek het nog nie van iemand gehoor wat nie die planne ondersteun nie.

Blykbaar het die arme dier se kop so hard geklap dat dit na ‘n skoot geklink het.

3 08 2014
Olga

Nou is die brug dieenigste sondaars in die verhaal. Mense, ek ruik uhm, ja, Beslis. . … ..
Ek ruik bbbee aan die werk.

3 08 2014
Olga

Twee en dertig brue tussen Alberton en Pretoria? Ongelooflik! Dis wat? Vyftig sestig kilometer? Wat dan ‘n brug elke se twee kilometer gee. Wow! Plattelander, tula!

8 08 2014
Selene Phoenix

Ai😦 Dit was so hartseer. Stupid mense!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: