Moeder en Vader

1 09 2011

Daar kan baie gesê word oor die morele verval van die mens.  Daar word gesê dat kinders leer uit die voorbeelde wat vir hulle gestel word.  In daardie lig gesien, is kuisheid seker ‘n rebelse stadium gewees wat met ouderdom oor waai.

Vanoggend tref dit my mos.  Is Vader Tyd met Moeder Aarde getroud?  Ek meen, die blote feit dat hy ‘n vader en sy ‘n moeder is, wys mos dat hulle op een of ander manier voortgeplant het?  Vraag is of hulle wel ‘n stukkie papier gehad het wat hulle die reg gee om voor te plant?

Aan die ander kant maak ek my dalk skuldig aan ‘n gruwelike veralgemening.  Vader Tyd het dalk sy eie Moeder Tyd en Moeder Aarde het dalk ‘n Vader Aarde.  Hoekom hoor mens dan nooit van Moeder Tyd of Vader Aarde nie?  Help hulle net hulle eggenote in die skadu’s of knyp hulle dalk die kat in die donker?

Ai, dit bly maar lekker om oor goed te wonder?  Watter beter dag as op Lentedag?

Wat is jou teorie oor Moeder Aarde en Vader Tyd?


Aksies

Information

3 responses

1 09 2011
MaanKind

Ek weet nie, maar my Facebook status update was eergister:
Ek wil nóú weet waar is Die Wêreld. Is dit die aarde, of is dit die heelal? Hoe ver is die hele wêreld? Huh? OK ek pleit nog siekte, maar in die nag het ek gewonder…

Die beste antwoord was:
So verduidelik ek dit vir myself: Wereld is dit wat jy sien bo-op die aardbol – die kontinente en mense en lande, aarde is die hele ding, onder die grond en so ‘n blykbaar dunne lagie om, en dan is die heelal alles – die ander sterre en planete en die big-bang, alles. Soms gebruik mense digterlike vryheid en verwys na die wereld is klein (en dan is hulle eintlik reg!)

1 09 2011
Olga

ek wonder dikwels as ek n verwelkte paddastoel in die tuin sien of die feetjie of elfie se lewenspaan dan so kort was.

1 09 2011
Gerda. J

vader tyd en moeder aarde moet n paartjie wees. hulle werk in die grootste harmonie saam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: