REGTIG?

14 03 2019

really-pl-ffffff-3

Die Engelse het ‘n uitdrukking:  “Fact is stranger than fiction.” Dit moet beslis waar wees.  Benewens dat daar (gewoonlik) iemand regstaan om seker te maak fiksie raak nie te buitensporig nie, moet die inspirasie vir fiksie van iewers vandaan kom.  Dit raak seker soms ‘n kringloop.  Fiksie word geinspireer deur werklike gebeure wat soms deur fiksie geinspireer word.

Soos hierdie ou wat vir 20 jaar lank sonder die nodige lisensie vliegtuie internasionaal gevlieg het.  Aan die een kant, niemand is in die 20 jaar met hom agter die stuur dood nie.  Soos ek die storie verstaan, kon hy vlieg, maar het nie die nodige administratiewe papiere gehad nie.  Dus ‘n kwessie van burokrasie.  Is dit werklik net burokrasie of is dit net geluk dat niemand dood is nie.

Dan hierdie see van ryk en bekende Amerikaners wat hulle kinders met omkopery in goeie universiteite gekry het.  Ek hoor Felicity Huffman is glo op $250000 borg uit nadat sy haar dogter se pad universiteit toe met $15000 wou koop.  As jou kind nie op eie stoom die universiteit se deure kon oopmaak nie, sal hy / sy op eie stoom daar deur kom?  Of moet die tjekboek ook daarvoor help?

Omkopery is skandalig, maar is dit regtig die hof en vervolgers se tyd werd?  Ek het van iemand anders gehoor wat glo op borg van ‘n miljoen dollar uit is.  Gaan dit nie genoeg straf wees om aan die groot klok gehang te word nie?

Aan die ander kant, waar in jou lewe het jy al van ‘n staatskaping gehoor?  Dit is al jare lank aan ‘n groot klok, maar lyk nie juis of die betrokkenes hulle skaam nie.  Dalk moes daar ook arrestasies gewees het met biljoene (hulle kan dit bekostig) vir borg.

Interessant hoe die Amerikaners omkopery by ‘n universiteit hanteer terwyl Suid-Afrika heel ongeërgd is nadat die land gekoop is.

Breinvasbrand:  Waarvoor het Felicity Huffman ‘n Oscar gewen?

Breinlosbrand:  Vuurvliegie was reg met Panjo.


Aksies

Information

14 responses

14 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Dis oor in Mzanzi geen respek vir die gereg en landswette is nie.My Elisa reken ons land is gebreek.ek bewonder die handvvol mense wat die korrupsie en minagting probeer keer. Dit moet hel wees.

16 04 2019
Xena Phoenix

Dit is soos om teen donderweer te poep.

16 04 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Dis waar.

14 03 2019
Toortsie

Solank die papierwerk net reg is, maak die res nie saak nie, né.

16 04 2019
Xena Phoenix

Wel, eintlik moet alles reg wees, nie net papier nie. Hulle sê die pen is magtiger as die swaard. Veral teen ‘n mens self.

14 03 2019
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Ek onthou nie ‘n Oscar vir Me Hoffman nie – wel ‘n klomp nominasies? Sy was briljant in American Crime en my gunsteling in Desperate Housewives. Ek is sommer vies vir haar, sekerlik is haar kinders talentvol genoeg sonder mamma se hulp?

16 04 2019
Xena Phoenix

Oops!! 😳

Sy was ook my gunsteling in Desperate Housewives.

16 04 2019
15 03 2019
Positief

Partykeer dink ek ons leef in ‘n land wat nie op die aardbol is nie, so anders is die reels hier, maar dan moet ek ook wonder of Afrika wel op die aardbol is?

16 04 2019
Xena Phoenix

Dit gaan seker oor morele waardes. Dan kom die vraag weer op wie kies die morele waardes? Sug

15 03 2019
Olga

Die doel is veronderstel om die middele te heilig, maar regtig,soms gaan dit te ver. Kom ek begin sommer oor die ou wie twintig jaar lank gevlieg het sonder die nodige lisensie. Na my beskeie mening behoort hy aan niks skuldig te wees nie. Rus die onus nie te alle tye op die werkgewer om seker te maak alle lisensies is in plek nie?
Dan weer, $250 000 borg vir ‘n $15 000 bribe? Belaglik! Maat ek dink hulle moer haar daar omdat sy so ‘n kak mens in desperate huistewe was. Nou haal haar sondes haar sommer in die werklike hof in. Soos ek seg, belaglik.
Die hoofakteur in die staatskapingsdrama dreig glo op twitter dat hy gaan ‘n blik wums oopmaak indien die staatskaping klagtes teen hom nie gaan stop nie. Elo??? Dis mos afpersing! Bopa hom. Gee hom ‘n oranje pakkie. Dan weer, wat gaan hy van binne van die tronk maak?
Bid jou aan, 230 jaar tronkstraf vir ‘n mens wat self die bybel seg die lewenspan is sowat 70 jaar. Lyk of magistrate en regters deesdae in kompetisie is om die langste strawwe moontlik op te le. Laat my wonder waar kom hulle kwalifikasies vandaan?
Vier jaar tronkstraf omdat iemand tradisie gevolg het en ‘n sekere woord meer as 42 keer gebruik het maar gemors wat seg hulle sal witbabas in ‘n oond sit en aansit loop los. Gemors! Laat ek gaan suip voordat ek agter my rekenaar uit gearresteer word.

16 04 2019
Xena Phoenix

Ek wens hy wil sy blik wurms oopmaak. Ek wil sien wat daarin is.

16 03 2019
Hier "blok" Ek!

Dit was vir die rol waar sy ‘n transgender man gespeel het, ek onthou nie nou so gou die fliek se naam nie. Maar sy het uitstekende spel gelewer. Omkopery is vieslik is al wat ek hier sal sê!

16 04 2019
Xena Phoenix

Wel, hulle sê daar is nie groot sondes of klein sondes nie. Net sondes.

Lewer kommentaar